1 Maart 2008 (presies ‘n jaar en 1 dag terug) het ek met die mooiste nooi in Oudtshoorn getrou. Ek onthou dit nog soos gister.
Dit was woes warm en arme Ruan en Oros het gesukkel in daai swart pakke van hulle. WOW tyd vlieg darem.
Soos enige dametjie nou maar is, wil hulle hê jy moet 1) die datum onthou en 2) as jy dit onthou moet daar darem ‘n ietsie vir hulle wees.
Die laaste twee weke was vir ons albei maar rof met ’n ton op ons TO DO lysies. Ons albei het ’n wegbreek naweek nodig, maar die keer sonder die tente.
Die weer in die Kaap is tans nog great en ek besluit op die Weskus, maar was dit nie vir jou ’n storie en ’n half nie. Die hele Paternoster is vol, maar uiteindelik kon ek vir ons ’n plekkie in Jacobsbaai by die Weskusplek kry.
Saterdagoggend 06h30 en ons is ons op die pad om betyds te wees vir ons eerste stop van die dag – Microlight flip saam met Nic by Saldanha se lughawe. As jy nog nooit ’n flip in ’n Microlight gedoen het nie, maar seker jy add dit op jou lysie van TO DO goed, want dit is wraggies ongelooflik.
Van hier is dit gou Langebaan toe vir ontbyt en dan ’n vinnige besoek by Rene-hulle by Lientjiesklip net buite Langebaan. Dan is dit weer op die pad die keer Paternoster waar ons gou gaan inloer het by Tietiesbaai & die Beach Camp voor ons middagete by die lodge geniet het.
Terug by Weskusplek het ons rustig verkeer en soos besetenes geskreeu vir die Super 14 spanne.
Sondagoggend na ontbyt is dit eers see toe want M wil haar klippies versameling aanvul met nuwes…
Gogga eendag kyk ons terug na hierdie, hopelik eerste van vele, huwelik herdenkings en dag lag ons vir die ou dae.
Baie dankie vir die vrou wat jy is. Jy is ’n wonderlike mens en ek dank God elke dag dat hy jou oor my lewe geplaas het.