08h15 Sondagoggend en 7 van ons, met bagasie, neem stelling by Laingsburg stasie. Die laaste 48 uur was maar effe hard op die liggaam, so almal soek net ‘n bietjie rus, vrede en saligheid vir die moeë liggaam.
08h30 en die Trans Karoo maak sy verskyning. Die opgewondenheid van gister, toe ons die trein by Bellville stasie gesien het, was iets van die verlede. Die kans dat ons dieselfde geluk gaan tref soos met die koms hierna toe saam met die Koi San is so skraal soos ek wat oornag 20kg gaan verloor. Lees meer oor hierdie trippie <a href="http://www.willeklong.co.za/article.asp?ART_ID=1227&PageHit=A&PageMode=A&StepMode=1" target=’_blank’ class=’link10′>hierso</a>
Soos die trein stop vat ons weer ‘n loop-drafstappie langs die trein af. Wa op wa is vol, vol, vol…ook vol…bliksem die een is ook vol….laaste wa…hel bulle ons het nie ‘n keuse nie ons moet hier in.
Vic vat voor en soos die manne klim word die bagasie net aangegee. Ek en Brill doen ‘n vinnige recce deur die trein en kom met die teleurstellende nuus terug dat die verdomde trein verby vol is.
Die fluit blaas, daar is weer daai ruk en hier gaan ons.
Die volgende 5 min is iets wat ek nie sommer gou sal vergeet nie. Hier staan 7 van ons tussen twee wa’s, die bagasie word in die deurspasies ingeskuif en ons weet niemand op hierdie verdomde trein gaan spasie maak vir ons nie. Hoe nou gemaak?
“<i>Twakkie gee daar ‘n koue bier daar. Ek voel klaar k*k, ons het nie sitplek nie so dinge kan nie slegter gaan nie. </i>”; kom Vic se skerp woorde deur.
Ons situasie is nie van die beste nie, maar met ‘n koue bier in die hand en saam met jou pêlle kan die situasie hoe sleg wees dit bly nog steeds ‘n belewenis.
Soos ons deur0020die Karoo suiker begin ek al die opsies oorweeg en hoe meer ek daaraan dink hoe meer staan een opsie bo almal uit.
“<i>Bulle ons kan nie die heelpad hier staan nie. Matjiesfontein is om die draai. Kom ons klim af en hike terug Kaap toe. Ons moet eers môreoggend 08h00 by die werk wees so ons het die hele dag. Wat reken julle? </i>”
Vic vat so laaste sluk van sy bier en met sy tipies droë sin vir humor sê hy: “<i>Beste idee wat ek nog die naweek gehoor het. Nou TOER ons bulle!</i>”.
By Matjiesfontein sê ons totsiens aan die Trans Karoo en ‘n laaste bier word rustig geniet waar ons die strategiese, taktiese analise van ons situasie gemaak het. Die resultaat was oor en oor dieselfde – die kanse dat iemand ons gaan optel is 0 of dalk selfs ‘n minus getal. ‘n Minus getal as ons dalk vir Brill langs die pad moet doodvoeter sodat 6 van ons darem huis toe kan gaan.
Die stukkie teer pad tussen Matjiesfontein en die N1 was ‘n skrale 800m, maar dit het gevoel soos 8km. Brill het al begin planne maak om van ons rooster, wat hy gedra het, ontslae te raak, maar ons het hom mooi laat verstaan hy sal sommer saam met die rooster wegraak as daai ding nie terugkom in die Kaap nie. Wonderlik hoe vriende mekaar darem ken…en vrees…whahaha.
<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/FxKUeRr8Tco&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/FxKUeRr8Tco&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>
Regs is die pad JHB toe, links die pad Kaap toe, agter ons die pad Matjiesfontein toe en voor ons is die pad Sutherland toe. Ons kort iets wat links Kaap toe gaan.
Die eerste paar trokke het dit byna verloor toe hulle ons klomp khaki’s langs die N1 sien hike het. Ek besluit toe om gou vir Marli, my vrou, te skakel net om te laat weet as ons vir 2 ure hier gaan staan moet sy Vic se bakkie gaan haal en ons kom haal.
Nou as jou vrou vir jou sê sy glo jou nie en dat jy ‘n foto vir haar moet MMS om jou situasie te bevestig, dan wonder mens hoekom hulle dit mens se beter helfte noem??
