Tydens ‘n soort-van-n-rustige-kuiertjie by Paul saam met die res van die gruwelooslike knape word daar sonder keer of angs besluit dit is tyd om weer ons kwartaallikse skaapkop ete te vuur. Groot Jacques (die knaap is maar net moer groot – duh) kom met die spoggerige voorstel dat sy tannie en oom boer so net duskant Stormsvlei en hy dink hulle sal dit geniet as ons daar kom laer trek vir ʼn naweek. Bevestiging kom deur van die tannie dat sy vir ons wag en die dagboeke word onmiddellik opgedateer. So…
Met die dat Marli tans oorsee (Egipte & Spanje) reis, is daar geen rede om ʼn naweek tuis te wees nie. Dus het ek en Christo besluit om die seuns bietjie vir ʼn kamp te neem. Het al van verskeie vriende van Jamaka Organic Farm & Resort in die Cederberge gehoor en met die dat ek jare laas in die Cederberge was, was hierdie net die verskoning wat ek nodig gehad het. Vrydagmiddag 4pm kry ons vir Christo & Ewan by Kardoesie aan die bo kant van die Piekenierskloofpas. Die kinders…
Saterdag, 19 November 2016, kom 5 van ons bymekaar om 1) ʼn paar koues saam te geniet, en 2) meer belangrik om ʼn datum te finaliseer vir ons Weskus kuslyn 4×4 toer. Definitief nie ons moeders se mooiste kinders nie, maar almal het wel dieselfde lus vir ʼn groot avontuur na die vreemde en dus is beplanning nie van kardinale belang nie, want beplanning vorm hoe ʼn trip moet beloop en dit is die laaste van ons behoeftes. Ons weet waar ons wil begin en waar en wanneer ons tuis moet…
Nie ʼn groot persoon wat daarvan hou om Nuwejaars voornemens te skep nie, maar wil definitief daarop fokus om hierdie jaar (2017) meer gereeld met die familie te gaan kamp. Die seuns is nou op daai ouderdom dat hul alles daarvan geniet. As ons by die huis kom terug van ʼn kamp word daar reeds gevra wanneer die volgende een is. Dus toe Paul & Marina met die uitnodiging kom of ons wil join vir ʼn kamp by Khomeesdrif was die antwoord maklik. Khomeesdrif se afdraai is so 2km voor Riviersonderend….
In 2015 het dit amper gevoel of die hele Kaap by die Cape Town HSBC 7’s was. So, toe Phillip/Ronel gevra het ons of hul die jaar wil join saam met ʼn paar ander vriende het ons onmiddellik ingestem. Die BlitzBokke het verlede jaar die series gewen in die Kaap, en met die dat hul klaar die 1st skof in Dubai van die nuwe series gewen het, was daar groot verwagting van die tuis skare dat hul hierdie jaar se Kaapstad skof weer gaan wen. Ongelukkig was geluk nie aan ons…
Soos met ons Leeuwenboschfontein kamp einde verlede maand het dit hierdie spannetjie (Jonker, Van Tonder, Laas & Swart) net so bietjie meer as ʼn jaar geneem om weer die kamp ding te doen. Dus toe Danie met die voorstel kom dat ons weer ʼn reünie moet hou het almal begin om moontlike bestemmings in die pot te gooi. Dit was tyd dat ons ʼn nuwe plek moet gaan verken. Met die dat niemand al by Baliesgat was nie was die besluit sommer vir ons gemaak. Danie-hulle het besluit ʼn naweek is…
Die feit dat dit ons klomp manne amper 3 jaar geneem het om weer saam te kamp is wraggies ʼn skande! Maar soos die gesegde gaan – liewers laat as nooit. Middel Augustus het ek die 1st keer van Leeuwenboschfontein te hore gekom toe ons in die vallei langs die plaas gekuier het saam met vriende. Seker gemaak ek het dit op my “to-do” lysie gesit en toe ons (ek, Jacques & Frans) een laat middag gesels het dat ons weer ʼn kamp moet doen het dit na die ideale geleentheid…
Ek love om weg te breek in die winter maande. Waar ander liewers tuis knussig onder die komberse voor die heater/kaggel wil wees, sal ek liewers êrens in die berge/veld in my tent of klip huisie die stilte en geselskap geniet. So toe die Saayman’s met die voorstel kom dat ons by vriende van hul ouers se plekkie in Nougaspoort gaan vir die naweek het ons onmiddellik in gestem. Donderdagaand en ʼn siek vrou stap ons huis binne van ʼn 3 dae besigheid trip in JHB. Vrydagoggend en sy is 1st…
As dit winter is MOET mens ʼn draai gaan maak in die Karoo. Die Karoo se winters is iets spesiaal en dit is iets wat mens moet beleef as jy nog nie die voorreg gehad het nie. Die PVA was eenvoudig: 4 knape (ek, Paul, Ruan & Marnus) met Paul se legendariese 1984 Isuzu bakkie (enkel kajuit), doen ʼn sirkel roete via Ceres, Tankwa Karoo, Gannaga pas, Middelpos, Sutherland, Ouberg pas, Ceres en dan weer tuis. Met reën wat die Saterdagaand gedreig het, is daar op 99 besluit om liewers die…
Oor die jare was ek al bevoorreg om verskeie van Suid Afrika se kampplekke te kon besoek het. Nie almal was iets om oor huis toe te skryf nie, maar ʼn avontuur bly ʼn avontuur. Na ons onlangse besoek aan Vloedbos moet ek bieg dat hierdie stukkie kinder paradys tussen Caledon & Berdasdorp tans na #1 op my lysie van kampplekke gespring het. Dit is een van daai kampplekke wat fokus op aktiwiteit vir die familie, maar meer belangrik vir die kinders. Min kampplekke spog met so ʼn aktiwiteite lysie: Supertube…

