Skip to main content Scroll Top

Buitelewe

19 Oct: Roctober fees

Met die wete dat ons verlede jaar hierdie fees net-net lewendig gemaak het skiet Tigger met ‘n vol vrag Willeklonge (Ronel, Ruan, Parma, Vicky & ek) Ladismith laat Vrydagaand binne. Die 3 ure op die pad het maar gou gegaan en voor ons, ons kon kry stop ons voor die bekende Royal Hotel om die res van die ouens (Duvan, Wally & Lious van CTRLMedia) te kry. Oom Christo (eienaar van die hotel) het ons bakkies van verlede jaar onthou en die oom het maar net kop geskud en begin lag…

13 Oct: Malmesbury skou

Dit is ‘n Woensdagaand en ek sit voor hierdie stuk blik en probeer woorde agter mekaar kry om nog ‘n kick-ass naweek te beskryf. Ja dit is seker ‘n moerse cliché dat elke naweek in dié knaap se lewe kick-ass is en soms sit ek en wonder ook of dit regtig so is. Maar jy weet, dit maak nie saak hoe baie houe jy fisies en mentally vat met hierdie paniek saaiery nie. As jy rustig is en jy reflek terug of wat gebeur dan vat dit nie lank voor daai…

27 Sep: Tulbagh skou

Laat Vrydagaand sleep Tigger Tulbagh binne en dit is reguit skougronde toe. Die week was lank en die naweek kon net nie vinniger gekom het nie. Die woord het geloop dat hierdie skou die grootste van sy soort is, as gevolg van die hoeveelheid perde wat hier deel neem, maar vanaand gaan daar nie perde gesien word nie, maar samesyn gaan wel gebou word uit die boonste rakke. Het vinnig ‘n lekker watergat so reg langs die paviljoen gekry en dit het nie lank gevat voor ons in ou bekende gesigte…

13 Sep: Moorreesburg skou

Vrydag laat middag en Vic se sjorra sleep met alles wat hy het verby die koring en ganola lande, met Elizca en die res van die crew in hare, oppad na die Swartland dorpie, Moorreesburg. Die seun moet wikkel want dit is weer skou tyd en ons (Ronel, Elizca, Ruan, Vicky & ek) wag al ‘n tydtjie vir die een. Het verlede jaar een kick-ass tydjie hier gehad, dat ons hom nie die jaar kon mis nie. Vir julle brakke wat nie weet nie is Moorrreesburg net na Malmesbury (+/- ‘n…

05 Sep: Porterville skou

So ‘n rukkie gelede het Flippie ‘n artikel gepost genaamd “Jy breek my brander” en die knaap het die “ups” en “downs” van localism verduidelik. Die naweek by die Porterville Skou het ek net die ups van localism beleef en gedog laat ek dit so bietjie met julle deel. Kom ons begin eers by die begin. Porterville Skou is ‘n tipiese landbou skou en as jy ‘n poppie en ‘n poppie se liefie is dan gaan jy wraggies soos ‘n geel puisie hier uit steek. Die skou is ‘n geleentheid vir…

30 Aug: Vleisfees

Vrydagmiddag so duskant 19h00 is ons (Riaan, Elizca, Ronel, Vicky, Paul & ek) in Tigger en reg vir die +/- 400km Calvinia toe. Calivnia wat in die Noordweste van ons land geleë is, is nie net bekend as die hartjie van die skaapwêreld nie, maar ook vir een van die lekkerste feeste in ons land genaamd die Vleisfees. As Afrikaans, pragtige natuurskoon, stunning mense, lekker skaapvleis en tonne samesyn jou ding is dan is hierdie die plek vir jou. Ons was verlede jaar vir die eerste keer op die fees, so…

24 Aug: Trans Baviaans 230km

Toe ek die artikel aangaande die Baviaanskloof in die WEG tydskrif gelees het, het ek geweet ek moet my voete in daai kloof kry een of ander tyd. Ag hel, my woorde was nog skaars koud, toe kry ek ‘n oproep van een van my vriende, Marthinus (Mat), wat wil weet of ek nie sy “support driver” wil wees in die Trans Baviaans resies nie. NATUURLIK IS EK DAAR. Uhmmm…wat is hierdie Trans Baviaans ding en hoekom het jy ‘n “support driver” nodig, het ek eers die volgende dag begin wonder……

03 Aug: Portfees

Daai droë woestyn wêreld wat ons die Klein Karoo noem het mos sy eie bekoring en dit is in hierdie wereld waar ons die naweek gaan kuier het – Calitzdorp. Mense slaan vuis vir brandewyn en port wat van die geweste af kom en om die plekkie nog meer populer te maak is dit op die langste wynroete in die Wes-Kaap geleë naamlik R62. So wat het die Willeklonge besluit om die naweek daar te gaan maak? Dit was die dorp se Portfees wat elke twee jaar gehou word en ons…

27 Jul: Cederberg hike

Vrydagaand net so voor 12h00 sleep Tigger Algeria in. Parma het al vroeër die middag met die res (Liandra, Marilize, Chantel & Ruan) daar aan gekom so TB (die WK se tent wat orals travel) het al klaar gestaan en om dinge net nog meer aangenaam te maak het Parma ook sommer die vuurtjie aan die go gehad. Maggies wil vir my voorkom of al daai klappe wel die ding gedoen het. Ou Vicky (wag, die het mos nou ‘n nuwe bynaam na die trip en dit is Dapper-braaf-leeuvegtend-kannidoodkrynie-sexy-springinyswater-dravirHenry. (Dit is…

13 Jul: Oesterfees

Presies ‘n jaar gelede het 10 van ons die groot stap gevat en gereken ons gaan kyk hoe groot ons kan gaan en het besluit om die Oesterfees in Knysna aan te pak. Hoe ek daai naweek oorleef het weet ek nie, maar ek het en het my ook belowe dat ek nooit weer sal terug keer nie. So, toe ek so ‘n week gelede gesien het dat ons gebook was vir die trippie weer soontoe het ek so "iemand help my" feeling in my maag gekry. Dinge het baie verander…