Dit was weer daai tyd van die jaar, waar ons span (Clikit Media) weer so bietjie stoom moes afblaas na ʼn baie interessante jaar.
Soos altyd is hierdie geleentheid nie net gepaard met ʼn lekker ete & paar drankies nie, maar ook ʼn avontuur wat aangepak moet word.
Almal het voorstelle vir Elzet (ons Hoof van Kliëntediens) gestuur en op die einde is daar besluit om Scootours se “Adventure” opsie by Franschhoek.
Die spannetjie het Saterdagmiddag so net voor 2pm by La Couronne Wine Estate aangemeld waar ons gashere vir ons reeds gewag het.
Na ʼn vinnige toets lopie, is ons op teen die berg uit waar die regte avontuur sy buiging gemaak het. Die opwinding was groot en om elke draai en bult was daar eers gestop en gelag en gekyk of die volgende een dit gaan maak.
Uiteindelik aan die voet van die berg is ons weer die bussies in en die keer die pas op tot bo op die grein van die berg. Voor jy die berg afsak na Theewaterskloof dam is daar ʼn parkeerplek op die linkerkant, waar ons weer afgelaai word. Van hier volg ons ʼn kronkelende paadjie al langs die hoofpad die berg af.
Na so uur of wat word ons weer gegroet deur ons twee bussies. Ons avontuur het einde se kant toe gestaan, maar daar was darem nog tyd vir een finale stretch voor ons weer by La Couronne Wine Estate stop.
Teen die tyd het die honger almal oorval so dit was soos blits en ons was by Col’Cacchio om pizza’s en koue biere te geniet.
Dankie vir ʼn fantastiese jaar almal. 2018 gaan ʼn grote wees vir ons almal.
Loer gerus na ‘n paar kiekies hier.