Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Tigger is hier!

tigger

Nadat ek my Isuzu DC 3.0 4×4 begin 2010 verkoop het, het ek geweet my volgende 4×4 sal net een voertuig wees. NIKS anders as ’n Land Cruiser 80 Series nie het ek myself belowe.

Alles van die voertuig het my fassineer. In 4×4 geledere word die 80 Series as ’n groot seun gesien en word getel as een van die top gunsteling voertuie sou jy Afrika wou takel.

Behalwe vir sy ongelooflike meganiese kenmerke en minimale fieterjasies, was die body van so ’n monster vir my die groot aantrekkings krag. ’n 80 Series “just looks the part” en as jy hom begin “rig” begin hy net mooier en rowwer lyk.

Begin 2012 het ons ernstig begin soek vir ’n knaap. Beide ek en Marli was weekliks op Gumtree & die LCSSA (Land Cruiser South Southern Africa) se websites, maar niks het werklik na vore gespring nie.

So skiet Marli my een Vrydag ’n link van ’n voertuig op Gumtree. Die specs het in order gelyk en toe ek die eerste foto sien, toe weet ek hier is ’n wenner. Die knaap was reeds 80% gerig gewees so ek hoof nie daai addisionele kostes nog aan te gaan nie.

Was onmiddellik op die foon met Neval (vorige eienaar). Na ’n 30min lange geselsie het ek geweet dit is die een. Onmiddellik ou Brill gekontak om sy opinie te kry. Die knaap ken sy storie as dit by die verkoop en koop van voertuie kom. Hy het sommer die eienaar direk geskakel om ’n gevoel te kry en na so paar minute met Neval op die foon het Brill laat weet hy is happy met die koop, ek kan maar voortgaan.

Johann Meyer (Mnr Land Cruiser homself) van JB Auto Spares was tweede op die lysie. Na vele oproepe het Johann ook laat weet dit is ’n goeie kopie – checked.

Laaste op die lys was vroulief. Ons het die aand die pro’s (waar begin mens…net te veel) en con’s (swaar op die sous) opgeweeg en alles het daarop gewys dat hierdie knaap deel van ons familie moet word….en sommer gou ook.

Maand later is ek op Pretoria toe om Neval en sy yster te ontmoet. By my aankoms was ek bietjie ge-rattled toe ek sien hoe groot die knaap regtig was. Alles van hom was groot: body, muds, engine, gearbox…

Paar klein goedjies moes reggemaak het en ek en Neval het blad geskud. Die transaksie was so 2 weke later finaliseer en reëlings is gemaak om die knaap hier onder te kry.

Soos my luck dit wou he, het ons betroubare trokdrywers besluit om ons land aan die brand te steek so geen vervoermaatskappy wou dit waag om hul voertuie op die pad te sit nie.

Na NOG 2 weke se wag het die knaap uiteindelik in die Boland aangekom Was die eerste keer wat Marli hom gesien het en mens kon sien sy was ook oor die maan toe sy werklik sien hoe groot die knaap is.

Hoop dit is die begin van vele avonture met ou Tigger.

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a comment