Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Rittelfees

Om die knaap te beskryf is wraggies menslik ontmoontlik. Geen mens kan in ‘n simpel artikel hierdie monster beskryf nie. So hoe nou gemaak ou boeta? Ag hel, ek sal maar net stick met dit wat ek ken en dit is al die goeie tye wat ons beleef het.

Die gees en lus vir groot paniek was groot toe ons (Claudia, Paul, Vicky & en) laat die Vrydagaand Vredendal in jaag met Stoffel (Paul se Isuzu bakkie). Dit was Stoffel se eerste offisiële Willeklong trip en ons moes maar net klou dat daai 3.0 ons nie van die pat af voeter nie. Die res van die span (Oros, Riaan, Elizca, Ronel & Boerbok) het al die Donderdag opgedaag en het wraggies nie op hulle laat wag met die voggies nie.

Hierdie sou ook die laaste grote wees vir die jaar vir ‘n paar van die knape want dit is weer daai tyd van die jaar wat die stropers uit die stoor getrek word en bietjie die piksteel in lê. Hierdie was die finale toets van die Wêreldbeker en almal wil net sy beste gee. Of die bodies ons gaan toe laat weet ons nie, maar wie de hel worry nou oor sulke brakkie k*k.

Broertjie daar was net mense daai Vrydagaand en ek het geweet ons gaan seer kry. Die wingerd sap gaan ons weer omsingel en voeter asof ek oom Gerrie Coetzee se tannie sleg gesê het. Die gees in die plek was oordonderend en mens kan sien dat hier meer as 2 bottels wingerd sap al uit gekuier is. Vir die van julle wat nog nooit daar was nie gaan ek nie eers probeer beskryf hoe groot dit is nie. Ek praat hier van duisende mense boeta.

Laer was saam getrek by die hoof watergat (RSG tent) en ons het samesyn man tot man beloer. SA se top kunsternaars / bands het op drie stages gespeel. Wat hierdie fees so kick-ass maak is hoe maklik alles net bekombaar is. Ver hoef jy nie te loop / gryp nie.

Het ou gesigte van vorige trips raak geloop en dinge het net lekkerder geraak. Die polisiekoffie het geloop en ek het later gevoel of ek ‘n generaal was. Die aand was lank en eina en om net seker te maak dat ons nie môre sonder ‘n kopseer gaan op staan nie is daar besluit om af te sluit by Attie se Gat. Hier het ek sommer my eie gat verloor dink ek.

Saterdagoggend en ek word alweer saam met snork masjien Parma agter op Stoffel wakker. Hierdie bleddy bakkie geslapery moet wraggies tot ‘n einde kom. Waar de hel is die res? Vicky, Ronel, Boerbok & Claudia het darem die tente gemaak. Riaan & Oros het gereken hulle sal maar hulle kar op pas en het sit / slaap wakker geword. Eina manne!! Wat het gisteraand gebeur? Hoekom het niemand HALT geroep nie?

Roll-call was gou gehou om seker te maak ons het nie iemand êrens verloor nie, want dit sal my nie verbaas as iemand Namibië toe gehike het om net weg te kom nie. Het self daaraan gedink, maar ek is bang die ander dink aan dieselfde ding en dan skyf een oorlog van een dorp net na ‘n ander dorp.

Met die kennis van verlede jaar het ek geweet dat die son weer ‘n helse faktor gaan speel. Nes die lot is het die knaap sy alles gegee en het ons later ‘n staat van paniek en pyn beweeg om net sy strale te ontdyk. Gelukkig het ons die jaar by die swembad gekamp wat net langs die terrein was en moes ons gereeld kom in voeter het om af te cool.

Eerste op die To Do lys was Rooies se show. ‘n Groot Willeklong gunsteling en iemand met wie daar altyd n knertsie gedeel kan word. Daarna was dit die groot brannas man, (<a href="http://www.robbiewessels.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Robbie Wessels</a>), en broertjie daai knaap kan hulle maar wraggies president maak van enige land. Hy het oud en jonk op hulle voete gehad en die plek gerock.

Hoe warmer dit geword het hoe meer Brutaltjies was daar gedrink. Goed het soos water geproe. Rittel is die fees waar alles tot die max gedoen word. As hulle nie die top kunstenaars in die land kry nie dan het hulle ‘n setup wat skrik vir niks nie. Maar iets wat Parma vinnig op gelet het is die hoeveelheid en kwaliteit kos stalletjies. Hel jy dink aan iets en ek wet jou jy sou dit daar gevind het.

Hoe later die dag begin raak het hoe rustiger het die tiere begin word en later het almal maar rustig op die veld voor die main stage gesit en gesellig gewees. Theuns Jordaan het sy ding gedoen en ‘n paar duisend girls het hulle onderklere verloor soos hulle aan gegaan het. Ek sal wragtig musiek moet begin opneem dink ek. Oros en Riaan het die Katembas (rooi wyn en coke) begin slaan en ek het sommer geweet as ek my vinger in daai sop gaan druk gaan my gat brand en ek het maar net onskuldig gepleit as hulle daai gif my kant toe stoot.

Was ons eerste kuier saam met Theunis (Boerbok soos julle hom op die site sal leer ken) en bang was hierdie knaap ook nou nie. Lyk maar so van ver af beskeie en onsuldig, maar skop so glasie donker melk in sy hand en daai bok se kind wil net lewe kry. Het so funny gevoel ons gaan die knaap nog menigte male sien.

Die klok het 11h30 geslaan en ons het RSG tent toe gestaan. Het ons ‘n spot reg voor los geslaan want nou gaan alles gegee word om soos ‘n laerskoolmeisie te gil. Nou hoe so boeta? Nog ‘n groot Willeklong gunsteling – (<a href="http://www.dnastrings.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>DNA Strings</a>). En om nog so effe soet smaakie in die mond te sit is een van die tiere ons eie Willeklong columnist, Flip. Oros ken die knapie nou al vir jare en daar is altyd hierdie konneksie tussen hulle. Thumbs-up word gegee en die ouens breek los met alles wat hulle het.

Die res is geskiedenis. Tannies en ooms het bul pille seker vroeër die aand gedrink en daar was gedans dat die klippe skoon glad is. As jy dink die seuns kan nie rock nie, dan maak jy een moerse fout my skat. Gaan voeter jou Britney CD weg en kry jou hande op hulle sin en ons praat weer.

Sondagoggend en WEEREENS word ek wakker agter op Stoffel en WEEREENS langs snork masjien Parma. Liewe hel het ek dan gisteraand myself weereens gebat? Is dit nie erg genoeg dat die girls my bat nie? Waar gaan die lewe dan heen?

Vredendal het weereens soos altyd net sy beste voet uit gesteek en hierdie was seker een van die beste feeste wat ek hierdie jaar by gewoon het. Dink die standaard van feeste in ons land word elke jaar beter en beter en dit voel of meer mense weg wil kom van die huis oor naweke. Hierdie feeste is nie net belangrik vir die gemeenskap nie, maar ook vir ons as mens. Ons taal en kultuur moet groei en die enigste manier is om dit meer op die lippe te kry.

As jy dink jou g*t is te mooi vir ‘n SA fees dan moet jy dubbel seker maak dat jy mooi afgevee het want jy weet wraggies nie wat jy mis nie. So kry daai sagte 3 ply papiertjies en hou die site dop en kyk wat volgende op die agende is.

Hy was groot en het ons plat gerittel. Dankie Vredendal!!!

Leave a comment