Tankwa Karoo

Zwartkop

17 Jul: ‘n Koue front druk ons vas by Zwartkop Guest Farm

Vrydagmiddag en die weer in Wellington lyk kwaad. YR.com voorspel ʼn groot koue front wat deur die Weskaap gaan beweeg en die eerste reën gaan Wellington die middag al tref. Ek het geen begeerte om daarvoor te wag nie, so ons 3 manne en Mila besluit om in die pad te val Tankwa Karoo toe. Dawie Joubert van Zwartkop Guest Farm het ons manne genooi om bietjie by hul Lapa te kom kamp en as ek so na die donker weer in my truspieëltjie kyk, is ek dankbaar ons het die…

Blog-Main-Image-Template

29 Dec: Wind, bike burns & onplesierige verrassings in die Tankwa

Die einde van die jaar is op ons en ek dink almal is net lus om die tuig neer te lê en te ontsnap van een mal, op en af jaar. So ‘n paar weke gelede het Mauritz met die voorstel gekom dat hy graag sy vrou en ʼn paar van ons vriende twee van sy gunsteling plekke in die Tankwa wil wys. ʼn Kaart is na my geskiet om te vra of ek en die seuns wil join… Ag, met my ou rubber armpie was dit ʼn maklike ja! Ons…

Blog Main Image Template

07 Jul: Honde reis saam na Ymansdam

Een van die seuns (veral Jean) se gunsteling YouTube kanale is die van Brodie van YBS Youngbloods. Orals waar hy reis is sy hond, Stryda, saam met hom – of dit in sy UTV, Cruiser, boot of selfs op sy jet-ski, Stryda gaan orals saam. Ek het geweet dit gaan net tyd wees tot die jong man met die voorstel kom dat ons, ons honde (Pepsi, Basjan & Antjie) saam op ʼn naweek wegbreek vat. Wel daai dag het toe gekom… Pepsi (+/- 9 jarige Curley Coated Retriever), Basjan & Antjie…

Tankwa Karoo

03 Nov: Warm & harde naweek in die Tankwa Karoo

Ek weet nou nie of dit ‘n gesegde of ‘n wyse sê ding is nie, maar een ding wat ek al eerstehands beleef het is dat as jy iemand regtig wil leer ken gaan toer/reis saam met hulle. Om saam met hulle om die vuur te kuier tuis is “quick & easy”, maar as jy ’n paar dae saam spandeer en as daar soms ʼn hick-up of twee jou kant toe gegooi word dan sal jy ʼn idee kry van die persoon se karakter. Nou met die filosofiese stukkie agter ons,…

Gatsrivier 2

02 Jul: Kamp by Gatsrivier

Dit is weer Vrydag en hoogtyd dat ons ontsnap van die wêreld se geraas. Alhoewel die Kaap se reën uiteindelik gekom het, was dit nie ʼn groot genoeg verskoning om die naweek se ontsnapping na die Karoo te mis nie. Die wêreld is nat en ons ry in die reën van Wellington tot net na Theronsberg pas, anderkant Ceres. Die Groenewald’s, wat bietjie vroeër gery het, het intussen vir ons gewag waar die grondpad (R355) begin het. Soos altyd, begin die VHF radio’s lewe kry soos ons die voertuie se neuse…

Roadtrip

13 Nov: Elandsbaai Hotel via Tankwa Karoo

Wou graag die artikel begin het met ʼn definisie wat die vriendskap verduidelik wat daar heers tussen ʼn paar siele saam met wie ek die naweek gehardloop het. Siele wat nie hul moeders se mooiste of slimste kinders is nie en ook nie hul skole verteenwoordig het in een of ander asemrowende sport nie. Baie van hulle sukkel om “sport” in Engels te spel. Hierdie is ʼn klas mens/siel/knaap eie aan homself. Ek het elke moontlike kombinasie op Google probeer, maar alles was hierdie mooi vleiende woorde wat my skoon ongemaklik…