Buitelewe

31 Aug: Vleisfees

Gewoonlik as ons feeste toe gaan dan is daar hierdie groot gees wat enige mens sal bangmaak. Ons gaan met die doel om so groot te gaan dat dit sommer gevaarlik is vir ons eie liggame, maar toe ek Vrydagoggend wakker word in Piketberg na afloop van hulle Blomme- en Wildskou toe wou ek amper begin huil het. Die voggies by die skou het ons net so bietjie te veel eina gemaak. Ons (Henry, Hugo, Willem, Ron & Colin) het maar bietjie broos gelyk en ons het geweet ons moet VINNIG…

31 Aug: Blomme & Wild skou

Nooit weer sal ek 2 feeste agtermekaar bywoon nie. As ek elke keer voel soos ek nou voel, dan woon ek nie eers weer ‘n enkele fees in die land by nie. Dit voel of ek nog steeds op ‘n army vasbyt is – ag nee boys! Donderdagmiddag na werk skiet daar mos ‘n vol BMW (Colin, Ron, Willem, Hugo & Henry) Piketberg skou toe. Ja, my mensies, dit was ‘n skou en nie ‘n fees nie. Ek was mooi verduidelik dat daar ‘n moerse verskil is tussen ‘n skou en…