Die km op die spedo klim vrek stadig. Almal is in hulle eie zone en al wat jy hoor is asems wat blaas. Die son voeter ons nou van alle kante en dinge is nie meer so lekker nie. Die wêreld het mos ʼn snaakse manier om ʼn mens te hanteer die dag as hy wil. Die feit dat ons nie genoeg sukkel teen bulte nie, kry ons ʼn wind van voor wat jou byna dood druk. Al wat deur my kop gaan is 5 lettertjies…VASBYT!!
53km en ons kry ons laaste pitstop. Pasta, piesangs & ʼn toebroodjie word die keel af gejaag, party vat gou ʼn dup in die dam, waterbottels word hopelik vir die laaste keer vol gemaak en dan is ons weer op die fiets met seer gatte.
Die laaste 4km Calitzdorp toe was by verre ʼn sielsbrekende ervaring. Die wind het effe erger geraak en alhoewel jy die dorp kon sien het dit gevoel of ons net nie daar uit kom nie.
Rhenda is voor uit en dit is net Ruan, Vic, Kevin en ek agter. Ruan praat moed in maar al wat ek kan hoor is my eie asem en liggaam wat teen my werk. Wonder nog steeds wie se k*k idee die nou weer was. Maar tussen dit alles begin ek al aan die koue bier dink wat vir my wag.
13h30, Saterdagmiddag, en ons val die hoofstraat in Calitzdorp in. Blad word geskud en onmiddellik word daar net van die wonderlike ervaring gepraat…die bloedsweet was skielik iets van die verlede.
Almal op die bakkies en reguit Bosvarkie (4km op die Caltiztdorp spa pad vat jy die afdraai na Gamka-Oos. Nog so 2km sal jy die Bosvarkie kry) toe. Ons het al van te vore by hierdie watergat gekuier so 2 jaar gelede met die Port fees en dit was ‘n helse ervaring gewees.
Mac (eienaar en een van die M’s in hierdie artikel) is ‘n man wat lief is om mense te onthaal en elke keer as ons daar is, is dit ‘n kuier tot die son op kom.
Boskroeë, soos die Bosvarkie, laat jou byna voel of jy by jou eie huis kuier, want jy kan maak en breuk nes jy wil. Daar is nie reëls en dress-codes en sulke k*k nie. As jy ʼn dop in jou onderbroek wil koop sal niemand jou snaaks aan kyk nie…dalk as Brill of Skaap met hulle sin daar in stap.
Later die middag is dit die Curry Cup final tussen die Leeus en die Cheetahs en aai dit is darem wonderlik as so klein kat ʼn groter een opvoeter…al is dit in die laaste minute.
Hoe later hoe lekkerder. Ruan wil met alle mag leer dans en Brill braai vir die eerste keer in die publiek. Was ‘n eerste vir ons almal gewees om dit te beleef…wil net noem dat Brill darem nog lewe.
Musiek word gemaak en daar word gekuier nes mens kan by ʼn boskroeg.
Het die volgende oggend gehoor Skaap het die mense later aan sy voete gehad toe hy die kitaar by Ian oor geneem het. Moes die Willeklong song byna 3 keer sing.
Kamp word op geslaan en die 50km Ladismith toe word aan gepak. Stop gou by Vic se ouers vir koeldrank voor ons op die stuk grond pad klim Laingsburg toe oppad Buffelspoort, DAM restaurant, toe.
Matt (eienaar en die ander M’s in die artikel) of soos almal hom ken, No Danger, ontvang ons met ʼn helse smile en mens sal glo ons ken hom al jare lank. So hoekom nou die DAM restaurant? Met die Laingsburg vloed van 1981 is dit net hierdie einste dam, aan die voet van die Buffelspoort, wat bly staan het.
Met stunning views oor die poort word daar besluit om ʼn dak op te rug, bar en kombuis binne te bou en siedaar jy het ʼn boskroeg.
ʼn Bobaas middagete word geniet en dan word lywe nat gemaak in een die naby geleë damme. Kiekies word geneem wat ons nie hier kan plaas nie, al het ek hierdie lus om dit te upload…Skaap & Matt julle skuld ons…whahaha.
Blad word vir die laaste keer geskud en dan is dit terug Kaap toe via Laingsburg.
As jy weer op die R62 is doen jouself ʼn guns en besoek gerus Mat by die <a href="http://www.thatdam.co.za/" target=”_blank” class=" link10">DAM restaurant</a> (Ladismith) en Mac by die <a href="http://www.calitzdorp.co.za/clientpages/bosvarkie.htm" target=”_blank” class="link10">Bosvarkie</a> (Calitzdorp). Trek jou Willeklong hemp aan en jy mag dalk ʼn dop op die huis kry.