Dit is presies ‘n week gelede wat ons ons “first jump” kursus klaargemaak het by Citrusdal se skydive club en omrede die weer laas naweek nie in ons guns was nie, kon ons nie ons eerste sprong doen nie en moes dit tot hierdie Sondag uitgestel word.
Nou ek gaan julle nie ophou met al die bells & whistles nie, want dit kan julle in my vorige artikel lees genaamd “Spoed en baie drills”.
Blablabla…hier kan ek nou alle klomp snert vertel hoe ons daar aangekom het en geblablabla…en nog meer blablabla…maar kom ons fokus op wat saak maak en dit is die damn sprong.
So is ek, Mati, Ruan en Houtie opgegear en reg vir ons eerste sprong uit ‘n kick-ass werkende vliegtuig. Die ouens besluit sommer dat omrede my gewig glo ‘n effense faktor is dat ek eerste my dik gat moet uit kry sodat as iets gebeur hulle die vliegtuig kan red met ‘n ligter load…dankie vir my 4 vriende.
Almal is in en daai Cessna gee sy alles om hierdie helse load die lug in te kry. Ons jumpmaster, Andre, wat voor ons sit, check sy altimeter en op ‘n 1000 voet skreeu hy:
“Thousand feet check”
Jy check en maak maar seker niks is los nie en dan is dit nog so paar minute se wag. Andre check sy meter, hy check ‘n tweede keer en kry hierdie helse smile op sy bakkies. Ag f*k dit is seker nou maar sulke tyd. Hy leen oor my, knip my static line in en vra my om te ruk dat ek gelukkig is daarmee. Knip Houtie sin ook in en check vir die laaste keer op sy meter wat die altitude is.
By die tyd gebeur alles stadig en jou hart pomp meer bloed as die eerste keer toe jy jou girltjie sonder haar toppie gesien het. (Sorry buddie, maar die’s adrenalien!!!!!)
“Henry, step OUT!!”, kom Andre se bevel en nou is daar nie meer omdraai nie. By die tyd het my poepol al klaar die helfte van my onderbroek opgevreet en as jy hier gaan sê jy is bang sal jy NOOIT OOIT die einde daarvan hoor nie. Al val ek myself vandag verby die watertafel sal ek hier uit, want die gespottery sal NOOIT eindig nie.
“Ok boys ek kry julle dikgatte onder”, sê ek met my beste, coolste Chuck Norris stem, terwyl my onderbroek my nou al van onder af begin verwurg.
“Jonker ek hoop nie jou gewig breek daai static lyn nie!! Het jy jou pacemaker gestel vir die spoed jou ou drol??”
Thanks Ruan, dit is al wat ek nou nog nodig gehad het buddy old pal. Beweeg verby Andre en Houtie en met een boud binne die vliegtuig en een wat uit hang is ek reg vir my jump. Die wind van voor is hectic en dit is ‘n helse geraas.
“Look up!!”
“GOOOOOOOOOOOOOOOO!”
“Arch thousand!! “
“o k*k“
“Two thousand!! “
“ek gaan dit nie maak nie“
“Three thousand!! “
“waar is my ma?? “
“Four thousand!! “
“lewe ek nog? “
“Five Thousand“
“CHECK!!!”
Ek kyk op en alles is daar wat daar moet wees. Liewe hel ek het oorleef en my onderbroek is nog daar en in soort van een stuk!! Die view van bo is iets amazing en weereens kan jy dit nie beskryf nie. Ek reken dit sal amper so iets wees soos Minki sonder klein kleretjies.
Die batten man onder lei jou van so 1000 voet en as jy hom volg sal jy nie jou gatvelle verloor nie.
TOUCH DOWN en een standard Afrikaner het dit oorleef. Paar sekondes later maak Houtie, Ruan en Mati kickass landings. Nice one bulle!!
Blad word geskud en die laaste kiekies word geneem sodat ons vir die President kan stuur sodat hy maar medaljes kan reg kry vir die seremonie. Aaai mense as ‘n paar Klonge dit kan doen dan kan julle dit ook wraggies ‘n go gee. Besoek die ouens se website by <a href="http://www.skydive.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.skydive.co.za</a> en ondersteun hulle asb. Groot dankie aan ons twee jumpmasters, Bonsai & Andre, en ook Pam wat gehelp het met al die reelings.
O ja, my onderbroek het dit ook survive. Ek gaan dit raam en teen my muur sit.