Die jaar het die organiseerders besluit om dinge bietjie anders te doen en herkenning gegee aan die naam van die fees: Musiek Oppi Lande.
10 km voor Malmesbury draai jy regs en dan so 800 m verder word jy verras met hierdie massiewe feesterrein in die middel van die lande.
Parkeer plek & kampering is daar ten volle en jy kan sien die organiseerders het groot gemik die jaar.
Tente kry hul staan en dit is tyd om hierdie fees aan die gang te skop. Hunters was die hoofborg van die watergat, geleë aan die agterkant van die fees terrein en WOW wat ’n kick-ass setup. Van al die feeste wat ek al by gewoon het, was dit seker die beste werkende eenheid en jy het nie een keer in rye gestaan of moes skreeu vir aandag nie.
Kurt Darren & Parlotones was definitief die twee hoogtepunte vir Vrydagaand en damn het hulle nie gerock nie. Hulle het so gerock dat ek 03h00 Saterdagoggend hospitaal moes gaan vir steke boop my voet. Moet liewers nie vra nie….
Saterdagoggend en die son foeter ons al vroeg uit die tent. Maar dit is nie waar dit sou stop nie. Dit sou een van die warmste dae die jaar nog wees.
’n Koue bier of brannas kan mens ook net so vêr neem dan is dit ook nie meer lekker nie. Ek moes ’n halwe vrag Still & Sparkling botteltjies water weg slaan om deur die eerste helfte van die dag te kom.
En net om te wys hoe deur mekaar die weer nou kan wees het die wind besluit om sy merk te kom maak die son sy koppie gaan neerlê het.
Maar self dit het nie die mense se lus vir ’n lekker kuier gebreek nie. Met ’n line-up soos Jak du Priester, Robbie Wessels, Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Eden & Snotkop kan jy maar weet dinge het gerock.
Twee van my gunstelinge was Robbie Wessels en sy bende storie tussen al sy liedjies en dan natuurlik toe Emo en Boddy ’n paar liedjies saam gedoen het.
In opsomming dink ek Hetta en haar span het nou die ideale venue gekry en as volgende jaar net bietjie cooler kan wees sal dit binnekort een van daai feeste wees wat NIE gemis kan word nie.
Sien julle volgende jaar weer op die lande.