Na MAANDE se wag, is die groot JAG EXTRAVAGANZA hier! Hierdie gaan een vir die boeke wees, maar meer belangrik dit gaan een wees wat 7 jong individue nie gou sal vergeet nie. Die vrieskaste tuis is leeg en 7 super opgewonde kinders gaan die geleentheid kry om hul eerste bok te skiet. Woensdagmiddag trek 8 opgewonde pa’s, 7 kinders, 4 voertuie en BAIE gees weg uit Wellington, hard op pad Oos-Vrystaat toe. As gevolg van die afstand na Luckhof (+/- 850km) is daar besluit om by Retief Joubert se Karoo…
ʼn Paar weke gelede ontvang ek ‘n oproep van oom Bassie Basson, hier op Wellington, wat wil weet of ek en die seuns nie belangstel om by sy vriende, Andre en Suzaan Theron wat naby Merweville boer, se nuwe Boskamp te gaan kamp nie. Dit is mos musiek vir my ore en voor ek my weer kon kry is ons 4 manne (Lian se makker, Paultjie, het by ons aangesluit vir die naweek se kuier) oppad Merweville toe. ‘n Paar km buite Ceres, net nadat ons regs gedraai het op die…
Ons Weskus avontuur begin in die klein kusdorpie van Elandsbaai. Met die dat Noup +/- 520km van Wellington is, sou die afstand net te lank gewees het vir die twee honde (Pepsi & Mila), wat ons vergesel op hierdie avontuur. Die bakkie het skaars by Elandsbaai gestop en die honde kon nie vinnig genoeg die voertuig uit nie. Kamp is opgeslaan en dan is dit reguit strand toe met die honde. Terug by die kamp het ʼn groot Rummikub toernooi begin terwyl die vuur lekker knetter. Volgende oggend is kamp…
Dit is Vrydagmiddag en die seuns kan nie vining genoeg uit hul skoolklere kom nie. Tigger is reeds gepak en die knape moet net klim. Tannie Clara (wat die naweek na die honde gaan omsien) & die honde word gegroet en ons is die hek uit. Kort voorlank verdwyn Wellington in my truspieeltjies en die opgewondenheid loop hoog terwyl Airbourne se Runnin’ Wild oor die radio blaas. Ons stop vlugtig in Ceres waar ons vir Lourens Hugo kry voor ons aanstoot via Ceres, Prince Alfred Hamlet, Gydopas…Net na Op Die Berg…
Ok, so hierdie is ‘n plekkie wat ek al lankal wou gaan besoek het, maar as gevolg van hul gewildheid het my kalender nooit geklop met hul beskikbare datums nie, TOT onlangs. Die jaar het met ʼn helse “bang” begin en die kinders se skedules is net chaos, so dit was tyd dat ons 3 manne vir ʼn slag alleen ontsnap van al die geraas en weer tyd met mekaar spandeer. Ek moet eerlik wees, ek was al vele male in die Cederberge, maar die laaste paar jare het ek net…