Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Lekker geselskap by Leeuwenboschfontein

MicrosoftTeams-image

Hierdie was een van die langste winters vir my. Vir een of ander rede het dit net gevoel dit wou nie einde kry nie. En op dit het die verdomde virus, COVID, ook nie gehelp met die bors nie, maar dit is alles iets van die verlede en ek kan nie wag vir Wellington & sy 40+ grade nie…sjoef.

So, toe dit lyk of ons ‘n paar warm dae sonder reën gaan kry het ons onmiddellik plan gemaak om bietjie te gaan kamp saam met vriende.

Reon Visser het vir ons plekkie gekry by Leeuwenboschfontein en Vrydag toe die skoolklok lui is ons uit die dorp met Tigger.

Hierdie sou nie ons eerste besoek aan Leeuwenboschfontein gewees het nie, en met ons vorige besoek het ek geweet dit is ʼn baie lekker plekkie. Lees gerus meer oor daai kuier hier.

Leeuwenboschfontein is +/- 150km van Wellington in die Koo Vallei en ek het die naweek net weer besef watse lekker plekkie dit is om te besoek.

Ons spannetjie vir die naweek was:

  1. Ek & seuns
  2. Tertius Joubert & gesin
  3. Reon Visser & gesin
  4. Retief Joubert & gesin
  5. Werner Greeff & gesin

Ek en ou Reon het nou al geruime tyd gesels ons moet ʼn kamp saam doen, en maggies was dit noulekker om bietjie tyd met die knaap om die vuur te spandeer. Was ook ʼn eerste keer om saam met Werner & Hesmarie te kamp en hoop dit is nie die laaste keer nie.

Leeuwenboschfontein is een van daai plekkies wat kinders net besig kan hou. As die kinders nie op fietse was nie, dan is dit op die kanoos, op die vlot, snoepie toe, speel Opengate…en die lys gaan aan.  

Camping @ Leeuwenboschfontein

Saterdagoggend stel Reon voor ons vat die kinders na een van die ander damme op die plaas, en my maat wat ʼn fees van visvang het die kinders nie gehad nie. Elk het seker 5+ visse gevang en later kon daar net nie meer kiekies van al die vragte visse geneem word nie.

Camping @ Leeuwenboschfontein

Vir beter weer kon ons nie gevra het nie. Vrydagaand was dit wel baie koud die aand, maar niks wat ʼn paar komberse nie kan red nie.

Soos altyd was die geselskap en samesyn top klas.

Camping @ Leeuwenboschfontein

Aan my twee seuns, Jean en Lian: Ek dink ons al 3 sal saam stem, dat Vrydagaand was een super koue aand in daai daktent en is definitief in ons top 5 lysie van koud kry.

Kliek hier vir ‘n paar fotos en videogrepe van ons kuier by Leeuwenboschfontein.

Camping @ Leeuwenboschfontein

Leave a comment