Skielik is dit bande en rubber wat rook en ‘n trok kom wraggies tot stilstand. Ons gryp alles wat ons het en pak ‘n tekkie in. By die trok laat Sieb ons weet die knaap wil ons graag help, maar hy kan net 3 vat. Dankie, maar nee dankie ou maat. Ons sal maar nog so bietjie wag.
5 minute later kom ‘n Isuzu 2.5 bakkie van Sutherland se kant af. Hy kom…hy kom…ons steek die professionele hikers vinger uit…dit is ‘n girl voor in die bakkie bulle…almal skiet ‘n gebedjie die lug in….sy gaan verby…en skielik kom daai mooi, rooi briekligte aan.
Soos die arme dametjie (so in haar 30’s en ons moet net vir Vic keer dat hy nie sy nommer uitdeel nie) stop omsingel ons haar bakkie. Brill vee die trane van blydskap af die dat hy nou hoop dat ons hom nie gaan eet of braai langs die pad nie.
“<i>As julle almal hier kan inkom dan sal ek julle tot by Worcester vat. </i>”
Maklik…ons weet mos van bakkies pak. Na ‘n helse gesukkel maak sy die canopy deur agter ons toe. Die glimlagte trek verby die ore en niemand kan ons geluk glo nie.
Die 2.5 dreun teen die bulte op en stadig begin ons agterkom dat hierdie jonge, oulike dametjie nie ‘n probleem met spoed het nie. Nou ons het ook nie ‘n probleem met spoed nie, maar nie as jy 700kg agterop ‘n bakkie het nie. Nou as daai 700kg ons is, dan raak dit nog meer skrikwekkend.
Ek sit reg agter die passasiersitplek so ek kan alles voor sien. 140km/h dan drift ons hom sommer so van die linkerkantse geel lyn sommer so half bakkie oor die middel lyn en dan weer terug geel lyn toe. Mens kan die stilte in die bakkie met ‘n ou broodmes sny. Ek wil graag by die huis kom, maar nie met ‘n stuk canopy in my gat op nie.
<object width="325" height="250"> <param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/PHLC1BsLy3o"> </param> <embed src="http://www.youtube.com/v/PHLC1BsLy3o" type="application/x-shockwave-flash" width="325" height="250"> </embed> </object>
Genoeg is genoeg en daar word besluit om by Touwsrivier af te klim. Sieb trek weer sy foon nader en reël met ‘n pal se pal se pal se pal dat die se swaartjie ons kom kry en tot by Worcester neem waar Sieb se bakkie staan.
Ons werk gou ‘n vinnige wimpy burger en koffie af toe daar WEER ‘n Isuzu 2.5 bakkie stop. Vic se ogies glinster weer toe hy die knaap se oulike passesiertjie sien. Ons weet mos nou hoe om agterin ‘n bakkie te sit en almal neem weer dieselfde posisie in.
Die keer gaan dinge sommer 110%. Die knaap ken van plaasbakkie ry. By Worcester word alles oorgegooi in Sieb se…wag…wag…hier kom hy….ook ‘n Isuzu 2.5, maar gelukkig is die ene ‘n double cab.
Almal in ons groep is Isuzu liefhebbers en is hierdie dalk ‘n teken dat SA se TOP, BOBAAS bakkie na sy mense kyk? Dalk nou nie die eerste dametjie nie, maar ja sy het ook Isuzu gery.
Sieb laai ons af by die weegbrug by die afdraai van Rawsonville op die N1. Hier reël Twakkie dat ‘n pal in die Paarl ons kom haal met sy bakkie. Dié gaan ons by die Paarl afdraai op die N1 aflaai waar ons beter helftes wag.
Na so uur kom daar ‘n bakkie, jammer die een was nie ‘n Isuzu nie, maar die een het geweet van huis toe hol. Hierdie was nou ons 4de bakkie vir die dag en tussen al hierdie opklim / inpak en afklim / uitpak was daar nog tyd vir grappies en stupid jokes ook.
Sondagmiddag 14h00 en ek gooi my arms om my beter helfte. Ons het dit gemaak en WOW wat ‘n trip…!!
Hierdie avontuurtjie het my net weer gewys dat maak nie saak in watse situasie jy is nie, as jy jou palle by jou het dan kan dinge mos net interessant wees.
Lees gerus ook:
– <a href="http://www.henry.co.za/articles.asp?ART_ID=642&Step=2" class="link10">WK en die Koi San op die trein Laingsburg toe</a>