Donderdag laat oggend het ek gevoel soos Appel se liedjie FOUTE, want ʼn groot naweek het op ons gewag. Meer spesifiek, ʼn JAG naweek het vir my en die seuns voorgelê in Aberdeen. As gevolg van eksamen roosters wat geskuif het, kon ons nie die Woensdag saam met die res van die manne al deur geskiet het nie, maar Donderdagoggend is ons 4 manne (Joshua, Lourens se seun, het ook nog eksamen geskryf) direk na die eksamens in die pad gewees. Met al die groot reën wat ons oor die laaste…
Jag
Na MAANDE se wag, is die groot JAG EXTRAVAGANZA hier! Hierdie gaan een vir die boeke wees, maar meer belangrik dit gaan een wees wat 7 jong individue nie gou sal vergeet nie. Die vrieskaste tuis is leeg en 7 super opgewonde kinders gaan die geleentheid kry om hul eerste bok te skiet. Woensdagmiddag trek 8 opgewonde pa’s, 7 kinders, 4 voertuie en BAIE gees weg uit Wellington, hard op pad Oos-Vrystaat toe. As gevolg van die afstand na Luckhof (+/- 850km) is daar besluit om by Retief Joubert se Karoo…
Dinsdag laat middag kom die nuus deur dat die regering dit goed gedink het dat jag ʼn dramatiese effek op die COVID-19 pandemie gaan hê en dus is daar ʼn onmiddellike verbod op die bedryf geplaas. Angs & anergie breek uit op ons WhatsApp jag groep. Ek voel aan hoe daar trane opbou by groot manne, want maggies ons gee nie om, om in gehok te wees in ons huise nie, ook nie as ons nie saam met vriende om ʼn vuur mag kuier tuis nie, maar my bliksem (skuus, maar…
“Boys! Dis nou jag, boys! Dis nou jag!”, ʼn paar gevleuelde woorde wat die naweek baie gesê sou word en so ook die tema van die naweek. Donderdagoggend en ʼn fris span manne kom by Villamar Restaurant by mekaar vir ʼn vinnig cappuccino + roomys tasting voor ons die pad Beaufort Wes toe aanpak. Ons span vir die naweek is soos volg: So net na 9am en die twee bakkies se neuse trek N1 se kant toe. Die VHF radio’s begin lewe kry en die opwinding is groot onder die manne….
7 April 2018 is ‘n datum wat ek en Marli nie gou sal vergeet nie. Dit is darem die datum toe ons groot seun, Jean, sy 1st Springbok op sy 8st verjaarsdag plat getrek het. Dit was nie net vir skiet gou ʼn bok nie…nee glad nie. Inteendeel die knaap het al van kleins af, as ek met die windbuks in die agterplaas doenig is, belangstelling getoon. Toe hy groter was het hy bietjie met Paul se .22 geskiet en toe een Saterdagmiddag toe laat ons hom agter die .270 lê….
Met die dat ek uiteindelik my eie geweer (.270 Ruger) bekom het, was die skrif op die muur dat daar gejag gaan word die jaar. Paul het ook sy hande op ʼn 1942 .303 Lee Enfield gekry en die was self lus om bietjie lood te gooi. Paul se neef, Dirk van Rooyen, boer saam met sy pa, oom Andre, tussen Calvinia & Williston op die plaas Mullersvlei. Die noem vir Paul dat daar is ʼn geleentheid is om Kudo’s te kom jag en dat ons dit sommer ʼn familie naweek…