Ek is seker een van min wat nog nie die Londen ding gedoen het nie so moet asb nie lag as jy hoor ek was onlangs eers vir die eerste keer daar nie.
So toe ek einde 2010 hoor het ons gaan UK toe laaste week in Jan 2011 vir ons jaarlikse Sales Workshop was ek heel in my noppies moet ek sê.
Ek gaan jul nie verveel met al die verdomde details nie….
Het Londen my regtig verras….uh….eerlik….nie regtig nie. Ek het geweet dit is ’n 1ste wêreld land en dus sal sekere goed beter as hier wees. Die koue het ook nie as ’n verrassing gekom nie, dit is net ek wat te verdomp onnosel was om te min warm goed in te gepak het.
Dit is wêreldlik ’n internasionale stad en om van punt A na B te gaan is ongelooflik eenvoudig.
Het soveel moontlik al die toeriste goed gedoen in die kort tydjie wat ek daar was, maar as ek weet terug sou gaan dan sal dit definitief vir die Winter clearance sales wees.
Liewe hel – die kwaliteit goed vir die verlaagde pryse is verregaande en weereens het ek gesug dat ek nie meer geld saamgeneem het nie.
’n Hoogtepunt was definitief Richmond rugby club se 150ste seëviering jaar (oudste club in London) en damn was die kuier daarna nie vir die dood nie. Daai volgende oggend het dit gelyk of ’n bus deur ons kamer gejaag het…
Sal ek weer gaan….definitief.
Sal ek daar gaan bly….nie ’n kans in hel nie. Ek sal mens moor as ek daar moet wees vir langer as ’n maand…
Ek moet die Karoo stof en berge om my hê anders sal ek kens raak.
Dit was lekker, ek het die kiekies…been there….