Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Jean op 8 weke

Vandag was M se eerste sonar scan en maggies was ons nou nie opgewonde nie.

Ek hoop nie alle nuwe ouers was so kens soos ons nie, want M was gewapen met ‘n lys vrae wat sy sommer op gemaak het in die wagkamer en toe daai arme dokter daai deur oop maak toe laat loop sy met die vrae.

Dok het mooi laat verstaan dat daar eers na baba gekyk moet word en dan kan ons aanval met al die vrae. Ek wou met alle mag weet of ek nog steeds saam met die kêrels op rugby naweke kan gaan…jokes (hoop nie my ouers lees die stuk nie).

WOW WOW – daar is niks wat die gevoel kan beskryf as jy die eerste keer sien hoe jou baba se hart klop nie. Dit is iets ongelooflik en mens besef net weer hoe groot en genadig God se liefde is.

Tans is baba (of X’tjie so ek hom/haar noem) ‘n massiewe 18mm lank met n sterk hartklop.

Het vir julle n video by gesit om net te sien hoe daai hartjie klop.

Jean op 8 weke (Video)

Op die video sal julle ook sien waar die pyltjie begin by die kop en dan die beentjies en armpies uitwys. Mens kan ook mooi sien hoe die hartjie klop.

Leave a comment