Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Toer Laingsburg toe met die truin (deel 1)

Die plan was baie eenvoudig: ons spring Saterdagoggend op die trein vanaf Bellville stasie, klim by Laingsburg stasie af, kamp en kuier bietjie rustig om ‘n vuurtjie en skiet die volgende oggend terug Kaap toe.

Wat kan nou als op so trip gebeur, het ek gewonder die Saterdagoggend toe ek 10h00 my sak by platform 1 te Bellville stasie neervoeter. ‘n Paar interessante gebeure het my vlak in die oë gestaar en ek het dit nie eers sien kom nie.

Maar kom ons gaan eers so paar treetjies terug. Hoekom en waarom hierdie avontuurtjie? Daar word ‘n soortgelyke trippie einde van die jaar beplan en ‘n paar manne het besluit ons moet eers ‘n recce op hierdie trippie doen, voor ons die hele spulletjie afsleep Karoo toe via die trein.

10h40 Saterdagoggend en die Trans Karoo, of die Shosholoza Meyl soos dit vandag bekend staan, kom tot stilstand by platform 1. Na ‘n vinnige drafstappie langs die trein af kry ons ‘n wa wat leeg is en neem ons sitplekke in. Vir die van julle wat nog nie 3de klas (ek wonder nog steeds hoekom ons nie 1ste klas gery het nie) gery het nie, wys al die sitplekke na die middel van die wa. So die middelste 2 rye wys na mekaar toe wat dit gemaklik maak as jy ‘n klompie knape is soos ons.

Die opwinding is hoog en almal kan nie meer wag dat die ysterwiele begin rol sodat ons darem die lafenis van ‘n koue biertjie kan geniet nie. Omrede ons in die eerste wa gesit het kon mense net van die een kant die wa binnekom. Die agterste deur skiet oop en ‘n vrag mense van Koi San afstammeling kom deur die wa beweeg. Party is geklee in militêre uniforms en later sou ons uitvind dat hulle aan die 3de Mag behoort en dat hulle gister deurgekom het van Kimberley af om hulle saak voor die regering te kom lê aangaande hul (Koi San) se bestaan in Suid Afrika.

Die fluitjie blaas, daar is ‘n ruk…en daar gaat ons.

Soos ons deur die Boland suiker begin daar so geneurie en toe liggies ‘n gesingery en dit was nie lank nie toe word daar gesing deur die Koi San dat die Matieland se koor maar opsy moet staan.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/ew2TjE77WWQ&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/ew2TjE77WWQ&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>

Ons skud blad met een van die knape in uniform en dié verduidelik vir ons dat die rede hoekom daar soveel vrolikheid op die trein is, is dat hulle vergadering glo goed verloop het en dat hulle nou meer positief oor die toekoms in Suid Afrika is, of so hoop hulle.

Hierdie was my eerste ontmoeting met die Koi San gemeenskap. Nog altyd net in die Vodacom advertensie en op Leon Schuster se flieks gesien, maar nog nooit die kans gehad om met hulle te gesels nie.

Orals op die trein hoor jy die kliek klanke soos hulle gesels. Ongelooflik en mens kan vir ure na hulle luister al het jy GEEN idee waaroor hulle gesels nie. Een so knaap het die heeltyd met ons gesels en sommer so tussen die geselsie sal hy roep “KOI SAN!!” dan vlieg hy op en die hele spul begin weer te sing. Almal klap hande en as ons nie nou in ‘n verdomde wa was nie sou mens glo ons is êrens diep in die Kalahari.

Die biere is koud, die geselskap warm en vriendelik en maggies wat wil mens dan nou meer hê.

By Worcester word daar gou gestop om Sieb op te tel en dié word sommer verwelkom met liedjie van almal in ons wa…dink die knaap was nie seker wat hom getref het nie.

Later word die bier eenkant gesit en die polisiekoffie (brannas) kom te voorskyn. Jammer Henrè ons het nie wyn gehad nie…kort kennisgewing (sien gerus sy <a href="http://www.youtube.com/watch?v=UDu4Hh6x5MM" target=’_blank’ class=’link10′>video</a> oor die perfekte Willeklong).

Dinge loop soos ‘n jet! Iets vang my oog by die ingang van die wa en daar staan ‘n paar Koi San manne wat iets hard en duidelik vir ‘n ander knaap verduidelik. Uhmmm…nie my probleme nie so dit word maar gelos.

