Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Naweek by Enjo Life

Dinsdagoggend en ek is uit die kooi en woes opgewonde. Ek ruk ons cottage (het so 4 dae lekker ontspan by Enjo Life in die Cederberge) en roep die koue oggend met my snassy / skimpy slaap broekie.

Steun my bors uit en weet dat vandag is die dag…jup, vandag…is die dag wat ek my ou Hells Angels baadjie / pakkie gaan aantrek en alles wat leef en beef die skrik op die lyf jaag hier diep in die Cederberge.

Skop Marli uit die kooi en sleep haar badkamer toe om net lewe te kry in daai klein lyfie. Ek dink sy het dalk ’n slapelose nag gehad toe sy hoor ek het vir ons een van Mouritz (eienaar van Enjo Life) se Suzuki scramblers gebook.

M (Marli) is uiteindelik uit die shower en in haar klere en ek kan net nie die opwinding in haar oë sien nie. Uhmmm…vir een of ander rede glo sy ook nie dat ek jare gelede die leier van die bekende Hells Angels was nie en net omdat ek my baadjie per ongeluk verloor het beteken dit nie ek was nie een van hulle gevreesde leiers nie…hoe meer ek dit vir my self sê hoe meer begin ek myself glo…damn so iets kan gevaarlik wees.

M foeter so paar goodies in ’n rugsak en ons is te voet skuur toe waar Mouritz op ons wag. Die skuurdeur skreeu oop en daar staan twee ysters vir ons en loer. Mouritz wil nog vertel van die kleiner een toe ek sommer duidelik uit wys maar ons soek die groot te want ek gaan sommer vir M lift rivier toe – so +/- 25 km grond pad.

Soos ek opklim verduidelik Mouritz dat die knaap lekker hardloop en dat hy stewig op die grond pad is. Ek skud net kop en sê ek ken van die goed…whahaha. Toe hy my vra wanneer ek laas gery het toe noem ek hom van die plaas rally waaraan ek deel geneem het so paar maande terug wat ek sommer ook gewen het tussen 45 ander deelnemers oor SA. Die knaap was sommer toe woes in sy skuk met my.

As ek nou terug dink was ek seker in Std 8 laas op ’n verdomde motorfiets, maar hey wat is ’n paar jaar nou tussen vrinne.

My regterduim klap die rooi knoppie en daar brul ’n yster onder my gat. O gatta patta hier sien ons solid ons gat vandag met die twee wiel gedoente.

M hou haar pose en sy reken 6 jaar se poegie ry maak haar vreesloos vir enige ding op twee wiele – as sy maar net geweet het ek weet nie eers hoe om die verdomde ding af te sit nie, nie eers gepraat van deur sy passies op die grond pad sit nie.

M maak haar tuis agter my, ek laat die clutch stadig deur my linker vingers gly en ons is weg sonder om die ding te vrek of om hom teen die muur oorkant die skuur te sit.

Die wind waai deur my hare en ek voel soos die ou dae toe ek 246 vreeslose Hels Angels deur die Karoo gelui het. Vat dinge maar net eers stadig en op 40km/h in 3de rat besef ek nee wat die ding het ek nou onder knie en pappa maak die ketels bietjie opper. Bliksem nou waai wind eers mooi deur my hare.

M is maar stil en wil nie gesels en reply as ek haar legendaries lieg stories van my biker jare vertel nie…uhmmm…geen lus vir die lewe as jy dink sy ry agter op ’n weghol vuurpyl.

By die rivier gekom word daar bietjie gerus in die son en ook so ietsie word die keel af gejaag om seker te maak die maag hou net ophou met skreeu.

Die pad rivier toe was doeksag en die paar river kruisings wat ons moes gedoen het, was sommer sjoef tjaf gedoen.

Uur later en ons is terug op ons geleende huurperd Enjo Life toe. Weereens is ons weg sonder om die fiets in die oorkantse doring bosse te gaan haal.

Die eerste rivier kruising is maklik gedoen en die tweede een is n tricky een want die klippe is groot en mens kop hou…ons tref die water, daar word wêreldklas bestuurvernuf gedoen en ek kry ons in een stuk die rivier deur.

Daar is vreugde en mens hoor die WHOOP WHOOP die klowe deur want nou is dit easy runnings tot by die huis.

Voor ek nog my 3rde WHOOP kan uit kry besef ek ons is nou naby / sand en ons sal bietjie gas moet gee anders … daar was nie tyd vir gas gee nie en daar gaait ons…ysterperd val na links en ons…wel ons het seker nie ’n keuse nie en ons val nou maar saam om net te wys ons is goeie sport.

Soos ons die sand tref is die eerste ding wat deur my kop gaan my vrou, Marli. Gelukkig het ons nie te vinnige gery nie en toe ek sien ons gaan grond toe het ek soortvan vir M van die fiets af gestoot sodat die ding nie op haar sal val nie. So ek was nie bekommerd oor haar veiligheid nie, maar meer oor myne want sy is seker nou so befoeterd soos ’n hyena wat tussen die bene geskop is.

Ek roep en daar is darem ’n antwoord…ek is nog steeds te bang om om te kyk want dit is seker net woede.

Tweede ding wat deur my kop gaan – o fok dit is nie my fiets nie en hier crash ek die ding.

Onder die fiets uit en hier probeer kiepie ’n ma helse k*k swaar fiets op stoot. Roep vir M en gelukkig kom gee sy handjie by. Skop die rus staander uit en beweeg weg van die fiets sodat ek hardloop spasie kan hê sou M met die lang arm begin inlê.

Daar staan ou gogga – rooi gesiggie en semi nog in skok. Gelukkig is daar nie vloek of slaan pogings nie, want sy voel ook dat dit nie my skuld was nie, maar die lud van die sand in die pad…wie de hel foeter sand op ’n grond pad langs ’n rivier…stupid mense.

’n Vinnige recon word op die fiets gedoen en gelukkig is daar geen visuele skade behalwe my ego nie. M doen ’n recon en gelukkig het sy geen skrapies nie, ek het net so paar velle weg op my linkerknie – dit sou wees toe ek beide van ons lewe gered het deur die motorfiets aspris om my te laat val het sodat dit en M nie iets oor kom nie. Damn maar ek is darem ’n nice ou.

Ons is terug op die fiets en daar gaan ons weer. By die volgende rivier kruising word daar gebid of dit die einde van ons lewe is, maar gelukkig is ons met SPOED daaroor en nes die luck ons wil hê gaan staan die verdomde ding 500m later oor die nattigheid.

Kort van die lang storie is dat ons dit uiteindelik veilig by die plaas gemaak het en alhoewel my ego en knie dalk nou onder die avontuurtjie gelei het, sal ek maar nie vir my ander Hels Angels followers die verhaaltjie oor vertel nie.

Leave a comment