Toe ek die lineup kry van die ouens van Kophou het ek geweet ons moet ons gatte daar kry, maar toe ek hoor dit is by die Hangklip hotel het ek ‘n effe skewe bewerige gevoel in my g*t gekry. Daai gevoel wat jy kry as jy agter ‘n bees stap en jy kan sien sy rug trek so oprent en jy weet hy gaan nou van daai oortollige 300kg MacDonalds k*k ontslae raak. As jy nie sleep nie gaan hulle op jou begrafnis iets moet sê soos:
“Hier lê Henry Jonker. Het sy alles vir sy land, taal en single girls gegee, maar het onder die hand van 300kg bees k*k gesterf omrede hy te *#&$#(*&$ onnosel was om te kyk waar hy loop.”
Nou ek ken nie die regte storie van die Hangklip hotel nie, maar soos die woord loop was die hotel maar altyd ’n plek vir die harde manne. Manne wat die hoofletter T in Bosbef@kte Tiere sit. Gewoonlik is jou hotel in die hart van jou gemeentskap, maar in Hangklip is die hotel so paar km uit die dorp. Nou hoekom nou so moet jy jouself vra? Hoekom nie langs die kerkie as daar ene is nie?
Wel ek steur my nie aan ou balle se stories nie en hou daarvan om my eie kop oor en oor te stamp. Sekere foute is net te lekker om een keer te doen. Was verlede jaar daar met die Levi en White Horse party en dit was ‘n huge ene gewees. Die vog het ons hard grond toe gevat, maar elke sport het maar sy beserings.
So hier is ons weer. ‘n Jaar later en dit is Saterdagmiddag en Tigger sleep Hangklip toe. Nes die history boeke dit wil het, was ons weereens net twee, want die ander brakke het ander blablabla gehad. Ander het hulle mammas en pappas gemis terwyl ander die reuk van hulle eie poep gemis het. Party moes die bodies maar net so bietjie laat rus. Boerbok het gereken hy sal maar sy ouers ‘n poskaart einde van die jaar stuur en het sy spot in Tigger langs my gevat.
Net so voor 14h00 sleep ons by Hangklip hotel in. My g*t het amper die sitplek al op gevreet vir die lus vir ‘n lekker stuk SA samesyn. Die plek was maar stil en mense was daar nog nie. Dinge soos dit pla ons mos nie en ons kan ‘n barshou van ‘n lekker tyd met onsself hê as die lot dit so wil hê. Barmen Nico het die vog laat loop en Willeklong het sy koppie begin uit steek. Ryno Velvet en sy band het die stage eerste betree en moes maar vasbyt met ‘n relatiewe KLEIN skare. Fokus op die woord klein.
Die vog was sag en mooi. Ek het gevoel hoe die Tom Cruise looks ons betree en hoe my voete soos tannie Michael Jackson wil beweeg. Het later begin wonder of ons nou al umien begin raak het teen die koues. Die lang steel was in gelê en die bodies moes maar net vasbyt. Het die drommer, Michael, van Beeskraal raak geloop en kon mos nou NIE ‘n paar knertsies saam met die knaap nie wil drink nie.
Volgende op die stage was Lukraakitaar gevolg deer Fatal Flaw, Elzahn, Malva Centauri & Amafist. Vrydagaand se visit by Mecury in die Kaap om die bulle van The Narrow en Fokofpolisiekar te ondersteun het LELIK met ons begin praat.
Boerbok en ek moes system checks op die bodies doen en toe ons besef te veel rooi liggies is aan het ons besluit om maar so ‘n paar uurtjies horisontaal agter Tigger te verkeer.
WAM BAM JAM en ons is weer vertikaal. Die mense het maar so in hulle drips en drops die plekkie in gesleep. Het Hendrik van Skallabrak raak geloop en ‘n paar harde knertse is geknak. Dinge het net begin goed gaan toe Vic se bakkies sy verskyning gemaak het. Die knaap moes die oggend nog werk en kon die sittery by die plaas net nie hanteer nie.
Wat Hangklip so spesiaal maak op sy eie manier is die berg wat daai “in your face” houding het. Dit voel of die knaap in jou space is so naby is dit. Met see aan die een kant word ons omsingel aan die ander kant deer berg en klip se kind. Dit was ‘n stunning somersaand en die ouens op stage het wraggies nie teleurgestel nie.
Volgende was <a href="http://www.beeskraal.com" target=’_blank’ class=’bodyLink’>Beeskraal</a> en ons het al die hele dag vir die knape gewag. Was hulle laaste show op toer gewees en die bulle het al die bells en whistles uit die sak uit gehaal. Na hulle was dit die groot seun van Durbanville, <a href="http://www.abelkraamsaal.co.za" target=’_blank’ class=’bodyLink’>Abel Kraamsaal</a>.
Na Abel Kraamsaal het die legend van Matieland, <a href="http://www.kooskombuis.co.za" target=’_blank’ class=’bodyLink’>Koos Kombuis</a>, met sy bottel Beyerskloof die stage betree. Die mense kon net nie bly sit met sy tunes nie en na sy derde liedjie was die gedeelte voor die stage gepak met mense. Koos bly maar net ‘n groot legende en mense kan sy musiek oor en oor luister, maar daai ritteling in jou g*t is altyd daar as hy daai kitaar wikkel.
Akkedis en Johann Erasmus het die aand af gesluit met stunning sets. Die naweek se dade het sy tol begin eis en ek moes knie buig. Reëlings was dat al 3 van ons buite Tigger gaan slaap omrede dit so mooi somers aand was. Met die info het ek my gaan neer gooi langs Tigger.
Boerbok en Vicky het tot die bitter einde gegaan en het die pap dik aangemaak nes Willeklong kan.
Sondagoggend en ek word wakker met iemand wat die volume #$&(*@&* knoppie op sy radio ontdek het. Die klok slaan 05h30 en die son is al lekker uit. Doen ‘n vinnige recce om my en die ander twee brakke is nêrens te siene nie. Waar de f*k is daai twee nou. Tigger se g*t is oop en nes die lot dit wil hê lê daai twee sleg beeskak bulle agter in Tigger en ek, aap Henry, lê langs my eie damn bakkie.
Dit is nou die goed wat jy pals noem.
Die aand was lank en het toe nogals lekker uit gedraai al was daar nou nie tonne mense gewees nie. Boerbok en Vicky…sh@t ouens….julle moet maar gewig verloor!! Whahahahaha.