Donderdagaand so net na 19h30 val ons uiteindelik in die pad. Moes gou eers Tigger (LC 80 Series) se brieke (regter agterwiel) afstel en hout op Paul & Gregory-hulle sê bakkie dakke vasmaak. Radio’s (29MHZ) word getoets en ons is reg vir hierdie “vinnige” road trippie deur die Noord-Kaap. By Ceres word daar gou gestop om die linker agterwiel se brieke ook af te stel, gelukkig was dit die laaste van warm wiele. Paar km uit die drop klim ons op die grondpad Tankwa Karoo Nasionale Park se kant toe. Wind…
Nadat ek my Isuzu DC 3.0 4×4 begin 2010 verkoop het, het ek geweet my volgende 4×4 sal net een voertuig wees. NIKS anders as ’n Land Cruiser 80 Series nie het ek myself belowe. Alles van die voertuig het my fassineer. In 4×4 geledere word die 80 Series as ’n groot seun gesien en word getel as een van die top gunsteling voertuie sou jy Afrika wou takel. Behalwe vir sy ongelooflike meganiese kenmerke en minimale fieterjasies, was die body van so ’n monster vir my die groot aantrekkings krag….
As jou beter helfte besluit om ’n molshoop êrens in Afrika (Kilimanjaro) te gaan klim saam met 2 ander vrinne en jou ouers oor hulle voete val om na jou kind te kyk terwyl ma weg is dan sal ’n trip Nam toe saam met ’n gatgabba mos net kookwater wees! Donderdagaand 20h30 en ’n volgelaaide Trooper vat die pad Namibia toe. Die wat Parma goed ken sal weet die knaap is effe gebreklik met ’n swaar regter voet so toe die son sy oggend strale begin uitgooi toe trek ons…
Ek is seker een van min wat nog nie die Londen ding gedoen het nie so moet asb nie lag as jy hoor ek was onlangs eers vir die eerste keer daar nie. So toe ek einde 2010 hoor het ons gaan UK toe laaste week in Jan 2011 vir ons jaarlikse Sales Workshop was ek heel in my noppies moet ek sê. Ek gaan jul nie verveel met al die verdomde details nie…. Het Londen my regtig verras….uh….eerlik….nie regtig nie. Ek het geweet dit is ’n 1ste wêreld land en…
20 Desember en ons kan nie die bakkie vinnig genoeg laai op uit die Kaap te kom nie. Die strate en winkels is al klaar vol met al die vakansiegangers, so hoe vinniger daai Isuzu oor die berg kan gaan hoe beter. Die 2 weke vakansie begin met ‘n kort besoek by ouma op Oudtshoorn voor ons na Doringkloof vertrek in die Baviaanskloof vir 2 dae. As mens op n kaart kyk lyk dit of Doringkloof in die middel van die Baviaanskloof is. Doringkloof is so paar km voor die ingang…
Na ’n helse gesoek het ek uiteindelik die bakkie (Isuzu 3.0 LX Double Cab 4×4 Wit) gekry waarvoor ek gesoek het…die knaap het nogals in Oos-Londen gestaan. Moet ook darem by sê as dit nie vir ou Brill was nie het die een onder my gat uit gegly – dankie vir al die hulp ou grote. Vir die wat 4×4’s het, sal vir jou sê jou bakkie of voertuig is nooit klaar soos jy hom wil he nie. Daar is altyd ietsie ekstra wat jy daaraan wil doen of wat jy…
Om ’n langnaweek by die huis te sit is in ’n mate sonde…of dit is maar hoe ek dit sien. Mens werk jou vingers plat gedurende die week en met net ’n handjie vol verlof gedurende die jaar moet mens vakansiedae met ope arms aangryp. Donderdag laatmiddag kom ons soos ouder gewoonte by Vic op die plaas om die bakkies reg te kry. Eerste stop is by oom Kallie se Springbok lapa in Merverville waar ons so paar maande gelede al ’n draai gaan gemaak het. Ons het net so na…
Om 3 weke by die see, by die huis of by dieselfde vakansieoord te sit sal veroorsaak dat ek my groottone een vir een opvreet en herkou. Met diè houding probeer ek en Marli om ons Desembervakansie te gebruik om plekke in SA te gaan besoek wat ons nie tyd het voor gedurende die jaar nie. Omrede ons al die suide van Lesotho getoer het was die plan om bietjie die noorde te besoek. So met hierdie idee as ‘n beginpunt, het ons die res van die vakansie rondom dit beplan….
Vrydagmiddag na werk word daar saamgetrek by Vic op die plaas anderkant Stellenbosch. Bakkies word gepak, ‘n vinnige bier word die keel afgejaag, groepfoto word geneem, almal kry sy gat êrens op ‘n bakkie en dan is dit ons en die 4 ure Merweville toe. Die treffers loop soos soet stroop oor die radio en die kilometers begin vinniger en vinniger af te tel. By Prince Albert breek ons links en dan is dit 43km (grondpad) tot ons die eerste koue lafenis die keel kan afjaag. 20km op die grondpad en…
08h15 Sondagoggend en 7 van ons, met bagasie, neem stelling by Laingsburg stasie. Die laaste 48 uur was maar effe hard op die liggaam, so almal soek net ‘n bietjie rus, vrede en saligheid vir die moeë liggaam. 08h30 en die Trans Karoo maak sy verskyning. Die opgewondenheid van gister, toe ons die trein by Bellville stasie gesien het, was iets van die verlede. Die kans dat ons dieselfde geluk gaan tref soos met die koms hierna toe saam met die Koi San is so skraal soos ek wat oornag 20kg…

