Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Robertson Rocks fees

Dit is Dinsdag en my liggaam en selfrespek is nogsteeds nie terug nie. Die Robertson Rock het sy merk gemaak die naweek en dit sommer met ‘n moerse hou moet ek by sê.

Die begin van die einde – Laat Vrydagaand trek Tigger sy neus in by Silwerstrand kampterrein wat so ‘n paar km voor Robertson geleë is. Die plekkie (Silwerstrand) is nog al die jare bekend vir sy rustigheid, mooi natuurskoon en natuurlik as jy pappie se boot wil gaan af show vir die Saartjies dan bring jy hom hier.

Met die intrap slag kan jy die atmosfeer voel soos dit teen jou druk en al wat jy wil doen is net jou alles gee vir nog een finale naweek van samesyn, pals, SA musiek en memories wat jy nie altyd met die familie sal wil of kan deel nie. As jy opsoek was na ‘n tent dan moes jy jou gat hier gekry het, want elke model op die mark was wraggies daar. Die vure het hoog gebrand en party bulle het al seker van laas maand al begin kuier. Dit bring so effe Oppikoppie gevoel, maar net nie so droog nie.

TB (tent) het sy spot gekry en daar was onmiddelik beweeg na die hotspot toe. BLIKSEM!!! Yeah ek weet dit is effe rof, maar boeta jy moes hierdie set-up sien. Nou daar is ‘n paar goed wat ek al geleer het in die lewe en dit is as daar drank is, is daar altyd ‘n verhaal wat die volgende oggend sy kop gaan uitsteek, maar voeg nou ‘n moerse swembad en ‘n stage by en jy het wêreld annergie. Kan nie wag dat die Saartjies dapper gaan raak en die toppies laat vlieg om die lyfies onder water te kry nie. Wish you were here…whahahaha!

Bed On Bricks was op stage en Mike en die boys het die pype wyd oop gedraai. Die pad was lank en die keel was droog en daar moes gesien word dat ons nie die keel afskeep nie. Die vog het gekom en bly kom. Die vog het seer gemaak en bly seer maak.

Na Mike-hulle het die bulle van Fokofpolisiekar die stage betree. Was ongelooflik om te sien hoe die ouens se ondersteuning net groei en groei met elke event en die fireworks display voor hulle set het die stage geset vir ‘n wild performance. Francois en die boys het die pace, wat Bed On Bricks op geset het, oor gevat en daarmee laat sleep.

Die naweek was in volle gang en mens kan nie vir beter vra nie.

‘n Kombinasie van vog, musiek, ou en nuwe pals en nog BAIE vog het dag een af gesluit. One down, one to go! Vir party vroeër as ander, maar weereens kan ek die skuld gee aan my ouderdom.

Saterdagoggend en ek begin bid vir mense wat ek nie ken nie. Liewe donder! Het ek gisteraand liefde gehad met ‘n bul of hoekom is my damn liggaam so af. Selfrespek en selfbeeld was daar nie sprake van nie. Het die al vroeër die jaar verloor en sal seker nie weer kry nie.

Die oggend was vars en mens kan nie vir beter gevra het nie. In kontras het ons maar bra k*k gelyk. As dag een dit aan ons gedoen het wat gaan vandag nie aan ons doen nie.

Breakfast in die dorp, paar knertsies by die tent en ons is terug by die plek wat ons gisteraand seer gemaak het. Die swembad was gepak met mense. Party onder die bome om skadu te soek terwyl ander seker bly sit het waar hulle gisteraand uit gepass het.

Die organiseerdes het besluit om nie net die top van SA musiek te kry nie, maar het ook bietjie verder en dieper gekyk om nuwe talent die geleentheid te gee om op ‘n stage te klim. Vog wil ek nie sien nie en gisteraand se pyne is nog nie weg nie. Vic & Ruan het gereken dit is maar net deel van die sport beserings en het voort gegaan waar hulle op gehou het gister. Die vog het gekom en bly kom…

Een ding wat heel duidelik was is dat dit een kick-ass set-up is. Badkamers was skoon in die oggende en hier kom die cherry – die golden paper was daar. Die terrein word die HEELTYD patroleer deer die cleaners en leë bottels en papiere het jy nie sommer gekry nie. Die ouens by die hekke was moer cool en soms sukkel mens maar met die knape as jy ‘n bandjie of twee verloor het by feeste, maar sulke k*k was daar nie hier nie. Die kos stalletjies was ook heel op hulle eie gewees wat nogals goed gewerk het moet ek sê. Kan in rus en vrede iets eet en nie hoef te worry dat jy oorval gaan word deer ‘n paar kuiergatte nie.

Die girls van Melktert Kommissie het die crowd op hulle voete begin kry en om net heeltemal seker te maak dat Saterdag nie half gedoen gaan word nie was dit DNA Strings na hulle. Ongelooflik om te sien hoe hierdie knape ‘n crowd kan werk en is een van daai bands wat nie mind om ‘n kenrtsie na die tyd saam te drink nie.

Die dag was nog ‘n embrio en die lineup het net aan gegaan en aan gegaan. Volgende was die Willem Welsyn gevolg deer Boulevard Blues Band, Akkedis, Hog Hoggidy Hog en natuurlik een van die grotes, Skallabrak. Die knape van Somerset Wes het die crowd laat lewe met hulle ou en nuwe treffers.

Die dag was lank en hard en nog ver van klaar. Hier en daar het ‘n verlore siel hom nog in die swembad gekry. Lewe by die tente was ook stiller en almal het hulle self gevind voor die stage in opwagting vir die groot Afrikaanse rock legende, Karin Zoid. Was nog nooit self ‘n moerse fan van die girl nie, maar dit is werklik bef*k om hierdie girl live te sien. Een van die min kunstenaars wat beter live klink as op ‘n CD. Is al vir jare in die game en lyk presies soos sy gelyk het toe sy begin het. Sal sorg dat een van haar CDs in my collection kom en sommer vinnig ook.

Saterdag was een van die hardste dae hierdie jaar en daar was nie meer krag om verder te gaan nie…

Sondagoggend en dinge lyk net nie beter vir ons nie. Van die knape lyk nou rowwer as die vorige aand en mens kan nie verby die pyn kyk nie. Elizca, Ronel, Liz & Flip het dit tot die vroeë oggend ure getrek en was weer op na so paar minute se slaap. Vic het sleg gelyk met net 4 ure se slaap vir die hele naweek. Die knaap het hom skoon uit sy foon gekuier.

Na Delta Blues se show die middag was daar besluit om ‘n halt te roep en die pad terug Kaap toe aan te pak. Dit was lekker, maar nou moet daar gerus word vir die volgende ene.

DAMN dit was ‘n grote en ek kan niks meer as WELDONE skreeu vir die organiseerdes wat hierdie event op die been gesit het nie. Hoop hierdie word nou ‘n jaarlikse storie en sal defnitief weer ons voete daar kry. Vir Bea wat ons kaartjies gereël het, wil ons ook net moerse dankie voor sê. Hoop ons kry jou weer op een van ons trips en dan sal ons sorg dat daar ‘n paar knertsies gevat sal word.

Leave a comment