Ons Weskus avontuur begin in die klein kusdorpie van Elandsbaai. Met die dat Noup +/- 520km van Wellington is, sou die afstand net te lank gewees het vir die twee honde (Pepsi & Mila), wat ons vergesel op hierdie avontuur. Die bakkie het skaars by Elandsbaai gestop en die honde kon nie vinnig genoeg die voertuig uit nie. Kamp is opgeslaan en dan is dit reguit strand toe met die honde. Terug by die kamp het ʼn groot Rummikub toernooi begin terwyl die vuur lekker knetter. Volgende oggend is kamp…
Besigheid
Dit was weer daai tyd van die jaar, waar ons span (Clikit Media) weer so bietjie stoom moes afblaas na ʼn baie interessante jaar. Soos altyd is hierdie geleentheid nie net gepaard met ʼn lekker ete & paar drankies nie, maar ook ʼn avontuur wat aangepak moet word. Almal het voorstelle vir Elzet (ons Hoof van Kliëntediens) gestuur en op die einde is daar besluit om Scootours se “Adventure” opsie by Franschhoek. Die spannetjie het Saterdagmiddag so net voor 2pm by La Couronne Wine Estate aangemeld waar ons gashere vir ons…
Met die dat een van ons maatskappy se grootste tegnologie verskaffers in Nashville USA is, was dit noodsaaklik dat na 5 jaar van besigheid doen met hulle dat ons (ek en my vennoot, Hermanus) op ʼn vliegtuig spring en gaan blad skud met die manne en sommer ook ʼn paar koues saam geniet. Terwyl ons na vlugte vir my kyk gekyk het (Hermanus sou reeds in die USA wees tydens ʼn roadtrip saam met sy broers, so sy vlugte was reeds gedek gewees), het dit duidelik geword ʼn stop in die…
Lankal geweet ek en die korporatiewe monster gaan nie om dieselfde tafel kan sit nie. Ek is net nie aanmekaar gesit daarvoor nie. Waarvoor ek wel gemaak is, en wat veroorsaak dat ek elke oggend wil werk toe kom, is om saam met ʼn dinamiese groep mense te werk wat dieselfde werksetiek as ek het. Ons almal het dieselfde uitkyk. Ons kliente kom eerste. Ons streef daarna om sover moontlik ons kliente te akkommodeer en oor die jare het ons baie hegte bande gebind met verskeie van hulle. Soos die gesegde…
Hoe som mens die laaste 3 maande op…eerlik ek dink dit is amper onmoontlik. 2011 was een van ons besigste jare ooit en hoop 2012 is nie eers naby so mal nie. Die meeste was positief en hier en daar het so negatiewe dingetjie wel sy kop uitgesteek. Een van die positiewe komponente wat ek graag wil beklemtoon is die demerger van die Rocketseed SA besigheid. Ek en John Cooper (eienaar van Rocketseed Int.) is nou die mede-eienaars van Clikit Media wat die eksklusiewe distribusie regte vir Rocketseed Mail vir die…