Matroosberge hike

Damn die artikel is al 2 weke laat – maar liewers laat as nooit hey.

Lengte het glo 1 September begin, maar soos die weer verander in die Kaap is daar geen sprake van mooi weer nie.

Sprake dat daar nog sneeu op die Matroosberge was, het iets binne my wakker gemaak – hel ek wou mos nog altyd daai ekspedisie tent van my deur sy passies sit.

Bespreek die trippie met Soutie en die is game vir enige iets.

Vrydagaand so om en by 20h00 kom ons by die Matroosberg Natuur Reservaat aan waar daar nie lank gehanna-hanna word nie. ’n Vuur kry vinnig sy plek en die droë kele word gerus gestel met ’n koue brannas.

Saterdagoggend en dit is RUGBY tyd. Eers moet daar gekyk word hoë die Bokke die Tri Nations gou vinnig insamel voor ons die stukkie klip aanpak.

12h00 en die sakke word oor die skouers gegooi en dit is nou sulke tyd. Die wêreld is warm en gister se brannes help nie om die stappie makliker te maak nie. Inteendeel dit wil meer en meer vir my voël of ek maar net kan en wil vrek.

Die roete klim geleidelik tot by die ski hut waar my gemoedsrus tot op my tone neer bliksem. Voor ons (en ek bedoel hoog) sien ek die paadjie doer kronkel teen die koppie uit en om te dink ons moet daar uit…hel ek voel klaar dood.

Toe ons die 4×4 roete slaan was alles uit my uit en dood gaan sou ’n makliker opsie gewees het. Die weer het verander en skielik is daar ’n koue wind wat waai of hy ons aspris wil seer waai. Skielik is daar weer juice in die bene en beide besluit om die 4×4 roete aan te pak tot by die kruin.

Lappies sneeu word hier en daar gesien, maar dit is maar min. Kry ’n lekker oop gaping en besluit om die sakke bietjie te laat rus terwyl ons na die baken toe gaan vir ’n bottel OBS en natuurlik ’n kiekie.

Terug by die sakke en die tent kry gou sy staan. Eers op die sneeu, maar toe ons agterkom dinge gaan TE koud wees het ons dit geskuif vanaf die sneeu.

Die dag se hitte was lankal iets van die verlede en die wind wat effe gepla het vroeër het kom nou met alle mag en krag. Al die tent se toue word met klippe was gepak en as die wind ons moet vat dan sal hy darem sy storie moet ken.

Sout klap ’n bobaas ete aan mekaar terwyl ons die laaste OBS plat draf. Kos in die maag en die oë is onmiddellik toe.

Volgende oggend en die koue is nog skerp op die bene. Gear word gou op gepak en die sakke is aansienlik ligter.

Waar dit ons 5 ure opgeneem het, het dit ons +/- 2 ure geneem om terug by die bakkie te kom.

Sal die roete definitief weer wil doen – maar die keer in middel winter dat ons nou goed sneeu kan kry…sal net iets eers moet kry vir onder daai tent.

Soutie dit was ’n voorreg ou grote – ons maak gou weer so.

Leave a comment