Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Jamaka

Jamaka

Met die dat Marli tans oorsee (Egipte & Spanje) reis, is daar geen rede om ʼn naweek tuis te wees nie. Dus het ek en Christo besluit om die seuns bietjie vir ʼn kamp te neem.

Het al van verskeie vriende van Jamaka Organic Farm & Resort in die Cederberge gehoor en met die dat ek jare laas in die Cederberge was, was hierdie net die verskoning wat ek nodig gehad het.

Vrydagmiddag 4pm kry ons vir Christo & Ewan by Kardoesie aan die bo kant van die Piekenierskloofpas. Die kinders kry ʼn vinnige suiker inspuiting voor ons die laaste paar km aanpak op die N7.

Kamp by Jamaka

Wat ʼn plesier is die nuwe gedeelte van die N7 vanaf Citrusdal nie. Met lekker breë skouers kan mens nou in gemak ʼn rustiger knaap verby gaan.

So 28km na Citrusdal kry jy die bord “Algeria / Cederberg” waar daar regs gedraai word op ʼn grondpad. 18km verder kom jy by die bekende Algeria Wildernis Stasie aan waar jy links draai Clanwilliam se kant toe. Jamaka sal 5km verder aan jou regterkant wees.

Met die dat daar min besprekings was kon ons maar kies en keer waar ons wou staan. Die wind het begin dreig en ons het besluit om ʼn plekkie tussen die bome te kry wat hopelik meeste van die wind sou keer.

Kamp word opgeslaan terwyl die 3 knape daai suiker begin uit werk. So net na 6pm word vuur aangesteek en uiteindelik kan die 1st koue bier geniet word…

Jamaka se staanplekke is al langs die Rondegatrivier geleë. As hul webtuiste op datum is spog hulle met +/- 68 staanplekke wat almal verskillende grotes is. 3 rivier poele is geskep om bietjie van die somer se hitte te ontsnap – geen manier mens gaan daarin in die winter nie.

Die seuns het mekaar se geselskap geniet, al was daar die paar gevalletjies waar daar oor dieselfde verdomde karretjie gestry was. My seuns verstom my altyd – al is daar ʼn 100 karretjies om mee te speel, wil hulle 2 altyd met DIESELFDE een speel en 90% van die tyd is dit ʼn bliksemse brandweertrokkie. Waar in die *#&%$#*% wêreld het kinders die liefde vir brandweertrokke gekry? Dink dit is daai bleddy Fireman Sam show se skuld op TV en dus as ek daai *#&%$#*% weer op TV sien sal ek myself nie keer om een van Marli se casseroles deur die TV te sit nie. Mens kan net soveel bakleiery hanteer oor een damn rooi trokkie – gee krag asb.

Ok genoeg eers daarvan. Die kort van die lank is die knape het die kamp terdeë geniet en toe daar Sondag gery moes word was daar baie ongelukkigheid in die Cruiser.

Kamp by Jamaka

Kamp by Jamaka

By Piketberg word daar gestop vir middagete by die Spur waarna daar blad geskud word en ons elk in sy eie rigting huiswaarts skiet.

Kamp by Jamaka

Dankie vir die lekker kamp manne. Maak sommer gou weer so.

Kliek hier vir paar kiekies van die kamp.

Comments (2)

Een van my gunsteling kamplekke, gaan gereeld. Net jammer dat hul paar jaar terug selfoon toring opgesit het………….
Ek het self twee seuns, so van die bakleiery oor een speelding kan jy my niks vertel nie! 🙂

Yes Gideon. Dit verstom my hoe daai twee knape van my die PRESIESE speelding wil he teen die PRESIESE tyd. Ek wag net dat hulle groter is dan gaan ek vir hulle handskoene kry dan moet hulle mekaar sommer weekliks uitsort/reset haha.

Ja baie lekker plek, maar ek dink Desembers as dit vol is dan is daar darem seker ‘n vrag mens daar.

Leave a comment