Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Bonnievale Bonanza

Die dag toe ek klaar gemaak het met die Lugmag en rugby het ek myself belowe ek sal nooit weer uit vrye wil hol nie, want my memories met sandsakke en paviljoene op en af was net te woes vir die knaap. Het slapelose nagte van daai k*k gekry en as ek tot vandag toe ‘n sandsak sien dan kom memories van pyn, lyding, poep, vloek, huil terug, om net ‘n paar damn emosies te noem. Ek is nie GEMAAK vir draf nie!!!

Saterdagoggend 05h45 en hier staan ek weer met tekkies aan en kyk hoe die ander Willeklonge (Ruan, Elizca, Vicky & Ronel) reg maak vir iets wat ek dink nogals moerse paniek gaan veroorsaak. Dit was klaar ‘n belewenis om Elizca net uit die tent te kry diè tyd van die oggend, maar die gees is groot en almal is reg vir hierdie mini marathon. Wel dit is maar net ‘n 5km fun run, maar vir ons wat die afgelope jaar net feeste en events gejaag het is hierdie maar een helse GROOT marathon.

Boerbok het so ‘n effe kuggie op hom gehad en na ‘n paar besoeke by Sangomas het hy maar besluit om die ene uit te sit en om maar net te fokus om daai setpil van hom in te kry. Die oggend was vars en mens kon ruik dat jy in die platteland is.

06h30 en die skoot gaan af en skiet gebede word sommer gehoor deur die skare. Die jokes is vol op en daar word net gepraat oor die eerste knertsie wat plat geslaan gaan word as ons klaar is met hierdie pynlike avontuurtjie. Ronel en Elizca het sommer van vroeg besluit hulle wil bietjie tyd met die natuur spandeer en diè het net die eerste bultjie gekos om hulle aan die loop te kry. Ek en Ruan het by Vicky gestick en die het laat sleep asof hy gou toilet to scroll. Ruan het begin verlang na siggies en ek het weer aan HOEOM vrae gedink. Hoekom is ek nie by die huis nog lekker in my bed nie?

Maar NEE!. Jokes is daar nie meer nie en daar word nou net gefokus om die asem ding in ‘n ritme te kry. 2.5km merk en dinge lyk nie sleg nie. Kry Elizca en Ronel met die terug kom slag en die hol met vragte sakkies water. Hulle kan wraggies oorlog toe gaan met die hoeveelheid sakkies wat hulle by hulle gehad het. Vicky se “never die” attitude skop in so op die 4km merk en die knaap draai die pype so effe meer oop.

“Kom Jonker laat ons sleep!”

Liewe hel ou maat. Kan jy nie sien ek is net in gees langs jou nie.Dink aan hoe Rocky en Rambo dit sou gedoen het en met die in die gedagte skop ek nog so paar ekstra kilo what in die bene. Skare van -4 raak mal soos ons die eindstreep oorsleep. Paar minute na ons skiet Ruan die lyn ook oor en nou is dit net Elizca en Ronel. Ons wag en wag en daar is nie ‘n teken van die twee in sig nie. Het hulle nou weer aan die kuier begin raak langs die pad?

Uiteindelik maak die twee hulle verskeining. Dit is bloed, sweet en doppies, maar hulle is darem daar. Die dag is nog bloed jonk en helfte van die dorp is seker nog nie eers wakker nie. Bliksem dit is mos nou hoe ‘n oggend begin moet word. Het nie so gedink op die 4km merk nie.

Na breakfast by die Hotel is dit reguit terug velde toe om te kyk wat die dag vir ons gaan lewer en om ook daai eerste koue knertsie te kry. Net so duskant 12h15 en ‘n taktiese besluit word geneem om ons tydelike basis op te slaan en te gaan soek na die bekende boskroeg wat op die Breërivier geleë is naby Swellendam. Die WEG tydskrif het ook al ‘n artikel oor die plekkie gedoen.

