Ek love om weg te breek in die winter maande. Waar ander liewers tuis knussig onder die komberse voor die heater/kaggel wil wees, sal ek liewers êrens in die berge/veld in my tent of klip huisie die stilte en geselskap geniet.
So toe die Saayman’s met die voorstel kom dat ons by vriende van hul ouers se plekkie in Nougaspoort gaan vir die naweek het ons onmiddellik in gestem.
Donderdagaand en ʼn siek vrou stap ons huis binne van ʼn 3 dae besigheid trip in JHB. Vrydagoggend en sy is 1st ding by ons huis dokter en soos vermoed word sy gediagnoseer met Long Ontsteking en haar naweek is iets van die verlede. Met die dat Jean so baie uit gesien het na die naweek “beveel” sy dat ons (ek en Jean) nog steeds moet gaan en Lian by haar los vir geselskap.
Vrydagmiddag en ons 2 val in die pad De Doorns se rigting in. Die Country musiek blaas oor die radio en ek kan sien Jean begin ʼn liefde vir die musiek kry.
So 3-4km na die Hexrivierpas pas draai jy regs op die R316. So 26km verder kry jy die bord (Nougaspoort & Leeuwenboschfontein) waar jy dan links draai.
Die Cruiser galop op sy gemak op die grondpad en die km word op gevreet. So km of 2 voor Leeuwenboschfontein stop ons langs die pad, koue bier word uit gehaal en ons kyk hoe die son begin sak agter die vlaktes.
So 1km verby Leeuwenboschfontein draai ons links by die plaashek in waar ons dan ʼn jeep track volg tot by die huisies waar Ronel/Phillip reeds vir ons gewag het. Paul/Marina het so uur of 2 later aangesluit en dit sou die spannetjie wees vir die naweek.
Elke gebou (waarvan daar 3 is) is opgedeel in twee woonstelle wat sy eie kombuis & badkamer het. ʼn Donkie per gebou voorsien warm water. Die 4de gebou is ʼn groot kuier vertrek wat ook sy eie kombuis het, maar meer belangrik een helse groot vuurmaakplek het.
Terwyl ons ʼn paar koues die keel af gooi met die vuur wat knetter is die week se gejaag skielik iets van die verlede.
Saterdagoggend en almal is relatief vroeg aan die beweeg. Kinders is oorkant die rivier en verken elke hoek en draai. Ronel is een van die koppies uit om foto’s te gaan neem, terwyl Paul paar km op sy tekkies probeer kry het.
Na ʼn groot brunch in die oggend sonnetjie op die stoep word daar besluit dit is tyd om na die uitkyk punt te ry. Die klip/berg paadjie kronkel deur die klowe en koppies tot ons by die uitkyk kom. Ronel kom tot haar skok dat die sim kaart in haar kamera foutief is en dat AL die foto’s wat sy die oggend geneem het iets van die verlede was.
Daar is darem min goed in die lewe wat ʼn great view saam lekker mense kan beat.
Terug by die huisies later die middag en ons besluit om Leeuwenboschfontein toe te gaan om 1) te kyk hoe lyk hul kampterrein, maar meer belangrik 2) te kyk of hul dalk die toets tussen die Bokke vs Argentinië dalk uitsaai.
Geluk was aan ons kant. Een groot skerm / projekter het vir ons in hul skuur/funksie saal gewag. Maar na die Bokke se swak vertoning in die 1ste helfte het ons besluit om liewers verder te gaan kuier by ons eie plek.
Groot vure word gemaak terwyl die wêreld se probleme in ʼn paar minute opgelos word. Swart pot chips & steaks is op die menu met koue whiskeys & brannas wat seker maak die kele bly klam.
Sondagoggend en ek en Jean is vroeg uit die kooi en besig om te pak. Marli het intussen so sleg gevoel dat haar pa haar Saterdagoggend kom haal het by die huis sodat hul ogie oor haar kan hou in Somerset Wes.
Naweek was ongelooflik lekker, maar dit was tyd om by die ander helfte van ons gesinnetjie te kom.
Blad word geskud en Jean word woes gebat deur Carlia (toe hy in gaan vir die drukkie, word die deur toe gemaak hahahaha).
Ronel & Phillip baie dankie vir al die reëlings. Dit was ʼn top naweek. Volgende winter maak ons weer so.
Kliek hier vir meer foto’s.