As jy my ’n week gelede gevra het of ek al ooit by ’n baby shower was en wat dit behels, sou die antwoord ’n duidelike NEE gewees het. Ek dink die geleentheid het homself net nooit beskikbaar gemaak nie…om eerlik te wees, nie een van my vriende het al kinders nie so daar was seker nog nooit ’n geleentheid nie.
Tradisioneel is ’n baby shower gewoonlik net vir vroue terwyl die ouens die opkomende pa vir ’n paar drankies neem, of so word ek vertel – let asb daarop ek het geen, nada, 0% kennis van hierdie onderwerp.
Dus toe ek en M beplan het hoe ons hierdie geleentheid gaan benader het ons gaan aanklop by die Irene (die dame wat vir ons voorgeboorte klas aangebied het) en soos altyd het sy antwoorde vir ons vrae gehad. Gewoonlik word mans onbewustelik uitgeskakel by sekere goed van ’n kind se koms en groot word – een daarvan is ’n baby shower. Dit is ’n tyd waar mens geskenke van vriende & families kry en waarom mag net vrouens in hierdie great geleentheid deel – die man moet ook weet wat en hoe alles werk…
So word daar besluit om die baby shower saam te doen – Rene word gevra of sy dit namens ons kan reël en die antwoord is soos altyd JA, definitief.
Donderdagaand kry ons die opdrag dat ons Saterdagoggend 11h00 by ons huis moet uit wees – lekker kuier huis so dit maak net sin om dit daar te hou.
Saterdagoggend 11h00 en ek en M is op pad Somerset Mall toe om digtjies-en-datjies te gaan doen. So net na 15h00 suiker ons die voordeur in en word oorval met vriende & familie, blou ballonne, eetgoed (ook blou)…
Beide ek en M het geen idee hoe werk ’n baby shower nie – kuier ons net, word daar iets gesê, moet ons opdress…
Almal vergader in die sitkamer en Rene allokeer twee sitplekke vir my en M reg langs al die geskenke. Almal kry ’n ysblokkie en in die is ’n lekker wat glo moet uit gehaal word sonder om die ysblokkie te breuk, of te eet – Lizanne het dit wraggies reg gekry in ’n paar sekondes…eish.
’n Pop met ’n nappy kom te voorskyn en ek word gevra om die nappy te vervang met ’n nuwe – geen probleem – het al so bietjie geoefen op een van M se teddies. Wat ek nie verwag het nie was die bietjie Pronutro wat Rene in die nappy gesit het nie en dit het PRESIES gelyk of die knaap sy maag laat gaan het…hou net jou pose is al waaraan ek kan dink…hehe…wet wipes word gebruik om die baba pop skoon te maak. Daarna kom die nuwe nappy en walla reg vir nog ’n Pronutro glipsie.
Laaste toets voor die geskenke aangepak gaan word, is om te identifiseer die verskillende kleure van stoele wat mens sal kry in die eerste paar weke van Jean se koms. Rene het verskillende sjokolades gesmelt in die doeke en alhoewel dit op die oog soos die ware Jakob gelyk het, was die soek reuk darem gerusstellend.
Daarna het M die groen lig gekry om al die geskenke te takel…wow, kon nie vir meer gevra het nie…
Die dag was afgesluit met ’n rustige kuiertjie om die vuur…
Wil net BAIE DANKIE se vir almal wat daar was en vir al die ongelooflike geskenke. Ek weet daar was ’n paar wat nie kon maak nie en het vir Rene ’n geldjie oor gekoppel om iets names hulle te koop – ons waardeer dit ongelooflik BAIE. Julle is regtig great vriende.
Was ’n klein bietjie teleurgesteld oor ’n paar vriende wat nie daar was nie, wat ons regtig daar sou wou gehad het, maar dit is seker hoe die cookie crumble hey…
En dan laastens vir Rene & Christo vir al hulle moeite en reëlings om dit vir ons so ’n ongelooflike geleentheid te maak – julle is vriende duisend.
Baby shower tick – nou kan Jean maar kom as hy reg is…