Maggies, ek raak al weer laks met die updates op die site. Rittelfees was al n week terug en ek kry nou eers kans om iets daaroor te griffel…
Al waaraan ek gedink het toe die Rittelfees onderwerp op gekom het was HITTE, en vrek baie daarvan. Was al 3 keer daar en al 3 keer het ek by die dood gedraai as gevolg van die verdomde hitte.
Marli op die ander kant was gretig om weer gesig daar te gaan wys – die kort van die lang storie is dat ek toe nie werklik meer n se gehad het nie en voor ek my oe kon uit vee was ons name op die lysie.
Die jaar was effe anders. Meeste van die wetters (Willeklong) saam met wie ek gewoonlik travel na sulke feeste kon dit nie maak nie, maar die jaar gaan dinge effe anders wees. Ons gaan saam met n paar ander pals van ons (meeste van Somerset Wes) travel en alhoewel ons al paar keer saam gekuier het om n vuur sal die die eerste keer wees wat ons saam n fees aanpak…
Dirk was aan die stuur van al die reëlings en bliksem die knaap het tot die detail gereël – weereens was dit nuut vir my want as ons op Willeklong trips gaan reel ons NIKS nie en maak maar op soos ons gaan.
Blyplek was gereël by die vliegveld (+/- 1.5km van die feesterrein) en toe ons Vrydagaand daar in val toe is van die kêrels al hard besig om die hoofletter X in kuier te sit…
Saterdagoggend en die khaki’s word uit gehaal (die wat nie het nie kry een in die hand) en ek kry so senuweeagtige gevoel soos die ou dae net voor n groot fees.
Die jaar is dinge wel bietjie anders vir my. My vroutjie, Marli, is 4 maande swanger so ek gaan dit rustig vat omrede as sy moeg is en die voete begin pyn wil ek darem in n toestand wees om haar terug vliegveld toe te neem.
Soos al die vorige jare was dit reguit Castle tent toe waar meeste van die dag se skade gemaak is.
Die hitte het ons nie teleurgestel nie en tussen al die doppe word daar n bottel water afgejaag om darem die lyf koel te hou.
Soutie en Dokter (Hougard) besluit daar moet n verandering aan hulle hare gedoen word en toe n kloppie girls gewapen met spray blikkies klaar is met hulle toe lyk dit soos iets uit n Harry Potter book…sou enige kind die skrik op die lyf gejaag het.
Daar was gekuier, gedans, gesing, vog gevat (darem nie so erg van my kant nie, maar ek kan nie dieselfde se van Soutie nie)…
Teen 17h30 het M gereken sy moet gaan rus, en wil bietjie van haar voete kom. Ons doen n silent exit en vang n lift terug vliegveld toe, waar ons Ronel en Piere kry wat ook n blaaskansie van die son en mense kom kry het.
Nes ons die matras slaan tref n ma-helse kopseer vir M en sou dit haar die hele aan teister – met n vrou wat plat le het ek besluit dit was my Rittel vir die jaar.
Dalk nou nie so rof soos die vorige keure nie, maar het dit saam met my vroutjie en Stefe-O (uitgepass) & Anja (moes Stefe terug dra…whahaha) geniet.
Die res van die span het later die aand stuk vir stuk in gestrompel en dit was n aangesig wat mens nie maklik sal vergeet nie.
Sondagoggend en mens kan die skadu in die gesiggies sien…whahaha…elke sport het mos maar sy beserings…
Nog een is agter die rug – gaan ek hom volgende jaar doen…uhmmm…eerlik, ek dink ek het hom nou al genoeg gedoen. Gaan liewers iets anders soek.