As jy my ’n week gelede gevra het of ek al ooit by ’n baby shower was en wat dit behels, sou die antwoord ’n duidelike NEE gewees het. Ek dink die geleentheid het homself net nooit beskikbaar gemaak nie…om eerlik te wees, nie een van my vriende het al kinders nie so daar was seker nog nooit ’n geleentheid nie. Tradisioneel is ’n baby shower gewoonlik net vir vroue terwyl die ouens die opkomende pa vir ’n paar drankies neem, of so word ek vertel – let asb daarop ek…
Op 7 maande sal jy mooi moet kyk om te sien dat M verwag. Om seker te maak daar is memories van hierdie wonderlike geleentheid het ’n vriend van ons, Werner Roux, sy diens aangebied om so paar professionele foto’s van haar en Jean (7 maande = 27 weke) te neem. Dasvlei se gestroopte lande was net die venue wat M & Werner gesoek het. Die wind het nie altyd saam gespeel nie, maar soos julle kan sien was die finale produk ongelooflik mooi. Werner baie DANKIE vir al jou moeite…
20 Desember en ons kan nie die bakkie vinnig genoeg laai op uit die Kaap te kom nie. Die strate en winkels is al klaar vol met al die vakansiegangers, so hoe vinniger daai Isuzu oor die berg kan gaan hoe beter. Die 2 weke vakansie begin met ‘n kort besoek by ouma op Oudtshoorn voor ons na Doringkloof vertrek in die Baviaanskloof vir 2 dae. As mens op n kaart kyk lyk dit of Doringkloof in die middel van die Baviaanskloof is. Doringkloof is so paar km voor die ingang…
Damn, dit begin nou ’n verdomde gewoonte raak die dat ek artikels laat begin post. Ek sal regtig my gat in rat moet kry en meer gedissiplineerd moet wees met die post van artikels. Maandag 23 November was Marli presies 20 weke swanger met klein terrorist en was dit die groot datum waarvoor ons gewag het, want ons behoort nou die geslag van die baba uit te vind. Met groot opwagting jaag ek dokter toe en die bakkie klou-klou so deur die draaitjies – verdomde verkeer het my tyd skedule so…
Ek moet bieg, ek het gestres vir vanoggend se sonar sessie – ons 2de een sovêr. Het my pose goed gehou, maar diep binne het ek gebid en hoop dat alles sal goed verloop. Net ’n paar dae gelede het M nuus gekry dat haar niggie ’n miskraam gehad het en dit het my net weer laat besef watse wonderwerk hierdie regtig is. Vandag se sessie is waar hulle toets vir downsindroom… M het al so week gelede vir die nodige bloedtoetse gegaan so gesamentlik met vandag se foto’s en die…
Vandag was M se eerste sonar scan en maggies was ons nou nie opgewonde nie. Ek hoop nie alle nuwe ouers was so kens soos ons nie, want M was gewapen met ‘n lys vrae wat sy sommer op gemaak het in die wagkamer en toe daai arme dokter daai deur oop maak toe laat loop sy met die vrae. Dok het mooi laat verstaan dat daar eers na baba gekyk moet word en dan kan ons aanval met al die vrae. Ek wou met alle mag weet of ek nog…
As die eerste 7 maande van 09 nie vir jou verby geflits het nie dan was jy wraggies nie besig gewees nie. Om eerlik te wees dit is verdomd kommerwekkend, want die lewe raak al hoe vinniger hoe ouer mens raak. Ek en M spaar oudergewoonde al ons verlof tot einde van die jaar wanneer ons lang trips beplan, maar hier begin Julie het ek vir M mooi gevra of ons nie maar ’n breuk kan vat nie, want bliksem dinge raak nie grond nie. Reëlings is gemaak en ons vir…
Dinsdagoggend en ek is uit die kooi en woes opgewonde. Ek ruk ons cottage (het so 4 dae lekker ontspan by Enjo Life in die Cederberge) en roep die koue oggend met my snassy / skimpy slaap broekie. Steun my bors uit en weet dat vandag is die dag…jup, vandag…is die dag wat ek my ou Hells Angels baadjie / pakkie gaan aantrek en alles wat leef en beef die skrik op die lyf jaag hier diep in die Cederberge. Skop Marli uit die kooi en sleep haar badkamer toe om…
1 Maart 2008 (presies ‘n jaar en 1 dag terug) het ek met die mooiste nooi in Oudtshoorn getrou. Ek onthou dit nog soos gister. Dit was woes warm en arme Ruan en Oros het gesukkel in daai swart pakke van hulle. WOW tyd vlieg darem. Soos enige dametjie nou maar is, wil hulle hê jy moet 1) die datum onthou en 2) as jy dit onthou moet daar darem ‘n ietsie vir hulle wees. Die laaste twee weke was vir ons albei maar rof met ’n ton op ons TO…
Soos enige ander langnaweek moet mens vooraf ‘n sekere hoeveelheid beplanning doen om die sukses van hierdie baie benodigde kort vakansie te optimaliseer. Soos enige iemand wat vir ons ken (veral vir Henry ken) is die doel van so ‘n langnaweek om soveel, en so wyd as moontlik in ons land in te vaar en te travel. Daar mag nie ‘n grondpaadjie of ‘n Karoobossie oorgeslaan word nie. Alles moet gesien, gevoel en ervaar word en met geen verdere versuim is dit toe presies wat gebeur het… Ons is vriendelik uitgenooi…

