Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Voedsel en Wynfees

As iemand my eendag sou vertel het dat jy ‘n Willeklong trip net saam met girls gaan doen sou en net daar van my stoel af gevoeter het soos ek sou gelag het. Het nie ‘n probleem met die spesie nie, maar dit is mos net nie dieselfde om paniek te saai saam met girls as wat dit is saam met lelike, rowwe misrabele goed soos die bulletjies nie. Dit gaan mos net nie dieselfde wees nie. WRONG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

In baie opsigte dink ek meisies draai die krane dalk meer oop as ouens. Het dit die naweek geleer by die Voedsel & Wynfees by Club Mykanos ter fons insameling vir die NSRI. Met die ander brakke wat op trekkers rond jaag en maak of hulle in wingerde hoort sleep Tigger Saterdagmiddag Weskus toe.

Eerste stop moes Spinnakers wees om gou ‘n koue te vang saam met Willeklong Oros en Riaan wat ook moes werk. Hier sit ek bier in die hand en probeer tuwwer as ‘n trekker tyre lyk, maar om my sit Liz, Ronel & Elizca met kort rompies en hare tog te fraai. Waar is manne soos Ruan wat lyk of hy soms deur ‘n trop skape gejaag is, Vicky wat lyk of hy nou net weg gehol het van ‘n girltjie groter as hy. Hierdie is mos nie rugged stuff nie.

Dinge moet nou begin gebeur en sommer vinnig ook. Met Elizca wat die ins & outs van die Weskus soos die palm van haar kand ken kry ons ‘n kick-ass spot vir Tigger. Kaartjies word gekry en net omdat ek so op my damn senuwees is met die klomp meisiemense loop ek wraggies die verkeerde badkamer in en broertjie dit is maar net nag toe ek daar uit kom met diè dat daai 3 dit gesien het. Dit het gevoel of ek my kan oorgee aan vog en wens dat ‘n weerligstraal my kan uit haal.

Dinge by die bar het bietjie rukkerig begin met die manne wat sukkel met kleingeld. Ok, dan sal ons maar later ‘n plan maak reken ek. Nee wat so werk dinge nie as dit met die klomp meisiemense gaan nie. ‘n Koue word in my hand gedruk in ‘n paar minute en voor ek kan wonder hoe hulle dit reg gekry het word daar gesleep vir die verhoog waar Ivan sy alles gegee het.

Girls en dans is mos maar een en dit maak nie saak of 40,000 mense dans of 0 nie, gedans sal daar gedans word. Koues val en die girls draai die krane net nog groter oop. Ek gaan deur my checklist om seker te maak ek is nog by my volle bewussyn en ek kry ‘n groen lig van my binneste dat alles nog ok is. Ronel reken hierdie is mos ‘n wyn storie en dit is sommer pure nonsens die dat ons nie die koues ruil vir so bietjie kultuur nie.

Vic het mos geleer van wyn proe en met die visie vat ek die eerste sopie.

“Damn, maar dit is nou vir jou ‘n lekker een. Kom ons probeer die ene Henry.”

Liewe hel, memomries van Calitzdorp se fees kom terug toe Vic my planke toe gevat het met Port en hier staan hy weer, in die vorm van Ronel, wat reken hoe vinniger mense deur die stalletjies gaan hoe vinniger kan mens buite by die stage weer kom. Pa is mos ‘n stoetbul en ‘n stoetbul groei nie bang kalwers nie so ek laat sleep met die langsteel en gee my alles.

Maak die groot fout om vir ‘n ou tante ‘n knertsie Mampoer te koop. Het gedink dit sal nogals moer snaaks wees, maar ek dog ek bek*k my toe sy sê maar dit is nou haar beurt om ‘n rondte te koop. Tanta, Mampoer is nie soos vog wat almal ‘n beurt kry nie. Die goed omsingel jou, nou en dan ry jou eie bakkie jou in jou moer so sterk is die goed se trefkrag.

