Was nog nooit ‘n groot fan van motorsport gewees nie, maar soos alles in die lewe het dit vinnig verander toe my paaie gekruis het met my groot pal, Ruan de Kock, so paar jaar terug. Die knaap is verby mal oor voertuie en is ook die columnist op Willeklong wat ons alles van voertuie en die sport vertel.
Nou Ruan ken karre soos ek die talent het om ‘n situasie op te kan som as ek weet die k*k gaan die fan slaan, maar as daar nou een ding is wat hy wragtig goed ken is dit die motorsport rally. So toe hy my so week gelede laat weet het ek moet my goedjies reg kry want dit is weer tyd vir die Subaru Cape Rally naby Moorreesburg het ek geweet dit is weer tyd vir tyres en gravel wat vlieg.
Saterdagoggend 06h00 ontplof my wekker langs my en dit voel of ek net links van die dood verby gaan. F*kkit wanneer gaan ek rus kry wonder ek soos ek die bed uit val. Nes ek my skoene vasmaak drentel Mati (mal Duitser) my kamer binne en die ding is ook nog verby deur die k*k. Kry die res van die wetters (BoerBok, Gissela, Madre, Ruan & sy pa) by die Engen op die N7 so uur later en toe is dit reguit vir die eerste spectator point.
+/- 8km voor Moorreesburg draai ons links van die N7 en is op ‘n grondpad wat verby k*k en glibberig is. Die hemel voeter ons met water en elke km wens ek dat dit tog net moet stop want ek wil nie vandag soos ‘n nat hond ruik nie.
By die eerste spectator point gekom skud ek my kop, want die baan is so uit gelê dat die karre tussen twee skure moet deur voeter. Die reën kom nogsteeds neer en sprake van ophou is daar net nie.
Skielik hoor jy die fluitjie in die verte en broertjie die aarde begin bewe. Nou ek ken nou nie name en al daai k*k en hare nie, maar ek weet Ruan is n helse VW fan en hy is sommer heelvoor teen die lint want dit is sy knaap wat eerste kom.
Jannie Habug ontplof om die draai en mense dit is seker die moeilikste ding om ooit te verduidelik om te sien hoe daai knaap deur ‘n spasie gaan waar ek nie eers 40km/h sal deur gaan nie sleep hulle met oop ketels. Jy raak so opgewonde dat jy nie eers meer worry oor die reën nie. Jy gil en skreeu en juig waar jy kan.
Nadat die eerste 10 karre deur is is dit weer terug in die voertuie en na die volgende stage. Die pad raak net swakker en swakker en na die 3de watergat wat ons deur is reken Ruan hy sal nie met sy golfie deur nog ene kan gaan nie. Skiep toe daai ene en skiet reguit na die laaste stage. Hierdie was verlede jaar se laaste stage ook en is by verre die beste een vir spectators. Die skare het seker nou al verdriedubbel en dit is net vervaadigers wat goedjies weg gee waar hulle kan.
Fluitjies skreeu deur die lig en so paar sekondes later skreeu die eerste kar verby. Aai mense jy kan nie staan en nie smile nie. Jy kry hierdie masiewe respek vir die knape wat jaag asof dit die einde van die wereld is. STUNNING man!!!
Maar soos enige iets in die lewe kom die dag ook tot ‘n einde en met geen droë plek op my lyf nie is dit terug in Tigger en met rally style terug huis toe vir ‘n warm shower.