
Woorde soos Smitswinkel, Chappies (Chapmans Peak) en Suikerbossie sal ek nie sommer gou vergeet nie. Het al so baie daarvan gehoor, maar die Sondag 6 Maart 2016 het ek eerstehands gevoel om die bekende, gevreesde & respekteerde roetes te ry tydens my EERSTE Cape Town Cycle Tour 2016 (109km).
Die Argus is nie net ʼn ikoniese resies nie, maar ook die grootste van sy soort in die wêreld. Dus, toe een van my kollegas (Elzet Cronje) met die voorstel kom dat ons die knaap (resies) moet aanpak saam met die MAD Foundation was die koeël deur die kerk.
Inskrywings is voltooi en betaal sonder dat nie een van ons twee ʼn fiets besit nie…haha. Martelpype is aangeskaf en voor ons ons oë kan uit vee is dit die oggend van 6 Maart 2016.
Ontmoet vir Maggi (Elzet se vriendin en wat ook by die MAD Foundation werk) en ʼn laaste koffie word eers geniet by die BMW Pavilian (dankie MAD) voor ons na die “START” beweeg.
9h30 en ons groep (7B) begin die 109km Cape Town Cycle Tour 2016. Al die praat en angs is iets van die verlede en nou is ons kniediep in die ding.
ʼn Kort opsomming van hoe ek die resies beleef het.
- WELGEDAAN Kaapstad! Die hele proses van die inskrywing tot die einde was seepglad en so goed beplan.
- Het saam met twee YSTER dames gery wat elke oomblik ʼn “jol” daarvan gemaak het. Van die begin tot die einde het ons saam gery. Sal definitief 2017 weer so moet maak dames.
- 109km is maar bliksems ver – PUNT!
- Het my 1st Argus op 90% Crossfit & 10% pad oefening gedoen. Om spesifiek te wees ek het net 9 keer gery vandat ek my fiets gekoop het haha.
- Smitswinkel, Chapmans Peak & Suikerbossie is name wat jy nie gou sal vergeet as jy die Argus al gery het nie en ja die laaste twee gaan jou hard toets.
- Daar is tonne fietsryers so jy met heeltyd wakker wees waar jy ry, anders ry jy dalk voor iemand in.
- Ek dink as jy hom een keer gedoen het is dit soos ʼn gogga wat jou byt – jy gaan hom elke jaar weer en weer wil doen.
Weereens groot dankie aan MAD Foundation vir al die pre & post reëlings. En dan laastens aan Elzet & Maggi wat se kick-ass spirit dit so ʼn awesome geleentheid gemaak het – dankie girls, jul was awesome.
Kliek hier vir meer foto’s.
Dit was die GROOTSTE plesier om dit saam met jou te doen Henry! Ons maak verseker weer so!