10min later hier waggel ‘n ander knaap (nie Koi San nie) die gangetjie af en kom tot stilstand so 2 rye agter ons en beloer hierdie klomp kaki wetters op die trein. Dié loer word gou kort geknip toe twee Koi San manne hom vriendelik versoek om die wa te verlaat. Toe hy vra hoekom was die antwoord kort:

“<i>Hierdie is Koi San en Willeklong wa. Jy hoort nie hier nie. Laat jy loop of… </i>”

Ons bulle se bekke hang oop. Het ons nou reg gehoor. Een van die senior manne in hulle groep het seker die verwarring op my gesig gesien en roep my nader. Hy stel homself voor en verduidelik dat daar 4 konings op die wa is wil hulle nie laat hierdie knape hulle pla nie. Alhoewel hulle tevrede is met hulle vergadering met die regering het hulle geen oë vir die nuwe regering nie. Ek skud maar net kop en luister.

“<i>Julle manne was eerste in die wa en toe kom ons daarna. Nie almal hou van die whities soos ons Koi San mense nie. Julle het goed na ons gekyk in die dae van die ou regering en in die Bos oorlog. Die nuwe regering wil nie na ons kyk nie. Ons hou van julle Willeklonge, want julle is ‘n klomp lekker kêrels. Ons gaan nie laat hierdie ander knape dit vir julle kom onsmaaklik maak omrede julle whities is nie. </i>”

Nou vra ek jou met trane in my oë hoe reageer jy daarop? Maklik – blad word geskud, dankie word gesê en dan geniet ons ‘n knertsie saam.

Brill vat voor en die Klonge leer die Koi San die Trans Karoo liedjie. Die wat nie die woorde ken nie hum maar saam, maar almal maak ‘n geluid wat tel.

By Matjiesfontein kom die trein vir ‘n wyle tot stilstand en paar van die kêrels snel vir die hotel om gou ‘n vinnige enetjie die keel af te jaag.

16h30 is ons uiteindelik by Laingsburg stasie. Almal wat leef en beef in ons wa help met ons bagasie en soos ons goed afgepak word, werk hulle ‘n laaste liedjie vir ons in. Die atmosfeer is ongelooflik en mens wil sommer weer terug klim en saam Kimberley toe toer.

Op die stasie staan 7 van ons met ‘n vrag bagasie en geen idee waarnatoe nou vir die kampterrein nie.

Een dametjie wat saam met ons afgeklim het reël sommer met haar ouens dat dié ons bagasie na die kampterrein neem met hulle bakkie en hulle sal saam met ons stap om te wys waar dit is. Liewe genade, is dit nou vandag publieke Willeklong dag die dat dinge so goed met ons gaan??

By die kampterrein aangekom is ons bagasie sommer klaar netjies op die gras gepak. Tente kry hulle staanplek…

“<i>Kom ons gaan drink ‘n ietsie in die dorp bulle, voor ons kom braai… </i>”, kom Vic se woorde deur. Dit kan mos nie seer maak nie…uhmmm, maar ja kom ons gaan koekeloer maar.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/dPGIZI-WtVw&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/dPGIZI-WtVw&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>

Hotel se watergat is toe, maar die vriendelike dame beveel die gholfbaan se klubhuis aan.

Hier wandel 7 knape in WK kaki’s deur Laingsburg se strate en die locals moes maar seker wonder wat de hel hulle dorpie getref het.

By die klubhuis word ons vriendelik verwelkom, net betyds vir die groot rugby. Nou hier kan ek vleiende woorde vertel en blablabla, maar die kort van die lang storie is: hier het die samesyn vinnig spoed opgetel met daai oom agter die bar. Ons was op die drumpel om Sutherland toe te skiet want daar het nuus deurgekom dat hulle ‘n dans daar het, maar op nommer 99 het ons besluit hokaai… kom ons haal asem en gaan braai liewers.

Terug by die kamp is die vure aan gesteek en net rustig verkeer.

Sondagoggend is dit vroeg uit die vere, tente word afgeslaan en dan is dit reguit Wimpy toe vir ‘n olierige ontbytjie. Die koel windjie sny deur die kortmou hemde, maar dit is nie nou se worries nie, want almal dink nou aan hierdie ellelange rit terug Kaap toe op die trein. Die rit hiernatoe was bobaas lekker, maar ons gaan nie weer so luck kry nie…

Meer fotos kan op die Willeklong <a href="http://www.flickr.com/photos/willeklong/" target=’_blank’ class=’link10′>Flickr kanaal</a> gekry word.

Lees gerus ook:

– <a href="http://www.henry.co.za/articles.asp?ART_ID=643&Step=2" class="link10">Hoe om by die huis te kom met bier, hoop en Isuzu</a>

Leave a comment