
So maand gelede kom die info deur dat Wellington Dukes (Old Boys rugby span) hul jaarlikse rugby dag Saterdag 5 Oktober by Groendal Sports gronde (Franschhoek) hou.
Kalender word onmiddellik geraadpleeg, om te sien of SWAMBO ons nie weer in geboelie het vir iets nie, en voor ek my kon kry bevestig ek dat hul my naampie op hul lysie kan skribbel.
Het maklik 10 jaar laas rugby stewels aangehad so moes eers ’n paar leen, steel, skollie…
Is hierdie besluit van my ’n wyse, bravade, onnosele, asemrowende, ongelooflike, dom…(lys kan nog vêr aangaan) besluit? Wel ons sal sien as daai stewels die veld tref…
Durbanville & Paarl speel die eerste game en onmiddellik is ek verbaas hoe vinnig beide spanne die bal versprei. ’n Angs kalmte (gevoel wat jy kry voor jy toilet toe sprint) daal oor my en ek weet ek sal moet bid vir die volle 40min want daar is nie ’n manier my fiksheid gaan dit hou nie…
Eindfluitjie blaas en dit is sulke tyd…Soos ek kleedkamer toe loop kom Jean sê hoekom vrae by my op en sommer tonne daarvan. Hoekom is jy hier Henry? Hoekom dink jy jy kan dit doen jou dom aap? Hoekom het jy nie maar geoefen nie?…
Kleedkamer kry lewe en almal pas broeke en truie aan. Reality skop in toe ek die groen trui (haal asem, dit is nie ’n Bok trui nie) oor my kop trek en vir ’n split sekonde wonder ek hoe die paramedic die trui van my gaan afkry sou ek ’n hartaanval kry, of ’n besering fake om ’n hartaanval te voorkom.
Oldies kleedkamer (video)
Hierdie is nie Loftus of Nuweland nie – nee pappie, die skare is meer geworried wie gaan die volgende bier koop en vertel hoe hul mekaar in hul moer geduik het gedurende hul game.
Kraggies praat strategie in die “huddle” en al waaraan ek dink is ek ken niemand hier nie (net Kraggies) so ek sal maar HEY, JY, JOY skreeu vir die bal.
“Lekker een op drie kêrels”, skreeu Kraggies die bevel uit
1 – 2 – 3
“OU MANNE!”, en die huddle breek op.
Terwyl ek nader stap vir die afskop besef ek maar die ouens om my is effe groter as die Valsbaai manne so daar was wysheid in Kraggies & Wayne se strategie om die bal by die voorspelers te hou.
Fluitjie blaas…
Eerste kontak en die hoekoms en waaroms is by die agterdeur uit. Alhoewel die kontak hard is, is daar ’n goeie gees tussen die twee spanne. Daai van ek hardloop jou in jou moer en dan lag ons daaroor op die grond.
Die kort van die lang storie is wat ’n ongelooflike ervaring om dit weer te beleef het na soveel jare. Die fiksheid was definitief ’n groot faktor en sal aangewerk moet word voor volgende jaar se seisoen, maar bliksem dit was regtig lekker.
Kraggies dankie vir al die reëlings en dan ook ’n groot dankie vir al die kêrels wat ek daar ontmoet het. Hoop om volgende jaar mekaar beter te leer ken op en van die veld.
Lekker man, Lekker. Goed geskryf. Touchies sal goed wees maar sal iewers bitjie kontak ook moet maak. Was ma seer gewees Sondag…..
Ons sal net moet oefen vooraf ou grote. Sal nie nog 40min onfiks kan handle nie
Great man! Ons gaan sommer lekker saamspeel volgende jaar!