Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Skaapkop Ete

skaapkop ete

Tydens ‘n soort-van-n-rustige-kuiertjie by Paul saam met die res van die gruwelooslike knape word daar sonder keer of angs besluit dit is tyd om weer ons kwartaallikse skaapkop ete te vuur.

Groot Jacques (die knaap is maar net moer groot – duh) kom met die spoggerige voorstel dat sy tannie en oom boer so net duskant Stormsvlei en hy dink hulle sal dit geniet as ons daar kom laer trek vir ʼn naweek.

Bevestiging kom deur van die tannie dat sy vir ons wag en die dagboeke word onmiddellik opgedateer.

So kom die groot naweek en die WhatsApp groep (waarop al die manne is) begin sommer bewe van opgewondenheid. Vrydagmiddag so 4pm val ons in die pad Stormsvlei via Robertson toe. Ons, die Groenewald’s & Dreyer’s ry dieselfde tyd met die Laas’e en Frans (hy alleen) kort op ons gat.

By oom Dennis & tannie Rene op die plaas aangekom word daar eers blad geskud voor ons “tente-dorp” staande kom op die groot, immergroen grasperk langs die plaashuis.

Skaapkop Ete

Oom Dennies en oom Piet het intussen groot vuur in die huis gemaak, met die dat hulle vir ons wag. Soos enige Vrydagaand tydens ʼn kamp naweek was die kuier en geselskap uit die boonste rakke. Dan praat ons nie eers van alle die geregte wat op die roosters drapeer was nie: skaaprib, sjops, wors, pofaddertjies, hoender skilpadjies…

Saterdag en die groot dag het aangebreuk. Frans & Paul was sommer vroeg middag al woelig met die voorbereiding van die koppe.

Skaapkop Ete

Die kinders het die plaaswerf plat gespeel en het hulle maar min in die huis gekry. Pure genot vir enige ouer haha.

Kort voormiddag en almal gaan verken die rivier aan die onderkant van die plaas. Paar manne wys die kinders hoe om klippies op die rivier te bons terwyl die jongspan oorvat en ongeveer 2,000 klippies die rivier infoeter.

So net na 12h00 en almal is hard aan die werk om die koppe in die 3 oonde te kry. 12h30 en al 15 skaapkoppe is reg en in die oond. Die vrouens besluit om die middag rustig te verkeer terwyl ons paar manne om die vuur sit en teug aan ʼn vuil Coke of 10.

Kort voor lank en die res van die kuiermense daag op: Jacques se 2 neefs (Dirkie & Pieter) en niggie (Mariëtte) en die se families. Nou is daar ʼn vrag kinders wat buite speel en nou sien ons eers nie meer die kinders nie hahaha.

Laat middag en die kouer forseer die hele span terug in die braaikamer om die vuur.

Skaapkop Ete

Jacques het intussen met die pot begin vir die dames wat nog nie kans sien vir ʼn “smiley” nie (net tannie Rene sou ons manne join vir die skaapkop ete).

8 ure later (20h30) en Frans laat weet hy is tevrede en dan almal maar kan nader staan vir die groot ete. Soos altyd is daar min manne wat ʼn kop so lekker gaar kan maak as ou Frans. Die knaap ken van!

Dit was wraggies ʼn puik naweek. Lekker nuwe mense ontmoet en weer saam met ou gesigte gekuier.

Oom Dennis & tannie Rene baie dankie vir julle warm gasvryheid. Julle het ʼn vrag nuwe mense in jul huis in geneem asof almal deel is van julle familie. Jacques & Frans dankie vir AL julle moeite met die kos en reëlings.

So waar is die volgende een kerels?

Skaapkop Ete

Skaapkop Ete

Leave a comment