Saterdagmiddag so net na 13h00 sleep Tigger ‘n moer warm Veldrif binne. Veldrif is die laaste dorp wat jy kry as jy met die Weskus pad (R27) reguit aan voeter. Baie weet nie van die plekkie nie omrede daar alyd ‘n links gevat word by Langebaan of Vredenburgl. Die visindustrie hou die dorp aan die lewe en vissersbote is orals te siene. Pure Weskus!!!
Tente word gou gelaunch by Stywelyne kampterrein en mens kan die woeligheid in die groep voel soos almal nou net die knaap (Bokkomfees) wil aanpak. By die dorp se sportgronde aan gekom kan ek voel hoe die son my voeter. Dit is warm en die oë sukkel want alles in die Weskus is mos damn wit. Van die sand tot amper al die damn huise.
Net langs die paviljoen is ‘n stalletjie wat hordes Bokkoms het. Die is nou nie daai wat jy in ‘n vacuum pakkie kry nie, maar wat sommer behoorlik uitgedroog is vir dae in die son. Baie sal vir jou sê dat Bokkoms soos biltong proe – K*K man!! Ok wag dalk is dit so bietjie harsh. Nah die goed is heel nice as jy ‘n lekker droë ene kry. Die enigste anti klimaks van die goed is dat jy verby die hel stink. Ons het mos nou nie verniet al die kilos getravel nie en pakkies van die knape word gekoop. Jy weet as jy jouself kan ruik dan is jy sommer in ‘n ander klas.
Met dubble brannas en coke wat net R10 kos het die wetters die lang steel in gelê. Hoe warmder dit raak hoe meer word daar gekoop. En hoe meer daar gekoop word hoe meer word daar gedink dit word warmer. Dit is ‘n lelike kringloop, maar hey iemand moet die manne ondersteun.
Toe die Stormers game uiteindelik later die middag afskop toe loop die sweet gekruis met Bokkom reuk woes deur ons lywe. Ons en brannas is groot sjommies en aai die lewe is net aan ons kant. Almal is ons sjommies en world peace is sommer 1ste op ons to do lys. 2de helfte besluit van die tiere maar hulle wil liewers gaan check hoe <a href="http://www.arno.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Arno Jordaan</a> sy moves goei. Stormers wen en world peace skuif af na tweede posisie, want ons moet nou eers hierdie victory vuur.
Die skare wat die heeldag regoor die terrein gescatter was is almal voor die stage. Die son los ‘n rooi skuinsel in die verte soos hy sak. Local sweetheart, Jennifer Zamudio, is volgende op die stage en mens kan sien sy het nog groot fans in die Weskus dorpie. Met die bar wat toe is kon mense maar jou eie ietsie in bring en natuurlik is dit ons en die Eigevis brannas. Loop nog ‘n groot Willeklong ondersteuner, Johan en Julia raak en nou word die pap elke minute net dikker en dikker gemaak. Die bloedige warm dag het verander in ‘n stunning somersaand.
Volgende op die verhoog is dit daai mal knaap, <a href="http://www.bosveldklong.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Thys die Bosveldklong</a>. Het hom nou al ‘n paar feeste raak geloop en dit is cool dat hy altyd tyd maak om hello te kom sê. Lekker Thysie!! Basjan Niewoudt het sy konsertina laat sleep en ek het lanklaas iemand die stukkie trek ding so goed sien speel. Die twee boetas, <a href="http://www.christo-cobus.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>Christo & Cobus</a>, het soos altyd die aand afgesluit met ‘n kick-ass show. Op al hulle shows gee die knape goed weg en dit begin nou al ‘n instelling raak dat Elizca iets wen. As dit nie t-shirts is nie is dit bottles rooi wyn wat Vic sommer met die tande oop maak. Aaai wat gaan van world peace word…whahahaha.
Vicky kuier hom verby duskant uit twee girls en ek skud maar net kop. 23h00 en die dag se gebeure is klaar, maar nie sommer vir ons nie. Tigger het nog so paar langsteen Eigevissies vir ons so die hele storie word sommer kampterrein toe gevat. Mens kan sommer sien ou Johan is ‘n weskusser want die ding vat regtig nie nonsens van die polisiekoffie nie. Twakkie, Corne & Chuck Norris jokes slaan die lug en dit is die begin van die einde. Hoe laat daar halt geroep is wil ek nie weet nie. Almal het darem die tente en bakkies gemaak.
Volgende oggend en dit lyk of alle hel om ons los gebreuk het. Is ons aangeval deur ‘n wêreld span kuiergatte…ALWEER of wat de hel gaan aan??? Die kop is seer en die liggaam ken die dril en weet hoe om te maak met die pyne. Alles ruik soos Bokkoms en ek is te bang om toilet toe te gaan. Hoekom? Waarom? Ek mis my ma!!
Weskus is nie vir sussies nie, hier moet jy ‘n tier wees. Laat dit juig Weskus!!!