
Met die dat die kinders se skedule deesdae besiger is as ons sin, is ʼn oop naweek soos wit tande. En (hierdie is die swaar pil om te sluk) dit is amper 4 maande laas wat ons gekamp het so dit alleen is ʼn verdomde sonde.
Paar vriende het Guano Caves aanbeveel en na ʼn klein hick-up met hul besprekings metode is alles, uiteindelik, gefinaliseer en was ons gepak en reg vir 3 aande se kamp Paasnaweek.
Daar was GEEN stilte (opgewondenheid) in die Cruiser van die huis tot by Guano Caves nie. Met ons aankoms het die fietse skaars grond gevat toe Jean & Lian letterlik verdwyn het saam met die vrag ander kinders.
Ons staanplek (#13) was omsingel met families met kinders en dit het die seuns minute gevat om nuwe vriende te maak. Op tye was hul vir ure lang weg dan moet ons eers deur die kampterrein loop om hul te soek. Was eintlik net meer bekommerd oor Lian dat die groter kinders hom nie dalk êrens alleen sal los nie, maar die klein knaap het hom nie laat afsit deur die groter maatjies nie en hy was ook gou deel van die bende gewees met ouer broer wat darem ʼn ogie hou hier en daar.
Guano Caves is +/- 6km buite Montagu op die R62 op pad Barrydale toe. Die oord spog met ʼn ton aktiwiteite bv. restaurant, 4 swembaddens waarvan 2 verhit is, perd & trekker ritte, diere park…
Die oord is eintlik meer bekend vir sy vlermuis grot (soos mens kan aflei uit die naam) en hierdie uitstappie met die trekker tot by die grot was een van die hoogtepunte vir die seuns.
Alhoewel die weer die altyd in ons kant was nie (reën en wind die Saterdagaand), was dit een puik familie wegbreek. Net weer besef hoe bevoorreg ons is om hierdie avonture met ons kinders te kan deel. Dink hulle is sommer klaar weer reg vir die volgende kamp.
Marli so waar is die volgende een?
Kliek hier vir meer foto’s.