Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Kagga Kamma

Kagga Kamma

Met die dat somer sy kop begin uit steek en die ergste koue en reën agter ons is dit nou die ideale tyd om in die veld te kom met die kinders.

Donderdagoggend en die laaste paar los goedjies word aangeskaf voor ons in die pad val vir ʼn 3 dae wegbreek. Die kinders kan nie meer die afwagting hanteer nie en was al van vroegoggend in die Cruiser.

In Ceres word die Cruiser se tanks vol gemaak terwyl ons wag vir die Van Tonder’s (Danie, Elizann & kinders). Van hier is dit op teen die Gydo pas tot by die klein dorpie, Op-Die-Berg, waar Danie sy Jeep vol maak. Net na die dorpie kry jy die eerste Kagga Kamma bordjie waarna jy regs draai. Van hier is dit ʼn grond pad tot by die reservaat.

ʼn Vinnige pitstop (wors op die kole en ʼn koue bier vir die dors) word eers geniet in die rivierloop voor daar weer in die pad geval word.

Met die dat die Laas’e (Paul & Marina) en Swart’s (Jaco, Anene & kinders) ons eers Vrydag gaan join is dit net ons twee gesinne wat die eerste aand gaan kamp by Bobbejaanskrans (4×4 kamp). Die laaste ys en water word gekoop voor ons die roete skud-skud aanpak.

Bobbejaanskrans is ten volle selfonderhoudend en is geleë tussen ʼn paar klip koppies. Die enjins was nog nie eers af nie en die kinders is die koppies is soos mal dassies. Paradys vir enige kind.

Kamp word opgeslaan en ʼn koue lafenisse word geniet onder die Jeep se awning. Toe die son se hittige strale uiteindelik agter die klip koppies verdwyn word die vuur aangesteek. Daar gaan nou groot gebraai word, want dit is mos wat ons Suid-Afrikaners doen op Braaidag.

Niks so lekker om in die natuur te wees om ʼn vuur en jou kinders te hoor lag soos hul speel.

Vrydagoggend en kamp word opgeslaan na koffie & beskuit. Die Laase en Swart’s join ons groepie vandag vir die volgende twee aande by die Swartrug kamp.

Later die middag toe ons voltallig (4 families) was het die kinders gou eers die swembad gaan toets voor Jaco later die middag met sy swartwildebees pot begin het en mens was daai pot nou nie vir jou watertand lekker nie. Dink ek het myself vergryp aan ʼn paar borde…eish.

Saterdagoggend en die kinders is sommer al vroeg-vroeg uit die tent en besig om gisteraand se vuur weer aan die gang te kry. Later word die aanvraag/karring dat hulle hul eie vuur wil hê net te erg dat Danie besluit om ʼn gat in die grond te grawe waar die kinders hul eie vuurtjie kan maak.

kagga kamma_24

Res van die middag was maar om die swembad en die vuur spandeer voor ons vir ʼn vinnige recce gery het om na die rotstekeninge te gaan soek.

Terug by die kamp en daar word besluit ons kan NIE die groot toets, Bokke vs Samoa, misloop nie.

Alles wat leef en beef word in die trokke gegooi en ons vat die pad restaurant toe waar ons ons vasloop in ʼn “kerk gevoel growd”. Eers gedog hul saai dalk die wêreldbeker in rolbal uit as ek so na die groepie mense in die bar gekyk het, maar het tot my skok besef hul kyk wel die rugby. Was seker maar nog in skok van die vorige week se verloor teen Japan.

kagga kamma_19

Dit het ons nie laat huiwer om ʼn goeie tyd te hê nie en met ʼn db brannas & coke vir net R20 skille kan enige mens mos net ʼn goeie tyd het…

Terug by die kamp word daar groot steaks gebraai. Die lewe is ʼn lied, die Bokke het gewen so die gees en samesyn loop sterk.

Sondagoggend word kamp op geslaan na ʼn groot ontbyt. Daar word besluit ons moet dalk ietsie vir die keel by die Tankwa Karoo Padstal kry.

Die donderwolke stoot nader en die wind begin hard stoot soos ons die Tankwa vallei af sak. Orals spring klein tornado’s op en daar moet kop gehou word as ‘n voertuig van voor verby kom.

Na ʼn rustige Old Brown Cherry word daar gegroet vir die laaste keer voor almal die pad vat huis toe.

@Danie & Elizann – baie dankie vir al die reelings.

@Jaco & Anene – was lekker om te ontmoet het en hoop ons kamp sommer gou weer saam.

@Paul & Marina – altyd lekker saam goue mense soos julle.

Kliek hier vir meer foto’s.

Related Posts

Comments (1)

[…] hierdie lekker “mal” groep te kamp elke November. Lees gerus die vorige jare se artikels hier: 2015, 2016 en een vroeer die […]

Leave a comment