Skip to main content Scroll Top
Karoo Poison

10 Sep: Karoo Poison en hul lekker mense

Terwyl ek sinnelose tyd een middag op Instagram spandeer, verskyn daar ‘n post van ʼn Karoo Poison MTB resies by Leeuwenboschfontein Gaste Plaas. Skielik onthou ek van ʼn vriend wat hierdie einste resies al gedoen het en, volgens hom, was dit ʼn fees! Ons kom nou net uit ʼn lang skolerugby seisoen en my siel smag na oop vlaktes en die bos. Met die dat ons 3 manne nog net 1 keer die jaar op ons fietse was en meer belangrik, dat Lian nog net 11 jaar oud is, skryf ek…

bb

10 Jul: Wupperthal se onbekende valleie

Dis Vrydagmiddag en skoolsakke word net neergegooi en dan druk ons die Cruiser se neus by die hek uit. Ons manne is genooi om saam met Jurgens Schoeman en ʼn paar vriende van Live The Journey te gaan kuier in die “Jewel of the Cederberg”, Wupperthal. Wupperthal is ʼn klein sendingdorpie in die Cederberge wat bekend is vir sy afgesonderde ligging, unieke kultuur en rol as die tuiste van Rooibostee. Die dorpie is bereikbaar via ‘n grondpad vanaf Clanwilliam, wat aan die einde van die Kouebergpas geleë is, of van Ceres…

Botswana

02 Jul: Victoria Watervalle, Hunters Road & Makgadikgadi Pans

Ons twee weke lange reis van Hentiesbaai na Kasane was voorwaarlik ʼn belewenis, maar die tyd het nader gestaan dat ek en Jacques die bakkie se neus Suide toe moet draai. Ons vriende van Wellington, Jurgens en Karien Schoeman, het intussen by ons groep aangesluit en hulle gaan vir die volgende twee weke verder saam met ons groep reis deur Zimbabwe. Synde dat dit ons laaste dag by Chobe Safari Lodge is, besluit ons om van die geleentheid gebruik te maak om die tuiste van “the smoke that thunders”, ook bekend…

Henties

13 Jun: ‘n Ekspedisie van Hentiesbaai na Kasane

Alte Brucke Resort, Swakopmund: Die tyd het uiteindelik aangebreek. Ek en my goeie ou maat, Jacques Groenewald, vertrek op ʼn 12 dae lange reis saam met vriende van Live The Journey van Hentiesbaai, Namibië tot by Kasana, Botswana. Ons reis begin amptelik so +/- 50kms Noord van Swakopmund by die bekende visvangdorp, Hentiesbaai, waar ons konvooi van 11 voertuie bymekaar kom. Blad word geskud en dan word die nodige VHF radio’s in die voertuie installeer wat nie reeds radio’s in het nie. Jacques trek almal bymekaar en verduidelik die dag se…

default

24 Mar: Boogklip kamp by Boegoeberg

Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…

    Hidden fields