By Swellendam kry ons uiteidelik iemand wat ons kan verduidelik om by die plek te kom en na so halfuur van grond pad ry, skiet ons die boskroeg se hek binne. Die plekkie is so wraggies op die oewer van die Breërivier en 80% van al die besoekers kom daar via boot. Het nogals gewonder waar al die mense vandaan kom aangesien daar geen karre in die parkeerarea is nie.

Die koues maak weer hulle verskyning en na ‘n vinnige recce op die plek word ons ingelig van die driving range. Broertjie dit is iets om te beleef. Met ‘n rooi teiken aan die oorkantste oewer, R1 ‘n bal, bottel champagne vir die drol wat hom raak slaan het ons die challenge opgeneem. Het maar beskeie begin, met net so R20 se balle. Die plan was maklik. Ons voeter gou daai bordjie raak en dan kuier ons die bottel wingerd sap uit. Boeta na die eerste 20 balle is daar maar besluit om eers die bal by die oorkantse oewer te kry en dan sal ons fokus op die rigting ding. Dit koues het geloop en dit het nie lank gevat nie of ons reken ons is die tier van golf nie. As Ronel ons nie amper agter haar dood voeter met ‘n bal nie (moet nie eers vra nie) dan trek Ruan sommer met Happy Gilmore style weg. Casie het gereken dit is liewers makliker om Oos en Wes te voeter en na ‘n hele paar knertsies het Elizca dit uiteidelik reg gekry om die bal oor die middel van die rivier te slaan. Na R220 se balle later het ons maar besluit die damn ding wil nie raak geslaan word nie.

Soos altyd het ons met geen plan na die boskroeg gekom nie en dus moes die soeke na verblyf seker maar sy verskeining begin maak het. Een van die locals, Jaco, het ingespring en gereël dat ons sommer by ‘n oom Johan (kick-ass ou ballie) in Lemoenfontein kan oorslaap. Die oom sal glad nie probleme hê nie. So gesê, so gedoen. Elizca, Ronel & Vicky het sommer saam met Jaco en sy pals op hulle boot deur geskiet terwyl ek, Boerbok, Ruan & Casie pad langs deur geskiet het. Elizca se groen gevaar het gereken klip se kind is nie vir haar nie en het gemeen ons sal kan doen met oefening om wiele te ruil.

Na ‘n vinnige knertsie by nog een of ander pub wat op die Breërivier oewer was is dit deuSr na oom Johan toe. STUNNING!! Dit is al wat mens kan sê van die plekkie. Op die rivier en rustiger kry mens nie sommer nie. Vure was aan geskop en die samesyn het sy koppie uit gesteek. Vir die eerste keer die dag word daar stil gesit en dit vat nie lank om die lam feeling in die g*tte te kry nie.

Later die aand skiet ons terug na die pub om die 22h00 Toets (Bokke vs Argentenia) te probeer kyk. 21h00 word gereken die liggame skreeu vir rus en daar word terug geskiet. Ruan, Vicky & Ronel het seker een of ander bul pille gedrink want moeg was daar nie sprake nie en die het tot nog die vroeër Sondagoggend paniek gesaai.

Sondagoggend is ek en Casie vroeg op die pad om ‘n recce op die dorpie WItsand te doen. Moes eers oor die pond by Malagas gaan en daarna is dit n halfuur op ‘n grondpad totdat jy die dorpie in jaag. Tigger kry diesel en ons kry ‘n pie en rennies vir breakfast.

Terug by oom Johan is die helfde (Ruan, Elizca & Boerbok) al in die pad en dit is net ek, Vic, Casie & Ronel wat die laaste paar goed in Tigger moet voeter.

BLIKSEM, maar dit was ‘n harde een vir jou. As dit nie n rooi teiken was wat vir ons gelag het nie dan is dit die tekkies wat nie gewoond was aan al die oefeninge nie. Het weereens lekka SA mense ontmoet en wil net dankie sê vir Jaco en oom Johan vir hulle gasvryheid.

Leave a comment