Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Gecko Rock

Gecko Rock
  1. Vrydagmiddag so duskant 2pm trek die 80 Series se neus by die hek het. Die tyd het aangebreek dat ek en die seuns vir ʼn naweek ontsnap van die dag-tot-dag se gejaag en geraas. Beste manier om jou kop skoon te kry is om in die natuur te kom – punt!

Echo Valley kamp by Gecko Rock

By Touwsrivier draai ons regs en volg die grondpad langs die spoorlyn vir so +/- 30km tot ons die Gecko Rock bord aan ons linkerkant kry. Die reservaat behoort aan die Deal familie (Jonathan & Sharon) van 2002 en bied ʼn groot verskeidenheid aktiwiteite aan hulle gaste op die Karoo reservaat.

Na ʼn vinnige stop by ontvangs is ons met die klip “Jeep track” deur die vallei tot ons by die Eco Valley kamp kom. Hierdie is die kleiner van die twee kampplekke op die plaas en kan maksimum 3 gesinne akkommodeer. Die naweek gaan dit net ek en die seuns in die vlakte wees – perfek!

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Die wolke het die Vrydagaand om ons begin toe trek en op ʼn tyd het ek gedink ons kuiertjie om die vuur gaan dalk kort geknip word deur reën. ʼn Ligte bui reën het eers laat die aand, toe ons al warm onder die komberse in die daktent was, geval.

Saterdagoggend, en mens die wêreld is leeu koud. Die seuns se tande klap soos hulle wag terwyl ek melk kook vir hulle pap.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Na ontbyt is die seuns die veld in om die area te gaan verken terwyl ek die Cruiser reg kry (daktent moet weer afgeslaan word, los sakke moet uit…) vir die 4×4 roete (The Seattle Trial) wat ons later die oggend gaan aanpak.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Na ʼn groot gesukkel het ek die seuns uiteindelik uit die veld en in die voertuig reg vir die 4×4 roete wat +/- ʼn 100m van die kamp terrein begin. Van hier kronkel die roete (meestal klip) oor die koppies en deur droë rivier lope. Party plekke moet daar kop gehou word en is dit beter om maar eers die gedeelte te stap voor jy net in voeter.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Die seuns het die uitdagende gedeeltes ge-LOVE met al die rond skuttery. Toe ons so ¾ deur die roete is, het die honger ons oorval en is daar besluit om sommer ʼn worsie te “tan” so langs die pad.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Aan die einde van die roete het ons skietbaan se kant toe geskuif waar Jonathan en twee ander manne reeds besig was om rustig te verkeer na ʼn oggend se oefen op die skietbaan.

Seuns was opgewonde om agter die geweer (.270 Ruger) in te skuif so na ʼn vinnige stappie deur die veld is ons aangewys waar om skiet. Hierdie sou Jean se verste teiken al gewees het waarna hy skiet en die knapie het die dog geklap op 225m 80% van die keer. Welgedaan boeta!!

Met die dat Jean meeste agter die geweer was, het Lian sy ontevredenheid BAIE duidelik gemaak en moes ek die klein knaap ook sy 1st geleentheid agter die geweer gee. Op 3 jaar oud het ek gedink hy sal effe skrik na die 1st skoot, maar inteendeel dit was nie die geval nie. Die 2 knape het gou werk gemaak om my boks patrone weg te skiet 🙁

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Terug by ontvangs het ons ons hout voorraad aangevul voor ons gou vinnig die ander kamp, De Wet’s Rus, gaan verken het.

Die dag het sy merk begin maak op die seuns en die koppies het begin kant toe val. Dit was tyd om terug te skiet na ons kamp toe waar hulle rustig kan wees.

Saterdagmiddag terug by ons kamp en die seuns speel die wêreld plat terwyl ek die Lions vs Crusaders final op die radio luister 🙁

Na die wedstryd wou die seuns hulle nuwe EcoCharge+ (dankie EcoXGear) ligte gaan toets en wat ʼn beter manier as deur ʼn vinnige nagmars aan te pak.

Jean was die aand aan diens vir die braai terwyl Lian seker gemaak het die vuur put kry gereeld hout. Ek as supervisor het rustig gesit terwyl daar geteeg was aan ʼn paar koue Klippies & Cola’s.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Sondagoggend en die wêreld is effe wit geryp om ons. Toe die son se strale ons uiteindelik tref is daar eers besluit om uit die daktent te klim.

Gecko Rock se Eco Valley kampterrein is definitief op my top 5 plekke om weer te gaan besoek. Seuns, en ek, het dit terdeë geniet en sal gou weer draai daar gaan maak.

Echo Valley kamp by Gecko Rock

Kliek hier vir paar fotos van die naweek.

Related Posts

Comments (4)

What an incredible outflow of your journey with your kids at Gecko Rock Private Nature Reserve. What a treat reading it. Love your photos. So thrilled you had a good time here with us. Anyone wishing to make contact with me directly to book your weekend getaway in one of our two campsites or our cottages or cabins can reach me on sharon@geckorock.co.za or on whats app at 082-4938733. My landline is also 023-3589902.

See you all here soon.

Sharon Deal
Gecko Rock Private Nature Reserve

Had a fantastic visit Sharon and look forward bringing my wife on the next trip.

[…] aand van ons 4 dae lange reis by Gecko Rock Private Reserve oornag. Hierdie was my en die seuns se tweede besoek, maar wel ʼn eerste vir Marli […]

[…] en hierdie sou ons derde besoek aan hulle wees. Ons manne het al die voorreg gehad om by hul Echo Valley kamp asook ʼn “wild” kamp (hulle was vol en het ons geakkommodeer) te kuier, maar De Wet’s Rus was […]

Leave a comment