Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Uitspan by Enjo Life en Donkieskraal

As die eerste 7 maande van 09 nie vir jou verby geflits het nie dan was jy wraggies nie besig gewees nie. Om eerlik te wees dit is verdomd kommerwekkend, want die lewe raak al hoe vinniger hoe ouer mens raak.

Ek en M spaar oudergewoonde al ons verlof tot einde van die jaar wanneer ons lang trips beplan, maar hier begin Julie het ek vir M mooi gevra of ons nie maar ’n breuk kan vat nie, want bliksem dinge raak nie grond nie.

Reëlings is gemaak en ons vir ’n week verdwyn in die Cederberge (Enjo Life) & Weskus (Donkieskraal).

Ou Vic en Ricky was so tydjie terug by Morits en sy vroutjie by Enjo Life en beide het laat weet dat as jy rus en vrede soek moet jy hierna toe gaan.

Die plaas is op die pad Wuppertal toe en so +/- 20km voor die drop draai jy links by die Biedouw Valley bordjie en dan is dit net so 11km en dan kry jy die plaas hek.

Die plaas het 3 self catering cottages en is heeltemal privaat. Die 4 aande wat ons daar was, het ons net geslaap, boek gelees, fietsgery, gebraai, boek gelees, gebraai & BAIE soetwyn / wyn gedrink. Het eendag gou Wuppertal toe geskiet en dit was nogal skokkend om die vloedskade daar te gesien het.

Dinsdag (tweede laaste dag) het ek en M ook so klein avontuurtjie / episode gehad met ’n motorfiets, maar meer daarvan hier.

Vandaar het ons oor die die N7 geskiet op pad Lambertsbaai se kant toe. By Graafwater draai ons links en klim op ’n grond pad vir so +/- 20 km tot jy die plaas Sanberg kry.

Sandberg is een van die grootste aartappel plase maar ook die tuiste van Donkieskraal. Dit is in die berge geleë en het 4 luxury tente en dan ook 3 eenhede wat in die rotse gebou is.

Ons het sommer onmiddellik in ou-ou tradisie van boek lees, braai & tonne wyn beland en net gechill en gerus.

Alhoewel hierdie nou nie jou tiepiese Jonker vakansie was nie was dit iets anders, maar ook iets wat beide van ons nodig gehad het die tyd van die jaar en damn dit was wonderlik.

Wel, die kort van die lank is ons is terug en voel sommer lus vir die laaste 5 maande.

Laat dit juig en sien julle by die volgende braai.

Leave a comment