Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Karel se bachelors

Karel_bachelors

Die naweek was dit weer sulke tyd – die voorbereidings diens (bachelors) voor die groot man, Karel, offisieel gaan val (troue).

Soos vorige bachelors artikel op die webtuiste is die doel van die artikel nie om in-diepte te gaan en uit te brei oor die naweek se “skade” nie, maar meer om die avontuurtjie te log.

Paar goed moet wel uit gesonder word:

  • Bliksem maar Christo het weereens gewys hoekom hy Mnr Potmaak is. Lanklaas gesien hoe manne ʼn groot pot verniel.
  • Die Houthuisie 7km buite Bonnievale se ligging is maar net ideaal vir sulke kuiers.
  • PB (Pierre-Benn) het besef daar is ʼn verskil om te droom van Aussies in hul moer te duik en actually in ʼn kas vas te duik … eish, gee krag en genade.
  • Ruan se visvang tegniek maak my bekommerd. Moet my nie verkeerd verstaan nie, die lus en passie is daar, maar as ek so na van sy tegnieke luister worry ek oor ons volgende visvang trippie saam.

Dankie vir al die reëlings Christo & great naweek kêrels. Dink die troue gaan ʼn grote wees!

Leave a comment