Donderdagaand so net na 19h30 val ons uiteindelik in die pad. Moes gou eers Tigger (LC 80 Series) se brieke (regter agterwiel) afstel en hout op Paul & Gregory-hulle sê bakkie dakke vasmaak.
Radio’s (29MHZ) word getoets en ons is reg vir hierdie “vinnige” road trippie deur die Noord-Kaap.
By Ceres word daar gou gestop om die linker agterwiel se brieke ook af te stel, gelukkig was dit die laaste van warm wiele. Paar km uit die drop klim ons op die grondpad Tankwa Karoo Nasionale Park se kant toe. Wind se kind gee ons alles wat hy het en in sommige plekke word daar op die brieke geklim want sigbaarheid is minus 0.
Eerste aand slaap ons by Paul se vriend, Steven, wat so +/-100km voor Calvinia boer. Na so paar draaie op die buurman se lande kry Paul uiteindelike die ingang van die plaas.
Die aand word daar gekuier tot die vroeër oggend ure.
Vrydagoggend is almal vroeg uit die vere want dit is Verneukpan toe. Boerbok-hulle (van JHB) sou al die oggend vroeg op die pad wees, so ons wil wikkel om so middagete se kant daar te kom. Paul verander gou ’n pap wiel, voertuie word gepak en ons is weer op die pad.
By Calvinia word die pap band gou reggemaak, iets vir die maag word gekry, cooler bokse word gevul met tonne ys en dan is dit net Brandvlei voor ons die pan tref.
Van Brandvlei klim ons weer op ’n grondpad vir so +/- 60km voor ons die afdraai na die plaas kry. Toe ek die eerste keer hier was, het ek myself belowe ek gaan weer terugkom want die oopte en km’s van niks is net so awesome.
Groet gou Johan & Malie (plaas eienaars) en dan is dit reguit pan toe waar Boerbok-hulle al vroegoggend op ons wag. Jacques-hulle is nog op pad en sal ons later op die pad join.
’n Kuier op een van Suid-Afrika se grootste panne is ’n belewenis en ’n avontuur op sy eie. So om jou 30st verjaarsdag hier te vier is net “out of the box”, en dit is presies hoekom ons hier was. Met die dat Marli 2 dae voor Kersfees verjaar is dit altyd moeilik om al die vriende by mekaar te kry en met die dat sy nou ’n “Adventure in the Making” is wou sy iets anders doen. #GoeieTye
Natuur besluit op die dag watse kaart hy vir jou gaan deel. Op hierdie trip het ons sommer 3 kaarte gekry. Eers begin met bloedige son en toe ons net lekker onder die gazebo’s kuier toe maak hy die pap nog so bietjie dikker met ’n wind/stof storm. Maar soos die advertensie punch line gaan: “but wait, there is more”. Wolke het nog donkerder begin raak en dit was nie lank of die eerste paar druppels (darem rustig begin) het begin val. Hou vas jou matras want hier kom ’n ding…whoop whoop.
Alles is opgepak en die hele spul het terug plaashuis toe geskiet. Paar van ons het nog agtergebly en die pan en al sy wille elemente om die vuurtjie geniet. Toe die druppels groter en meer gereeld neerkom het ons besluit om na die bos skuiling langs die pan te skuif wat effe beskut teen die wind en reën gebied het.
Alhoewel die omstandighede nie almal se “cup of tea” was nie, was dit ’n onvergeetlike belewenis om op daai vlakte te sit en die natuur se krag te voel en te weet “He is just playing with us” en as die water hard neergekom het dit ’n avontuur op sy’s eie sou gewees het om van daai pan te kom.
Terug by die plaashuis Saterdagoggend kry Jakalaas die nuus by Jerry dat groot reën geval het Beaufort West se kant en dat die beplande kuier op die plaas dalk nie die beste opsie gaan wees nie. Jakalaas het aangebied ons kuier sommer by sy plekkie…done, nou moet ons net daar kom.
Paar km van Verneukpan, op pad Vanwyksvlei toe, het die vorige aand se reën duidelik sigbaar geword. Hier het wragtig nie paar druppels geval nie… Damme water het orals in die veld gestaan en ons pad was ’n kombinasie van modder en water.
Heeltyd speeltyd….!
Na ’n vinnige stop by Vanwyksvlei is dit Carnarvon toe na die bekende Blikkies Bar . Nog ’n groot liefde van my is klein dorpies se watergate. Locals sit die counter vas en die stories is kort en hard. ’n Nuwe gesig staan soos ’n geel puisie uit en jy weet sommer hul wonder wie de donder is hierdie knape…haha.
Na so paar vinnige knertse en iets vir die maag is ons weer terug op die pad Beaufort West via Loxton toe. Jakalaas-hulle het effe vroeër gery, want hulle moes die babysitter gaan aflos.
Pad het effe verbeter, maar dit is meer te doen met die Wes-Kaap regering wat weet hoe om ’n grondpad te skraap.
By Jakalaas gekom geniet ek gou my eerste shower in 3 dae voor ons die dag se slegte pad met ’n koue brannas bespreek.
Met geen selfoon sein en beide VHF radio’s terug in die konvooi het ons kontak verloor met die res en toe ons na ’n uur by Jakalaas-hulle nog niks van hul gehoor het nie het ons geweet iets is êrens fout. Net toe Marli skakel is hulle darem in die dorp en kry ons die inligting dat Gregory se Colt van die pad afgegly en deur ’n plaas heining gegaan het. Gelukkig het niemand seergekry nie.
Reën in die Karoo is nie net mooi nie, dit is spesiaal om te ervaar.
Sondagoggend is ons vroeg uit die vere. Boerbok-hulle was al vroegoggend in die pad terug JHB toe. Meeste modder word van die voertuie gespuit en dan is dit die +/- 450km terug Kaap toe.
Wind, stof, reën, modder, hoogte & laagte punte, ooptes, vriende, vog, braai, 5 voertuie, 15 mense, ‘n bekende bar…just another road trip.
Kliek hier vir meer foto’s.