Vrydagmiddag 16h30 sleep 2 vragte bakkies by Vic se plaas (Hartenberg Estate) weg oppad na die hoogste kommersiële Bungee Jump ter wêreld – Bloukrans 216m. Brill het gereël by ‘n ou tjomma van hom, Gerhard Dyzel, dat ons die naweek op George by hulle kan kuier. Aaai as die knaap maar net geweet het dat mens nie ‘n vrag Willeklonge uitnooi na jou huis toe nie. Die 4 ½ op die pad was hard en lank en toe ons so duskant 23h00 by Gerhard se plekkie intrek was daar al skym…
Mweka hek na Springlands Hotel so vinnig as wat jy kan Maandagoggend 26 Junie 2006 en vir die eerste keer is jy nie lus om uit jou tent te klim nie. 5 dae se klim het uiteindelik sy merk gemaak op jou liggaam. Gister se afdraende het meer skade as die klim na die summit gemaak. Jou bo-bene voel lam en vandag is daar nog 3-5 ure wat vir ons wag. Alles is nat buite, jou stewels is nogsteeds vol modder en jou gaiters nogsteeds nat van gisteraand se mis reen….
Stella Point (5 700m), Uhuru Peak (5 895m), Mweka kamp (3 100m) – langste dag in jou lewe Saterdagaand 22h30, 24 Junie 2006, en elkeen kry ‘n klop op die skouer om wakker te word, nie dat jy eintlik geslaap het nie. Jou een oog was so halfpad toe en die ander een het nie geweet wat om te doen om die tyd om te kry nie. Ag hel dit is seker nou maar sulke tyd. ‘n Vasbyt wag vir ons almal en dit is net ‘n paar uur se klim…
Barafu kamp (4 600m) – +/- 9 ure hike Saterdagoggend 24 Junie 2006 en vandag kan ons die bene voel. Almal rek en strek waar hulle kan. Ruan se kopseer is NOG NIE weg nie. SHIT!! Daniel beveel aan dat hy ‘n volle Dimox moet gebruik. Gister se kopsere was net te erg gewees en ek en oom Kobus sluk elk ook ‘n halwe ene. Hoop net die goed werk anders is dit ek en die klippe weer. Die eerste gedeelte van die roete is ‘n wetter en elk word aan…
Barranco kamp (3 950m) – +/- 8 ure hike Vrydagoggend 23 Junie 2006 en almal is al vroeg uit die tente. Die oggend briesie kleef teen jou been en vir die eerste keer word die warm goed uit gehaal. Nes boer se kind waag Vicky en Parma eers die koue met die minimum goed aan, maar na so paar minute van tande klap is beide in iets warm. Vandag is die dag wat ons klippe gaan k*k. Dag 3 word gereken as een van die moeilikste dae op die trip, maar…
Shira kamp (3 800m) – +/- 6 ure hike Donderdagoggend 22 Junie 2006 en ons word gegroet met ‘n bitter koue. Gisteraand se reën het alles gefries en die oggend windjie help wraggies nie die saak nie. Almal het darem ‘n goeie nagrus in gekry maar Ruan moes +/- 6 keer uit gaan om van sy onnodige water ontslae te raak. ESIH!! “Waar is daai ou man wat vandag 50 word!!” Oom Kobus druk sy kop by sy tent uit en mens kan die smile van ‘n myl af sien. Jup…
Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) – +/- 6 ure hike Woensdagoggend 21 Junie 2006 en Parma snork soos ‘n ou Bedford trok wat sukkel teen ‘n hewel uit. Hoe de donder kan die brak nog slaap wonder ek soos ek vir die 1 000 keur na my sell kyk om te kyk of dit nog nie 06h00 is nie. At freeken laas ruk daai irreteerende alarm (06h00) deur die kamer. Parma ruk sy muskiet net af en beide van ons kom face to face met mekaar soos…
Vrydagaand 19h00 en ons is weer op die langpad om paniek te saai vir ons land, samesyn, die bokke en al julle damn wetters daar buite. Dit gaan hard en woes wees, liggame gaan harde knocks vat, maar wie is nou bang – het mos alles by uncle Chuck geleer. Springbok is 550km ver en ons kom eers so 02h30 Vrydagoggend by Vic se oom-hulle aan. Die pad was ‘n gemors en vele kere moes daar net gekeer word dat ‘n Willeklong nie ‘n ander knaap voeter oor sy kak manier…
2350km, -9 grade Celsius en ‘n verlore waentjie later is ons darem weer veilig in die Kaap na een onvergeetlike roadtrip en ‘n kick-ass festival (Sticks & Stones). Hoe beskruif ‘n mens ‘n trip waar daar so baie gebeur het? As ons nie gevrek het van die koue nie, was dit waentjie probleme, griep wat ons van alle kante omsingel het, ‘n Witblits bottel wat net nie wou leeg nie, al die nuwe en ou bekende gesigte wat ons ontmoet het, een kick-ass rock festival en natuurlik ons mooi land. Hier…
Op pad Stellenbsch toe Sondag chat ek en Vicky so lekker oor ons trippie op die Oranjerivier en hoe befok dit was. En nou sit ek hier en wonder hoe de hel ek hierdie trip aan julle kan verduidelik. Hoe kan n mens al die goeie tye, befokte pals (oud & nuut), natuur wat n mens net in die mooie Namibia kan kry en natuurlik memories wat nooit vergeet sal word nie, beskryf? Daar is niks wat dit kan beskryf nie. As ek n woord moet kies wat DALK kan beskryf…