Skip to main content Scroll Top

Avonture

11 Sep: Toer Laingsburg toe met die truin (deel 1)

Die plan was baie eenvoudig: ons spring Saterdagoggend op die trein vanaf Bellville stasie, klim by Laingsburg stasie af, kamp en kuier bietjie rustig om ‘n vuurtjie en skiet die volgende oggend terug Kaap toe. Wat kan nou als op so trip gebeur, het ek gewonder die Saterdagoggend toe ek 10h00 my sak by platform 1 te Bellville stasie neervoeter. ‘n Paar interessante gebeure het my vlak in die oë gestaar en ek het dit nie eers sien kom nie. Maar kom ons gaan eers so paar treetjies terug. Hoekom en…

25 Jun: Toer Beaufort West toe (deel 2)

By Drie Susters breek ons links, weg van die N1, op die N12 Kimberley toe. +/- 8km later kom Jakalaas se Toyota tot stilstand voor oom Robert se plaashek (Brakfontain). Van hier is dit nog ‘n jeep track (party plekke is daar nie eers ‘n pad nie) vir so 10km voor ons tot stilstand kom. Na ‘n vinnige recce word besluit ‘n beter plek gaan ons nie kry teen die wind nie, want met wind, vuur en droë gras wil mens nie speel nie. As daai 3 koppe by mekaar sit,…

23 Jun: Toer Beaufort West toe (deel 1)

So maand of twee gelede is ek deur Beaufort West oppad Van Der Kloof dam toe en my ou lugmag vriend Jakalaas, wat nou nes geskop het in die Groot Karoo dorp, het gesê dat as ons ooit eendag ‘n lekker kuier wil maak, moet ons Karoo toe moet kom. As ander mense sulke uitlatings maak dan moet ons seker gehoor gee. Gou word daar besluit om die beplanning minimaal te hou en as ons in Beaufort West kom sal ons alles aanmekaar plak. So gesê en so gemaak; Vrydag laatmiddag…

04 Nov: Martelpyp trap (deel 2)

Die km op die spedo klim vrek stadig. Almal is in hulle eie zone en al wat jy hoor is asems wat blaas. Die son voeter ons nou van alle kante en dinge is nie meer so lekker nie. Die wêreld het mos ʼn snaakse manier om ʼn mens te hanteer die dag as hy wil. Die feit dat ons nie genoeg sukkel teen bulte nie, kry ons ʼn wind van voor wat jou byna dood druk. Al wat deur my kop gaan is 5 lettertjies…VASBYT!! 53km en ons kry ons…

31 Oct: Martelpyp trap (deel 1)

Ek het nog altyd groot respek vir iemand gehad wat met ʼn k*k idee voor die dag kom wat gaan beteken dat ons gaan suffer soos ʼn vars troepie op army basics. So toe Brill met sy tragiese sportstruktuur die idee op die tafel gooi dat ons die grondpad tussen Kobus se Gat (voet van die Swartbergpas anderkant Oudtshoorn) en Calitzdorp moet aanpak het ek geweet: 1) dit is ʼn super k*k idee want nie een van ons is atleties genoeg hiervoor nie. Meeste weet nie eers hoe om dit te…

12 Apr: Richtersveld toer

01h30 Vrydagoggend trek 4 bakkies Vic se oom-hulle se plaas binne wat net so voor Springbok in die koppies lê. Die gatte is lam en almal smag na ‘n koue brannas en coke. Is nou al die tweede keer wat ons hier oornag en nog nooit het ons die plek in die daglig gesien nie. Brannas loop soos ‘n jet en as dit nie vlermuise is wat jou aanval as jy ‘n stukkie grond buite natmaak nie kry jy op jou moer in ‘n game Courage. Name word gat gemaak en…

09 Jan: Hoogste, oudste, grootste en langste

As mens so na die titel kyk sal mens reken dit is iets uit ‘n porn movie van die laat 80’s. As dit maar net was…sug. Wel 2007 is hier en so ook die einde van ‘n kick-ass vakansie. Die liggaam het ‘n break nodig gehad van ‘n besige 2006 en as ek nou terug kyk na die laaste 3 weke was daar nie eintlik tyd vir rus gewees nie. Ek dink ek kort nou eers ‘n vakansie. Die groot plan vir die vakansie was om die hoogste kommersiële abseil in…

20 Sep: Valskermspring by Citrusdal

Dit is presies ‘n week gelede wat ons ons “first jump” kursus klaargemaak het by Citrusdal se skydive club en omrede die weer laas naweek nie in ons guns was nie, kon ons nie ons eerste sprong doen nie en moes dit tot hierdie Sondag uitgestel word. Nou ek gaan julle nie ophou met al die bells & whistles nie, want dit kan julle in my vorige artikel lees genaamd “Spoed en baie drills”. Blablabla…hier kan ek nou alle klomp snert vertel hoe ons daar aangekom het en geblablabla…en nog meer…

21 Aug: 5 4 3 2 1 BUNGEE!!!

Vrydagmiddag 16h30 sleep 2 vragte bakkies by Vic se plaas (Hartenberg Estate) weg oppad na die hoogste kommersiële Bungee Jump ter wêreld – Bloukrans 216m. Brill het gereël by ‘n ou tjomma van hom, Gerhard Dyzel, dat ons die naweek op George by hulle kan kuier. Aaai as die knaap maar net geweet het dat mens nie ‘n vrag Willeklonge uitnooi na jou huis toe nie. Die 4 ½ op die pad was hard en lank en toe ons so duskant 23h00 by Gerhard se plekkie intrek was daar al skym…

14 Jul: Kilimanjaro – Dag 6

Mweka hek na Springlands Hotel so vinnig as wat jy kan Maandagoggend 26 Junie 2006 en vir die eerste keer is jy nie lus om uit jou tent te klim nie. 5 dae se klim het uiteindelik sy merk gemaak op jou liggaam. Gister se afdraende het meer skade as die klim na die summit gemaak. Jou bo-bene voel lam en vandag is daar nog 3-5 ure wat vir ons wag. Alles is nat buite, jou stewels is nogsteeds vol modder en jou gaiters nogsteeds nat van gisteraand se mis reen….