Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Helderberg 4×4

Vrydagaand na so paar biere in die gat word daar besluit om die Helderberg 4×4 roete Saterdag aan te pak. Die verdomde roete is minder as 3km van my huis so dit is ’n skande dat ek nog nie daarop is nie.

Paul reken dit is ’n goeie plan en hy en Marina gaan ons (ek, Marli en Jean) join. Dit sal Jean se eerste trippie wees so ek is skoon bly vir sy part.

Saterdagmiddag skakel ek gou vir Jan, wat al die roete gery het en die reken hulle gaan ons join.

Bande word nagegaan, Jean se stoeltjie word gedouble check en seker gemaak dit is stewig vas en so ook hy binne-in die stoeltjie en daar sleep ons…

Die roete is goed gemerk en sommer gou-gou word voertuig en bestuurder getoets. Meeste van die roete word in 4L gery en dan word die diff hier en daar gebruik om seker te maak jy sien nie jou gat nie.

Jan se Discovery laat dit so maklik lyk en dit lyk nie eers of die voertuig sukkel nie. Die twee Isuzu’s staan hul man en staan nie terug vir die Landi nie.

¾ in die roete en ons beweeg af in ’n plantasie bome. Soos ons almal weet wat af gaan moet êrens weer op gaan en toe is dit nou so. ’n Ingewikkelde stukkie is ’n uitdaging en Parma besluit hy sal eerste gaan. Met die eerste probeerslag het hy die verkeerde rat keuse gemaak en terug gerol vir ’n tweede keur. Tweede keur is hy uit met geen probleme.

Nou is dit ons beurt. M is verby senuweeagtig en dit lyk of sy die dak van die bakkie skeef gaan trek so angstig is sy. 4L + diff + rustige toon op die pedaal en walla ons is uit…vir ’n paar sekondes het ek vergeet om asem te haal…whahaha.

Jean het nog nie een geluidjie gemaak nie en orals waar ons stop maak M net seker als is reg in sy stoeltjie.

Uiteindelik bo en die mooi uitsig word met ’n koue bier geniet.

Die af gaan moet maar rustig geneem word. Jy ry hom maar op die ratte en probeer weg bly van die brieke.

2 ½ uur later en ons is weer die hek uit. Bliksem dit was nou ’n lekker Saterdag trippie gewees en 10 min later is ons by die huis reg vir die Bokke vs. Italy wedstryd.

Leave a comment