Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Vloedbos

Vloedbos

Oor die jare was ek al bevoorreg om verskeie van Suid Afrika se kampplekke te kon besoek het. Nie almal was iets om oor huis toe te skryf nie, maar ʼn avontuur bly ʼn avontuur.

Na ons onlangse besoek aan Vloedbos moet ek bieg dat hierdie stukkie kinder paradys tussen Caledon & Berdasdorp tans na #1 op my lysie van kampplekke gespring het.

Dit is een van daai kampplekke wat fokus op aktiwiteit vir die familie, maar meer belangrik vir die kinders. Min kampplekke spog met so ʼn aktiwiteite lysie:

  • Supertube en speed slide
  • Warm en koue water swembaddens
  • Kontant winkel
  • Vierwiel motorfiets baan
  • Bergfiets bane
  • Staproetes
  • Voël verkenning
  • Visvang
  • Trampoline, swaaie en put-put
  • Aktiwiteits saal met pool tafel, tennis tafel en groot skerm rugby
  • 4X4 Baan
  • Paintball
  • Boomhuis
  • Driving range

Dus, met so ʼn aktiwiteite lys vir kinders is al wat kort kinders. Die idee na ʼn paar vrinne geskiet en voor ek my kon kry was ons 18 groot mense (9 gesinne) en 16 kinders. Die spannetjie vir die naweek het soos volg gelyk:

  1. Ek & Marli + 2 kinders
  2. Paul & Marina
  3. Petrus & Lisha + 2 kinders
  4. Pannie & Candy + 2 kinders
  5. Phillip & Ronel + 2 kinders
  6. Dirk & Marion + 2 kinders
  7. Tertius & Zanre + 2 kinders
  8. Nicus & Nadia + 2 kinders
  9. Theunis & Sophia + 2 kinders

02

Ongelukkig was die weer nie heeltemal aan ons kant gewees nie en het ligte reën buie en wind soms deur getrek. Dit het wel nie die kinders en die pa’s weg gehou van die supertube & speed slide nie. As daai hooter afgegaan het (om aan te dui dit is nou oop) het die kinders ore plat getrek en gesleep na daai blou wurm pyp wat water uit spoeg.

37

Wat so naweek regtig lekker maak is die mense saam met wie jy dit aanpak. Ek dink almal is sommer klaar lus vir die volgende een.

Groot dankie aan die hele spannetjie wat die naweek so kick-ass gemaak het.

Kliek hier vir meer foto’s.

Comments (3)

Baie dankie Henry vir die “awesome” terugvoering oor Vloedbos op jou blog. Dit maak ons harte soo bly om sulke mooi goed te hoor van ons Kampterrein. Ons hoop om julle vinnig weer te sien!

Vriendelike Groete
Mariska

Ons sien verskriklik uit daarna om te gaan vir 10 dae nou in Desember. Net jammer daai waterwurm is so duur. Sal hom net een dag kan ry.

Baie jaloers. Sal definitief volgende keer langer kuier. Hoop by die winkel, want ons het ‘n naweek pass vir ons seuntjie gekoop wat hom toegang gee die hele naweek vir unlimited rides. Geniet en travel veilig.

Leave a comment