“Nee wat boetie. Ons mense in die Namib drink die goed soos water en julle is mos nou Willeklonge so julle kan mos die goed vat of hoe sê ek?”

Dit is asof die duiwel homself voor my staan, maar in die vorm van ‘n ou tannie. Elizca is ook vir een of ander rede umien teen die goed en voor ek kan BLIKSEM skreeu is daar nog ‘n rondte. Ek doen weer ‘n checklist op my body en die keer skiet daar so paar rooi liggies aan. Dink ek is besig om hydraulic fuel te verloor en my stabilizer is besig om mind games met my te speel.

“Time out julle!! Kom ons stap gou deer die stalletjies” sê ek met ‘n huilende meisie stem. As ons nie NOU loop nie gaan dinge lelik raak.

“Kom ons check hierdie boat trips hier buite uit julle”.

Liewe hel wanneer gaan ons vir ‘n slag net chill en die krane effe toe draai? Ek dink ek het al AL my water verloor. Ontmoet die ouens van Bugaloo Adventures en na ‘n vinnige chat oor wat Willeklong is reken hulle, maar dan kan ons nie hierdie geleentheid mis nie.

Broertjie ek weet nie baie van bote nie, maar toe ek op die pamphlet sien dat die boot waarmee ons gaan ry dieselfde een is wat die Transe Agualas gewen het, het ek effe ‘n smile gekry wat daar gaan nie tyd wees vir see siek nie en ook dat die ander 3 brakke (Liz, Ronel & Elizca) kort rompies aan het. Whahahahahaha.

Wimpie (pilot) vat ons rustig die hawe uit en daar word gechat en gelag…..OOOO BLIKSEM!!! Voel of my poepol met alles wat hy het teen die stoel vasklou terwyl Wimpie die pype oop maak. Jy gil en skreeu van adrenalien en wonder of dit nie beter as Minki in klein kleertjies is nie. Net om daaroor te praat laat my sommer my PC opvreet van opgewondenheid. Damn mens kan dit net nie beskryf nie. Wimpie is maar net die man en laat dit loop deer al sy pasies.

Terug by die fees en mens kan net nie die smiles weg kry nie. Dink my ass is nogsteeds op die boot vasgeklou. Was my eerste keer by die Voedsel & Wynfees en moet sê die organiseerdes het die storie nogals heel kompak gehou wat dit vir die mense makliker maak om alles te sien en doen. Met kunstenaars soos Ivan, Thys die Bosveldklong, Wicus van der Merve, Die Campbells, DNA Strings om net ‘n paar te noem kan dit mos net groot wees. (Lees meer oor die kunstenaars in Elizca se artikel onder My Rock se Soom)

Die Campbels het die aand afgesluit met n kick-ass show, maar dit het nie beteken daar gaan nou geslaap word nie. Aaai die aand was nog lank by Flamingos en die Vlakvarkgat en ek moet bieg en herken ek was nie die laaste een staande nie. Elizca, Ronel & Liz het hom tot die vroeër oggend ure gevat.

So wat het boeta nou geleer? Dat girls op hulle eie manier moerse fun is en dat as hulle wil hulle enige bulletjie planke toe kan vat. Staan nie terug vir avonture nie en is gewoonlik voor in die koor as die krane oop gemaak word.

Vir die ouens van Bugaloo Adventures wat ons ‘n trip gesponsor het wil ons net BAIE DANKIE skreeu en ons sal wraggies julle ouens binnekort weer sien. Die Weskus en sy mense het net weereens gewys hoekom dit so uniek en stunning is. Was weereens great om al die ou en nuwe gesigte weereens te sien. Snaaks hoe baie mense sien jy oor en oor op hierdie trips. STUNNING MAN!

Vir Liz, Ronel & Elizca – ek gee julle die ene. Julle het my eina gemaak en dit was ‘n awesome om saam met julle te travel. Laat hom loop kwagga…..

Leave a comment