Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Ysterfontein

Die vakansie is verby en almal is weer sterk besig om die wa deur die drif te trek. Met die son wat ons nog lekker hard voeter en karavaanparke wat nog wemel met vakansiegangers het ons besluit om gatskoon te maak Weskus toe en ‘n tent of 6 by Yzterfontein te gaan plant. Wil die Willeklong seisoen relatief rustig begin en stadig maar seker in die ding in kom. Blablabla

Maar soos elke droom besef jy op een of ander stadium dat dit net ‘n droom is en dat die realiteit ‘n heeltemal ander storie is. Kry verlede Donderdag nuus wat my laat wonder het of ons nie maar moet oorskakel na ‘n boekklub toe nie. Die nuus het hard geval en ek het visioene begin sien van lang, BAIE lang naweke. Ek kondig met trots en pyn aan dat Eigevis Brandewyn ons lys van dapper sponsers gejoin het begin van hierdie jaar. Colin en sy span van Eigevis gaan seker maak dat daar altyd ‘n ietsie in Tigger gaan wees as ons sleep vir ‘n trip of samesyn bou êrens.

Ou Vic het skoon ‘n traan gepik toe hy die nuus hoor. Parma het sy ma geskakel en snot en trane gesmeek dat sy ma sy release vormpie van Willeklong terug trek, want hy gaan dit glo nie maak nie.

Vrydagmiddag sleep al wat bakkie se kind is Yzterfontein toe. Met twee plotte langs mekaar en ook die slipway na die see reg langs ons kon ons nie vir ‘n beter gevegsveld vra nie. Blad word geskud, dubbles / trippels in lang blikbekers, Robbie Wessels vertel ons mooi goed van verbode vrugte, jou gat op ‘n kampstoel en hout op die vuur – mens is ons in hemel of wat? Parma het gesorg vir ‘n ¾ bakkie vrag hout en mens sou glo dat ons hier gaan bly vir ‘n week soos die mense vleis en vog begin afpak het. Om alles te kroon is daar ‘n boks Eigevis brannas in Tigger vir die naweek.

Hoe later hoe kwater. Tigger se gat wat die bar was het rowwer en rowwer begin lyk. Ou Piet en Parma sorg dat die +/- 4 beeste gebraai word terwyl die res ons alles gee om gees en samesyn te bou. Vrydagaand 3 – Willeklong 0. Die was ‘n harde ene…

Saterdagoggend en ek kan al sommer in my gedagte hoor hoe gil die kampbestuurder op ons as sy hierdie plek nou moet sien. Die plek lyk soos ‘n feesterrein. Piet is klaar op en daar word net kop geskud. Die koffie ketel kry sy plek op die gasbottel en ek begin wonder of almal dit darem gemaak het. Stadig klim / val daar ‘n siel uit ‘n tent. Sommige slegter as ‘n ou Tata bakkie en ander slegter as ‘n nuwe Tata bakkie. In opsomming het almal bra k*k gelyk.

Na een helse breakfast en koppies koffie is almal op Stoffel (Paul se bakkie). Dit was vir baie hulle eerste keer op Yzterfontein en wou graag die plek so bietjie verken…die main rede was eintlik dat ons al die coolerbokse vol ys wou maak en weer ons mix quota update.

Terug by die huis word die bulle net dapperder en dapperder en dit is nie lank voor ‘n vol game Courage aan die gang is nie. Met ‘n man soos Theo (Frikky) in die game kan dinge net lelik raak en na so paar woeste rondtes is daar besluit om die game vir eers op ys te sit. Die Vrydagaand het sy tol begin eis en orals is daar ‘n horisontale held terwyl ‘n paar manne ‘n kafee beroof van al sy slapchips.

Dit is ‘n laat Saterdagmiddag en Theo reken dit is tyd dat ons uncle Jake White verkeerd bewys dat daar nie so paar van ons in sy top 20 is nie. Spanne word op getrek en battle faces word aan gesit. Danksy vog se kind is almal sommer klaar lekker los / warm so daar word nie geworry oor strek en al daai profesionele goed nie. Duk, rond, ronder, maer, kort, lank, borste, geen borste is in die baan.

Afskop…kop skiet en donder…poep…drie…jou lae wetter as ek jou volgende keer kry dan trap ek jou kop af…EINNAAAAAAAAAA…jou vet aap los die bal uit…ek kort ‘n dop…BAIE pyn…

Semi touch rugby op die beach is net so goed jy gee ‘n kind toegang tot ‘n speelgoed winkel – ANNERGIE!! Spelers word gewissel heeltyd om seker te maak die smokers kry nie hartaanvalle nie. Die skare juig terwyl die spelers huil. Daar word geduik en soms word daar nie besef dat nat sand so effe harder as droë sand is nie. Snaaks hoe dapper vog mens maak. In Boerbok se geval reken ek dit het sy vision aangetas, want hoe de donder wil ‘n 110kg aap ‘n gap probeer vat waar jou klein sussie nie eers kan deer gaan nie. Ek moes my pacemaker so paar keer aanpas om effe te kan byhou, maar toe ek naby die derde hartaanval kom toe fake ek ‘n ass beserng of iets.

Nat, moeg, vol sand en Energade (Eigevis en koue coke) in die hand word daar lang stories vertel hoe daar gaps, dummies gegooi was. Nog ‘n paar karre het in getrek en dinge lyk of dit nog groter as Vrydagaand gaan wees. ‘n Bobaas van ‘n vuur word gebou terwyl ‘n halwe bakkie vrag skape nader getrek word vir ‘n braai. Alles wat ‘n boer doen moet mos groot wees. Hulle het die meeste vog, grootste tent, grootste bakkies en altyd ‘n halwe ton vleis al eet hulle net ‘n choppy daarvan.

Nou jy is mos nou al mooi groot so ek hoef nie vir jou te verduidelik hoe Saterdagaand was nie. 1 + 1 is nie altyd 2 nie my kind. Soms raak dit 4 hang af hoe hard die sagte voggies met jou praat. Ek dink baie het vol paviljoene gesien as jy verstaan wat ek sê.

Sondagoggend en dinge lyk sleg. Die rugby het sy merk gemaak en ek is in soveel pyn dat ek nie eers kan poep nie. Zip die tent oop en bek*k myself amper toe ‘n ma helse brak by die ingang van die tent lê. Wat de hel is dit? Eers dog ek wragtig dit is ‘n Hyena wat sommer hier in Afrika rond loop. Gelukkig was die knaap rustig en het my toe gelaat om my gang te gaan.

Die gatte is lam en niemand is lus vir die oppak ding nie, maar na koffie en ‘n plaas ontbyt word kamp Staaldraad afgeslaan…whahahaha. Wil net dankie sê vir al die wetters wat daar was. Sal seker nie lank wees voor ons mekaar weer sien nie.

O ja Paul jou ma het geskakel en gereken sy kry nie jou release papiertjie nie. Oeps, shit sorry sjomma. Jy moet nou maar bly.

Leave a comment