19th Ave New York, NY 95822, USA

Woordfees

Dit is Vrydagaand en mens kan in die lug voel dit gaan ‘n grote wees. Jy kry gewoonlik daai gevoel net voordat ‘n verkeersknaap jou af trek en jy weet jy is nou net deur ‘n 60km/h in jou Ford Cortina en die klok het nie ‘n f*k op 60 gestaan nie. Dink daar was ‘n skaap ene voor die 60 – 160km/h.

Na ‘n vinnige stop by Nu Bar om ys te kry is dit reguit Jan Marais Natuurreservaat waar Neill & Petra klaar gewag het. Die knaap is ‘n gereelde besoeker op die site en het gereken die tyd het aangebreuk dat hy sy Lego blokkies en poppe opsy sit en so bietjie saam met ons kom kuier.

Die res van die wetters het met drips en drags op gedaag en dit het nie lank gevat voor almal saam hard gees begin bou het nie. Met ‘n cooler vol Eigevis en ‘n kuier bliksem soos Paul van Nu Bar het alle warning liggies aan gegaan. Maar NEEEE, ego en verstand is mos vlakker as ‘n baksteen as jy ‘n klomp palle by mekaar sit en jy voeter so paar koues tussen hulle.

Ongelukkig was ons so effe laat en kon net die laaste paar songs van Abel Kraamsaal check. Daarna was dit die bekende Blues boetie, Gerald en sy band (Delta Blue), met ‘n solid performance soos altyd. Volgende band het die manne sommer woes woema gegee en die voete kon en wou net nie meer stil staan nie. Was my eerste keer wat ek my oê op Zamar gekry het en DAMN, maar die girls lyk heel netjies met daai moerse groot instrumente. Francois en Paul het musiek 1 o 1 in minder as zero sekondes geleer en woorde soos kontrabas was gesê sonder ‘n hakel. Jy moet ook nou verstaan dat die knape brannas weg gegoei het asof dit water is so om met woorde soos daai voor die dag te kom is wraggies ‘n wonderwerk.

Uncle BoerBok het begin vlam vat en die ding was erger as ‘n bosbrand in Sandveld. Oh arme Petra wat haar dapper, yster van ‘n kerel (dit moet seker maar Neill wees) het haar cooler box held soos menigte aande gejoin na net nog ‘n kuier totdat sy haarself vas geloop het aan die ou, oorgewigte, ronde, onnosele bang gat van ‘n verkrimpte bokkie wat ons BoerBok noem. Ok die girltjie het ‘n topiekie aanhad wat haar mooi wangetjies gewys het en dit was net te erg vir die armsalige BoerBok. Petra het maar net gesmile en het seker later gebid dat weerlig haar nou net van moeder aarde moet afhaal. Intussen was Neill lankal van die bier en is ook nou op die polisiekoffie. Asof hy krag van erens nerens gekry het en voor ek my kon kry dans hy voor die stage met ‘n security wag op sy skouers. Die skare juig en Neill is ‘n groter hero as Herschelle Gibbs.

Abel en die bulle van Zinkplaat (Bertie en Basson) is later ook in die mix en die ref gage is nou besig om lelik te klim. Volgende was die bulle van Bed On Bricks gevolg deur die groot Stellenbosch rock legend, Valiant Swart, en sy. Valiant is een van daai kunstenaars wat die gister onder ‘n klim uit gegrawe is nie, maar wie al jare en jare die industrie plat geslaat het met sy lekker afrikaanse rock tunes.

Die gees loop woes en die brannas loop laag. Kan nie nou begin afslack nie, want dit sal wraggies net ‘n sonde wees. BoerBok is nou al verby ‘n bosbrand en is nou net duskant wereld annergie. Hy is soos n 3.0 Cortina wie se brieke gegaan het en stop is daar net nie. Erens moet ek n concrete muur kry wat ek voor hom kan voeter.

Later skuif dinge Nu Bar toe (thanks Paul & Francois) en raak net rowwer. Brill en Neill is sommer met die intrap weer sterk op die brannas en BoerBok is deur my damn concrete muur. Die plek is verby gepak en dinge skuif weereens. Die keer skiet almal na Vicky se plek op Hartenberg. Die spannetjie is net so duskant 10 met Estie en Anelle wat ook nou in die mix is. Het al so baie van tante Windell (Estie) op die site gehoor so dit was heel cool om so paar harde knertse saam met die girltjie te drink. BoerBok het nou ‘n partner gekry in die vorm van Neill en saam was hulle soos Chuck en sy ander helfte, Norris. Een vir een het die getalle geval totdat Vicky se wekker 04h30 af geblaas het dat hy moet opstaan om te gaan pars. Met een uur se slaap agter die rug en meer brannas as wat ‘n Aussie span kan hanteer is die knaap lande toe. Die res lê onder een ma helse hemel bed en mens sukkel om verby Brill se pens te kyk. Shit om net terug te dink daaraan laat my sommer so effe ongemaklik voel. Kom ons los dit liewers daar. Die EINDE!!

Paartie innie Park is een van daai events wat nog woes gaan groei jaar op jaar. Met ‘n kickass setting soos die Jan Marais Natuurreservaat en ‘n lineup met van die bekendste SA bands gaan dinge net groter en groter word.

‘n Groot dankie moet SPESIAAL uit gaan aan Christa van Zyl en haar span van die Woordfees komitee wat dit alles moontlik gemaak het. Het wraggies baie moeite gedoen vir ons en mens kan net dankie sê.

Dan aan ou Niell en Estie wie hulle eerste kerfie gesny het – dit was groot, dit was lank en ons het dit oorleef, behalwe natuurlik BoerBok…whahaha.

Leave a comment