Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Ian se bachelors

Die naweek het ek net weer besef hoe dankbaar ek is dat my bachelors iets van die verlede is. Dit wil vir my voorkom of die goed net rowwer en harder word. Ek was nie eers die bachelors nie, maar aai die liggaam het lekker houe gevat laas naweek.

Ou Ian het Vrydag sy moses tee gekom by sy werk toe Sammy & Denver hom kom verras het met ’n koue bier in een van sy oggend vergaderings. Sy werk kollegas het natuurlik van alles geweet en toe knaap dink nog ’n naweek gaan verby gaan sonder die angstige bachelors naweek toe is dit hoeka sulke tyd.

Ons speelparkie vir die naweek was Hessequas Guest Farm in Bonnievale. Reg langs die Breë Rivier en tussen êrens en nêrens wat beteken ons kan maar beskaafdheid een kant toe stoot en weer kop los maak.

Was al saam met hierdie knape by ’n bachelors (Bertho sin) en alhoewel die wetter almal plat gekuier het op sy eie bachelors weet ek die spannetjie kan en mag die pap dik maak as ’n ongelooflike geleentheid soos die hulle in die oë staar.

Ons gaan nou nie te veel in details nie, maar Vrydagaand was daar net weer vir ons gewys hoekom Frans nie meer vir WP swem nie…sukkel nog steeds om daai images uit my gedagtes te kry…maar kom ons los Vrydag net daar…

Saterdagoggend en die vorige aand sê opwarmpie het klaar sy merk gelos toe paar knape in angs die kuiertjie verlaat het…

Saterdae is seker een van die hardste dae van enige batchelors want dit is ’n volle dag se plesier vir jou vriende en ’n volle dag se hel vir jou…kry vir jou, jy wil mos trou.

Alex en Piet het later besluit hulle gaan die pas bietjie oorneem by ou Ian en het daai knape nie die pyp vir jou gerook nie. Ek kry nogsteeds ou Piet jammer die dat hy daai R80k paycheck girl van hom verloor het…

Later word daar rugby gekyk bo by die boer se huis voor daar byna besluit was om na die hotel op die dorp te gaan, maar gelukkig was daar volwasse knape tussen ons en is daar maar besluit om die kuiertjie vêrder by ons speelparkie voort te sit.

Die wêreld se probleme was iets van die verlede en ons was ’n klomp vrinne (nuut & oud) wat ’n blast van ’n tyd gehad het.

Ian het kode rooi geheime kwyt geraak met sy spesiale ondervraging met Bertho aan die stuur en ooowee dit gaan hom vir die res van sy lewe jaag. Seker nou maar nie my plek om dit te noem nie, maar ek neem iemand sal dalk so ietsie in die kommentaar gedeelte los…whahaha.

Kêrels dit was hard, maar bliksem ons moet dit gou weer doen. Ian ou maat, dit is nou klaar en nou kan jy uitsien na jou troue en al die lekker goed wat saam daarmee kom.

Leave a comment