
Nie ʼn groot persoon wat daarvan hou om Nuwejaars voornemens te skep nie, maar wil definitief daarop fokus om hierdie jaar (2017) meer gereeld met die familie te gaan kamp.
Die seuns is nou op daai ouderdom dat hul alles daarvan geniet. As ons by die huis kom terug van ʼn kamp word daar reeds gevra wanneer die volgende een is.
Dus toe Paul & Marina met die uitnodiging kom of ons wil join vir ʼn kamp by Khomeesdrif was die antwoord maklik.
Khomeesdrif se afdraai is so 2km voor Riviersonderend. Daarna is dit ʼn 4.5km grondpad tot by die hek. Een van die min kampplekke waarvan ek weet waar jy jou perd ook kan saam neem. Die kamp is geleë aan die voet van die Sonderend berge en grens aan die Riviersonderend rivier.
Ons spannetjie vir die naweek was soos volg:
- Laas’e (Paul, Marina & Munnik) + Tessa (hond)
- Rossouw’s (Dewald & Adri) + Muffin, Scarlett & Griet (honde)
- Louw’s (Andries, Mirandi & Joubert) + Rupert & Nala (honde)
- Van Der Merwe’s (Schalk, Karlien, Bea & Carla)
- Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)
6 honde + 7 kinders in totaal. ʼn Fris jong spannetjie en die eerste keer wat ek saam soveel 4 poot vriende kamp.
Vrydagaand was die weer aan die donker kant en almal het gewikkel om die tente so gou moontlik staan te kry. Gelukkig was geluk aan ons kant want net toe die laaste tent sy staan gekry het kom die eerste ligte bui reën. Wonderlik om weer die vars reuk van die reën te ruik. Toe die reën buie rustiger raak word die vuur aangesteek, glasies vol gemaak en die roosters vol vleis gepak. Wat is nou lekkerder as dit.
Saterdagoggend en ons word geseën met een van die mooiste oggende in ons mooi land. Geen tekens van reën nie en dit was nie lank voor die kinders begin jukkerig raak om die water te betree. Kanoe & trekkerbande is daar volop en kort voor lank is die hele spul in die rivier.
Tussen die honde en die kinders weet ek nie wie die water die meeste geniet het nie. ʼn Kamp langs ʼn rivier is maar net iets besonders.
Toe die son sy strale stadig begin terug trek laat middag is die vuur weer aangesteek en stoele terug gedra om die vuur. Al die swem het sy eis gevat op die honde en orals het ons 4 poot vrinne gele en slaap.
Altyd lekker om nuwe mense op ʼn kamp te ontmoet. Kamp nou al jare saam met Paul & Marina en het vir Dewald & Aldri so paar jaar gelede raak gekuier, maar dit was ons eerste kamp saam met hulle asook die Louw’s en Van Der Merwe’s. Regtig aangename mense en sien uit na die volgende kamp saam.
Sondagoggend en dit het nie lank geneem voor die kinders en honde in die rivier baljaar nie. Nadat al die tente op geslaan en weg gepak is word daar blad geskud en in die pad geval.
Ek en die Laas’e besluit om verder met die grond pad (R406) tot by Greyton te ry waar ons íets vir die maag gekry het. Van daar is dit terug op die N1 tot by Botrivier waarna ons toe regs draai op die Van Der Stel Pas Villiersdorp toe. Ongelooflike mooi kronkelende grondpad. Die plan was ons wou weer aansluit by die R43, maar het die afdraai êrens gemis en toe weer uit gekom by die R321.
Puik naweek saam met awesome mense. Dankie vir al die reëlings Marina & Dewald. Laat maar weet wanneer maak ons weer so.
1st een is in die pakkie vir 2017.
Kliek hier vir meer foto’s
Op die lysie! Sal defnetief gaan draai daar. Lyk na n stunning oggend na die reen…
As jy weer in die land is ou maat dan ry ons definitief daar verby. Mooi wereld daai na Greyton toe