Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

NZ toets en besoek aan ouers

Dit voel soos jare wat ek en Marli laas ’n lekker breuk gevat het, en toe Adri (my suster) sê sy het vir ons en my pa-hulle kaartjies na die Bokke vs NZ toe in PE was dit net die teken wat ons gesoek het om weg te kom.

Die week (+ 2 naweke) sou in 4 afdelings gedeel word.

Eerstens was daar die toets in PE en kuier by my sus en swaar-hulle. Moet sê ek het lanklaas so lekker gees beleef by ’n rugby game – welgedaan PE en jul kan regtig baie trots wees op jul nuwe stadion. Dit was ook die eerste keer dat ek en my pa saam ’n All Black toets gesien het en ek is bly die ou grote het dit baie geniet. Die haka bly maar net ’n awesome gebaar en dit is maar net iets wat jy moet respekteer…

Van daar is ons (+ ouers) die Sondag na ’n rustige baaitjie Oos-Londen toe waar ons vir 4 dae saam met my ouers sou kuier en meer belangrik dat my ma-hulle kwaliteit tyd met Jean kon spandeer. Hul sien hom regtig min en die keer wanneer hulle hom wel sien skrik hy hom dood want dan weet hy nie wie hierdie mense is wat so hard praat nie.

Iets wat my opgeval het van Oos-Londen is hoe die stad agter uitgegaan het. Ek was regtig geskok gewees en kon nie glo dit is die mooi stad waarin ek grootgeword het nie. Daar is GEEN teken van ’n munisipaliteit nie – soos in NIKS nie. Huis en streekbeplanning is ook iets van die verlede – shacks word op enige moontlike oop area opgerig….Ek was regtig stom geslaan gewees.

Maar dit daargelaat – dink nie Oos-Londen sal weer gered kan word nie…so jammerte.

Die Donderdagoggend was ons weer op die pad die keer huis se kant toe. Marli het vir ons twee aande gebook by ’n oulike self catering plekkie in The Lakes by Wildernis. Die weer was maar goor en dit het ons perfek gepas want ons het so min as moontlik gedoen terwyl ons aan ’n soet wyntjie + sjokolade peusel.

Saterdagoggend was daar vir die laaste keer kar gepak gewees. Die keer is dit Mosselbaai toe en dan skiet ons regs Oudtshoorn toe waar ons twee stoppe gemaak het. Eers by ouma sodat Jean bietjie tyd saam met sy groot ouma kan spandeer en toe na Brill en Margo vir middagete in hul nuwe plekkie wat hul onlangs gekoop het. Was weer goed om al die bekende gesigte op die dorp te sien, maar met die wete dat daar nog so 4-5 ure se ry vir ons voorgelê het, het ons die laaste skof so net na 13h00 begin.

Final stop was so voor of na (nie nou so seker nie) 18h00 by ons plekkie te Wellington.

Die tydjie weg van die dag tot dag se geraas was lekker….aai as dit maar net kon langer gewees het.

Leave a comment