Na ’n helse gesoek het ek uiteindelik die bakkie (Isuzu 3.0 LX Double Cab 4×4 Wit) gekry waarvoor ek gesoek het…die knaap het nogals in Oos-Londen gestaan. Moet ook darem by sê as dit nie vir ou Brill was nie het die een onder my gat uit gegly – dankie vir al die hulp ou grote.
Vir die wat 4×4’s het, sal vir jou sê jou bakkie of voertuig is nooit klaar soos jy hom wil he nie. Daar is altyd ietsie ekstra wat jy daaraan wil doen of wat jy daarin wil plaas en so het my avontuur ook begin met Tigger (die knaap se naam).
Met die dat ou Parma ook dieselfde bakkie het, is dit nog lekkerder om saam planne te maak van die volgende uitgawetjie…eerste op ons lys van twee rigting radio’s. Dit maak ’n travel net soveel lekkerder as al die voertuie kan gesels sonder om in die verdomde koue hoef uit te klim en uit te vind wat die nuwe planne is.
Pierre (Bouer Bouer kom in….) het ook nie op hom laat wag nie en het gereken daai Landi van hom kort sommer nog elektroniese toebehore so dit het ook nou ’n 29Mhz radio in.
Maar die goed moet mos nou ordentlik getoets word en watse speelparkie is beter as Atlantis se duine. Parma-hulle (Marina, StefeOOO & Anja) was die vorige aand by ’n troue en het eers 03h00 by die plaas gekom so toe ek en M 07h00 daar land toe kyk die ogies nog skeef na my…whahaha…elke sport het mos nou maar sy eie beserings.
Was al vantevore by Atlantis, maar die keer is ek hier met my eie wiskunde bakkie so ek kon nie my opwinding in beheer hou nie. Ek was soos ’n stout kind met ’n nuwe speelding.
Bande was afgeblaas en daar sleep ons. Bliksem dit is darem ’n lekker gevoel as daai knaap duine uit hardloop terwyl M haar longe langs my uit gil. Selfs toe sy alleen gery het, kon almal in Atlantis haar gehoor skreeu het. Parma het nie eers nodige gehad om met met haar oor die radio te gesels nie, want sy het so hard gegil van opgewondenheid dat hy haar duidelik kon hoor.
Beide Parma en StefeOOO het lekker raad gegee en mens kan sien die twee ken Isuzu’s.
So net voor 12h00 is ons die duine uit om bande te gaan pomp.
Resultaat van die radios – wel dit werk soos ’n bom (nie dat ek weet hoe werk n bom nie…) en kan dit regtig aanbeveel.
Volgende is dit ek en M en die Baviaanskloof. Was laas daardeur met my 2.5 Isuzu so sal graag wil sien wat maak die 3.0 met die roete.